BID OM DIE VREDE VAN JERUSALEM; MAG HULLE WAT JOU LIEFHET, RUSTIG LEWE!

BID OM DIE VREDE VAN JERUSALEM; MAG HULLE WAT JOU LIEFHET, RUSTIG LEWE!

Sakkie Parsons

Iemand vra my die vraag:  Vertel my hoe jy vir Israel bid asseblief.” Ek deel graag my antwoord met jou:

Ek bid vir hulle ‘n gedeelte uit die gebed wat Jesus ons gegee het.  So ek bid as volg:

“Ek bid vir Israel en sy vyande:

Laat U wil geskied, soos wat U wil in die hemel geskied, laat U wil net so met Israel en sy vyande hier op aarde geskied.”

As ek dié twee uitsonder in my gebed, is dit omdat ek eerstens onthou:

GEN 15:18-21 

18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

19  die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete

20  en Hetiete en Feresiete en Refaïete

21  en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

As God met jou ‘n verbond sluit, soos ek sê en verkondig, dan bly daardie verbond van God se kant af gesluit.

Dan lees ek ook, terwyl ek onthou, dat ons Here by meer as een keer Sy verbond met Abraham bevestig het, dat Jesus by geleentheid ‘n spesiale opdrag aan Sy dissipels gegee het:

MAT 10:5-7 

5  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;

6  maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Dan ook nog verder:

MAT 10:22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

MAT 10:23  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.

Ons Here bly, ten spyte van Israel se ongehoorsaamheid, Israel se God.

Ons lees:

MAT 15:31  sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik. (en Jesus het hulle nie tereg gewys omdat hulle die God van Israel verheerlik het nie.  Inteendeel)

MAT 15:32  Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.

Verder lees ek ook:

LUK 1:54  Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink

LUK 1:55  soos Hy tot ons vaders gespreek het—aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

Want of Israel en ook baie Christene dit wil weet of nie – Jesus is ook die koning van Israel:

JHN 1:48-51

48 Daarop sien Jesus Natanael na Hom toe kom en sê van hom:  Hier is waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49 Natanael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my?  Jesus antwoord en sê vir hom:  Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

50  Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel! (en Jesus korrigeer hom nie, gewoon omdat hy nie in een van sy twee stellings, naamlik “U is die Seun van God, U is die Koning van Israel” verkeerd was nie – en dan lees ons verder:)

51   Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

Onthou jy nog dit wat geskryf is oor Jesus se intog in Jerusalem?

JHN 12:12-15 

12 Die volgende dag het ‘n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

13  palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel. (en Jesus het hulle nie reggehelp, omdat hulle verkeerd gepraat het nie.  Inteendeel, ons lees:)

14  En Jesus het ‘n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:

15  Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ‘n esel.

Ek kon nog voorbeelde gebruik het maar ek volstaan met die volgende:

Jesus het in die opstel van Sy nuwe verbond tussen God en die mens een hele boek eerstens aan die Israeliete/Jode/Hebreërs laat skryf en dan ook aan ons en daardie boek begin as volg:

HEB 1:1  Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders (dit is Israel) deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons (maar ook tot Israel) gespreek deur die Seun

God het vir Homself ‘n  nuwe volk berei maar God – omdat Hy liefde is – het, en sal nooit Sy volk Israel, uit wie ook jou en my saligheid gekom het, weggooi nie.

Ja, ek onthou, dat daar geskryf is:

GEN 12:1-3 

1  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; (dan volg die grootse groot wonderlike belofte van die Jode en jou en my Verlosser en Saligmaker) en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Wat nou volg is Jesus, ons Verlosser en Saligmaker se woorde:

JHN 4:22  Julle (dit is die Jode) aanbid wat julle nie weet nie; ons (dit is Jesus en Sy dissipels Israeliete Jode Hebreërs) aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

ROM 11 Daar is hoop vir Israel

25 Ek wil graag aan julle ‘n geheim vertel, liewe broers en susters, wat God aan my bekendgemaak het.  Ek doen dit om te voorkom dat julle te slim in julle eie oë word.  Dit gaan daaroor dat die verharding net vir ‘n beperkte tyd oor Israel gekom het totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk van God ingekom het. 

26 En so sal die hele Israel gered word. Daar staan mos in die Skrif:  ‘ ‘n Redder sal uit Jerusalem kom, en Hy sal Israel se goddeloosheid van hom verwyder.

27 En dan sal Ek hierdie verbond met hulle sluit wanneer Ek hulle sondes wegneem.’

28 Hulle is op die oomblik wel vyande van die Goeie Nuus, maar dit kom julle ten goede omdat God sy gawes nou aan julle geskenk het.  Tog is hulle, wat God se uitverkiesing betref, nog steeds geliefdes van God – Hy het immers Sy beloftes aan die aartsvaders gegee

29 en Sy gawes en roeping staan onherroeplik vas. 

30 Voorheen was julle aan God ongehoorsaam, maar as gevolg van die Jode het julle in die huidige tyd ontferming ontvang. 

31 Net so sal die ongehoorsaamheid van sommige van julle aan God se ontferming weer daartoe lei dat die Jode opnuut ontferming sal ontvang. 

32 God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.

Ek sluit af met die volgende verse uit Psalm 122: ‘n Groet aan Jerusalem

6  Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

7  Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!

Groete,

Sakkie