BLOEDLYN-VLOEKE – AS DIE SEUN JULLE DAN VRYGEMAAK HET, SAL JULLE WAARLIK VRY WEES

BLOEDLYN-VLOEKE – AS DIE SEUN JULLE DAN VRYGEMAAK HET, SAL JULLE WAARLIK VRY WEES

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my die volgende:

“Ek wil graag meer weet oor bloedlynvloeke hoe kan dit verbreek word.”

Ek deel dan nou met jou hoe ek persoonlik hierdie soort vloek, of enige ander soort vloek en almal en alles wat daarmee gepaard gaan in my eie lewe ervaar en hanteer.

Veral, soos jy seker sal optel, het ek dit teen diegene wat ek sommer  “charlatans/boereverneukers” noem.  Mense wat rondgaan, na my mening vir geld en sensasie en links en regs Christene van die een of ander vloek of ding wil bevry.
‘n Christen het my hierdie vraag gevra.  So onthou as jy lees, dat jy enduit moet onthou dat ek hier met Christene praat.
Met ander woorde ek praat hier met mense wat in die Woord broers en susters van Jesus Christus genoem word.

Ek weet ek het al oor hierdie onderwerp geskryf maar ek kry van tyd tot tyd vrae in hierdie verband, soos nou weer, omdat daar maar altyd aandagsoekers, of dan sensasiejagters, charlatans/boereverneukers en in sommige gevalle die onkundiges is, wat met hierdie soort gemors mors en van ons Here se kinders hewig ontstel of totaal in die war bring, omdat, volgens hierdie sogenaamde bevryders,  ‘n kind van God konsuis bevry van die een of ander wat ookal moet word.

Onthou, ek sê weer, ek skryf aan Christene, bloedgewaste kinders van God.
Hoe is dit moontlik, dat jy, ‘n nuwe skepsel van God ‘n vloek op jou kan hê?

2KOR 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

As ek nou vir ‘n oomblik my groot held Paulus se skryfwyse mag gebruik:

Nou praat ek soos ‘n dwaas, ja ek praat soos iemand wat uitsinnig in sy sotheid is:
Wat sal ons dan van al hierdie dinge sê?

2KOR 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, (Hoe totaal onsinnig om te dink:  Dit is nou buiten vir die vloeke waarvoor Christus se bloed op Golgota nie sterk genoeg gewees het nie) kyk, dit het alles nuut geword. (Hoe totaal onsinnig om te dink:  Dit is nou buiten vir die vloeke waarvoor Christus se bloed op Golgota nie sterk genoeg gewees het nie.)

Hoe ongelooflik dwaas om eens amper in daardie rigting te dink!

Terwyl ek hier sit en skryf, loop my trane as ek dink dat daar mense wat hulleself Christene noem, kan rondgaan en hierdie ontsettende belediging teenoor my Jesus verkondig, dat die offer wat Hy op Golgota gebring het en die feit dat Hyself in jou en my woon, nie genoeg beskerming teen vloeke is nie maar dat ons nog hulle, wat ookal nodig het om ons van die soort drek te reinig, al het ek Christus se Gees inwonend in my.

Na my mening, is mense wat met hierdie soort drek rondgaan gewoon net boos, boos en boos.
As iemand na jou, kind van God kom en jou wil laat verstaan dat jy die een of ander vloek het wat op jou rus en hy/sy wil sy/haar drek wat hy/sy ‘n bediening noem, op jou
uitoefen, onthou jy:

1JHN 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
1JHN 4:5  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

Die mense wat met hierdie soort gemors rondloop en dit ‘n bediening noem, is na my
mening in dieselfde kategorie as wat Jesus in die Woord in MAT 24:24 praat:

MAT 24:24  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
MAT 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.

Die volgende uit die Woord kan na my mening ook op hierdie mense van toepassing gemaak word:

2PET 2:19-22 
19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
21  Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22  Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

Hierdie mense is na my mening deur hulle eie sogenaamde bevryding-bediening en die geld en sensasie wat daarmee gepaard gaan oorweldig en verslaaf.

Luister, jy het die Heilige Gees van God inwonend in jou .
Jy het nie hierdie mense en hulle drek in jou lewe nodig nie.
Al wat jy, om dit so te stel,  van jou kant af nodig het,  is gehoorsaamheid.

JHN 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
JHN 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Luister kind van God:

HEB 2:11-15 
11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders (susters) te noem nie,
12  wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders (susters) verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
13  en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Waarom kind van God!  Sal jy jou oor ‘n vloek wat kastig op jou rus bekommer!!  As jy nie eens die dood hoef te vrees nie!!!

Bly weg van hierdie mense en hulle DVD’s en CD’s en wat hulle ook al versprei, terwyl jy onthou en dit in jou hart vasbrand:

JHN 8:36  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Ek gebruik myself as voorbeeld, van wat ek bedoel, dat ‘n kind van ons Here nie deur die een of ander, wat hulle hulleself ook al noem bevry hoef te word nie maar dat dit vir die kind van God net ‘n saak van gehoorsaamheid is, teenoor die Gees van God wat in haar/hom is.

Toe ek tot bekering gekom het, het ek gerook.
Geen wie ook al het nodig gehad om my te bevry van die rook nie.  My geliefdes in die Here het saam met my gebid vir krag en gehoorsaamheid om satan te weerstaan en
ek het besef wat van my verwag word en met die gereelde gebede van my geliefdes het ek in gehoorsaamheid die sigarette laat staan.

1PET 2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
1PET 2:12  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

JAK 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

O, hoe heerlik om as kind van ons Here dit uit te jubel!

PSM 27:1  ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

Ja!  Ek wandel na die beste van my vermoë in gehoorsaamheid in die weë van ons Here.  Terwyl ek met heerlike vrede in my hart onthou:

JHN 8:36  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Onthou kind van God en herinner jouself daaraan elke keer as mense met hierdie soort gemors by jou kom.
Enige vloek of watter ander wat ookal wat jy dan konsuis het, wat na jou bekering oor jou gekom het, moes eers by die Heilige Gees van Jesus Christus wat in jou woon verbygekom het en enige iets wat nog na jou ware bekering nog in jou is, soos my rookgewoonte nog in my was, sal die Heilige Gees jou help om daarvan ontslae te raak.
Verseker kan geen vloek van watter aard ook al nog op jou lê, of hoe hulle dit ook wil stel nie.

Mense kan natuurlik saam met jou bid vir verlossing van byvoorbeeld die rookgewoonte of ‘n siekte – maar vloeke, ander geeste ens, sal nie deur Jesus se Heilige Gees toegelaat word om ‘n woning saam met Hom te deel nie.

Ag, hoe kom daardie ou koortjie in heerlike nostalgie, wat ons jare gelede so baie
gesing het nou in my hart op:

Ek is vry, vry, vry.
Christus maak my vry.
Eens was ek blind maar nou kan ek sien.
Want ek is vry, vry, vry.

Groete,
Sakkie