IN AL ONS SWAARKRY BEMOEDIG EN VERSTERK HY ONS

IN AL ONS SWAARKRY BEMOEDIG EN VERSTERK HY ONS

Sakkie Parsons

Ek sit so en ek dink:
Hoe geseënd is ons wat kinders van God is.  Ons wie Jesus Christus aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker.
Dink net..

MAT 5:3  “Gelukkig is dié mense
wat weet hoe nodig hulle God het,
want die koninkryk van die
hemele is húlle deel.

Hoe heerlik, dat ons weet, dat ons, ons Here so nodig het en omdat ons dit absoluut seker in ons harte weet, weet ons ook:

MAT 5:3  “… die koninkryk van die hemele is ons deel.

Hoe heerlik!
Dit eindig nie daar nie.
Dink daaraan die volgende keer as jou hart so seer is en die trane loop oor jou wange:

MAT 5:4  Gelukkig is die treurendes,
want God sal self hulle trane afvee.

Ek onthou hierdie woorde wat jy nou van Jesus gelees het, as ek weer op ‘n  ander plek lees wat Jesus vir ons laat skryf het:

JOH 14:25-26
25  Ek sê dit nou al lank vir julle, terwyl Ek nog by julle is;
26 en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (ook dit wat jy hier bo gelees het)

Dan begryp ek ook weer opnuut wat ek lees, as ek lees:

JOH 14:27  “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle.
Ek gee nie soos die wêreld gee nie.
Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.

Hoekom kan ek dan heerlik getroos voel en hoekom hoef ek nie ontsteld of beangs te wees nie?
Want uiteindelik –
Hoe heerlik!

MAT 5:3  “… want die koninkryk van die hemele is ons deel.

En wat meer is:

MAT 5:4 … God sal self ons trane afvee.

Daarom kan ons met hierdie bogenoemde sekere wete dit saam met my groot held Paulus uitjubel terwyl ons vir ons Here werk – elkeen met dít wat ons Here ons mee vertrou het om vir Hom te werk:

2KOR 1:3-4
3  God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys!
    Hy is die Vader van barmhartigheid en die God wat in elke opsig bemoedig.

4  In al ons swaarkry bemoedig Hy ons.
   Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.

Groete,
Sakkie