DAN TRAP HY JOU HEELTEMAL FLENTERS
Sakkie Parsons
Miskien ken jy ook so iemand oor wie ek hier met jou wil deel maar lees net eers gou
hier en onthou dat dit JESUS is wat dit vertel.
Luk 15:11-20 Om dié punt verder te verklaar, het Jesus vir hulle die volgende verhaal vertel:
12Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het dus ingestem om sy rykdom tussen sy twee seuns te verdeel.13 ‘n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ‘n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ‘n uitspattige lewe. 14Teen die tyd dat sy geld opgeraak het, het ‘n groot hongersnood oor die land gekom en hy het begin honger ly.15 Hy het ‘n plaaslike boer oorreed om hom te huur om sy varke te voer.16 Die seun het só honger geword dat selfs die peule wat hy vir die varke gevoer het, vir hom smaaklik gelyk het. Maar niemand het hom enigiets gegee om te eet nie. 17 Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! 18 Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa,19ek is nie langer werd om u seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ‘n gehuurde werker.’20 Hy het dus teruggekeer huis toe na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.
Ek het al baie in my lewe gesien hoe dat satan mense verrinneweer en
heeltemal stukkend maak, totdat hulle geheel en al flenters is.
Hier gee Jesus vir ons ‘n uitstekende voorbeeld en ek wil graag vir jou wys wat
ek glo die Heilige Gees vir my gewys het.
Weet jy satan se modus operandi is gewoonlik presies dieselfde as een van die
vieslike verdowingsmiddele wat in die omgang is.
Hier gee Jesus ons ‘n wonderlik voorbeeld hoe hy te werk gaan.
Eers soos ‘n verdowingsmiddel, laat hy jou goed voel oor wat jy gedoen het.
Luk 15:13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weg gereis na ‘n ver land…
Dink net hoe lekker moes hy nie gevoel het nie.
Hier gaan ek skatryk, Die wêreld lê oop voor my. Die wêreld is my oester.
Nou is hy heerlik: “ on a high.”
Nou gebeur die volgende.
Terwyl satan hom wysmaak hy geniet die lewe, is hy besig om ‘n gemors van sy lewe
te maak.
Kyk hoe stel Jesus dit:
Luk 15:13 … En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandigte lewe.
As satan jou dan goed en op volle vaart in die rigting het wat hy wil hê dat jy moet
gaan, dan kom hy op jou af –
“ Like a ton of bricks.”
Dan trap hy jou plat.
Dan trap hy jou stukkend.
Dan trap hy jou heeltemal flenters.
Luk 15:16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
Dan spring baie mense van geboue af.
Dan druk baie mense rewolwers teen hulle koppe.
Dan drink baie mense ‘n hand vol pille, omdat hulle net nie weet hoe om die stukke
weer bymekaar te kry nie en die rede waarom so baie nie weet hoe om die stukke
bymekaar te kry nie, is omdat daar nie baie maniere is om dit bymekaar te kry nie.
Jy sien, daar is net één werklike sekere manier om dit bymekaar te kry en dit is by
ons Here.
Hy sê dan ook:
JES 1:18 “Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die HERE. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.”
Jes 42:3 Hy sal ‘n geknakte riet nie verder afbreek nie. Mense wat dof brand soos ‘n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied.
1JHN 1:9 As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede.
As GOD sê:
1JHN 1:9 … ons skoon te maak van elke verkeerde optrede ..
Dan moet jy weet dit is alles, daar bly niks agter nie.
Al wat ek moet doen, is dit wat jy nou gelees het en dan my hart wyd oopmaak.
OPG 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.
Kyk net wat dink God van jou en my –
Wie wil in ons harte inkom?
Wie wil aste ware een met ons word?
Jes 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbaar, Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Kyk net in Jesus se voorbeeld, hoe graag wil God die saak tussen Hom en jou
regmaak.
Hierdie verpletterde jongste seun berei ‘n “speech” voor vir wanneer hy sy pa gaan
ontmoet.
Luk 15:18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
Luk 15:19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
Sy pa is egter so lief vir hom, dat die seun nie eens kans kry om sy “speech” te
lewer nie, voordat hy hom in die arms van sy pa bevind.
Luk 15:20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
Sê vandag vir Jesus:
“Here, ek gee my hart en my lewe vir U. Dankie dat U vir my aan die kruis gesterf het – sodat ek aan U kan behoort. Vergewe asseblief al my sondes en lei my in U ewige liefde en trou.”
Gaan dan na ’n kerkleier wat Jesus Christus as die enigste weg na God verkondig, en vind Sy wonderlike vrede en heerskappy in jou lewe terwyl jy saam met Hom leef, met die seker wete dat jy Hemel toe sal gaan wanneer jy eendag uit hierdie wêreld uitstap en die ewigheid ingaan.
JOHANNES 14:6
Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Groete,
Sakkie