IS DAAR WERKLIK ‘N PLEK SOOS DIE HEL?

IS DAAR WERKLIK ‘N PLEK SOOS DIE HEL.

Sakkie Parsons

Iemand het my gevra, of die hel werklik bestaan.

Dit is nogal vir my snaaks, dat meer mense glo in die Hemel as wat in die hel glo.
Soos ek altyd sê, sê ek nou maar weer –

Ek het die Woord as my hoogste gesag en ek lees die Woord soos ‘n kind, ons Here se kind.

Voordat ek egter vir jou uit die Woord wys hoe ‘n absolute werklikheid die hel is, net dit.
Ons Here het die hele skepping so saamgestel, dat feitlik alles wat jy aan kan dink ‘n teenoorgestelde het.
Byvoorbeeld:
Warm en koud.
Op en af.
Lewendig en dood.
Dag en nag.
Winter en somer.
So kan ek aan en aan gaan en dan natuurlik ook noem, Hemel en hel.
Dit egter nou daar gelaat.

Wat sê die Woord, van of daar ‘n hel is:

MAT 3:12  Sy oesvurk is in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deeglik skoonmaak.  Hy sal sy koring in sy skuur bymekaarmaak, maar die kaf sal Hy in die vuur verbrand wat nooit geblus sal word nie.

MAT 25:41  Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê:  ‘Gaan weg van My af, want God het julle vervloek!  Gaan na die ewige vuur wat gereed is vir die duiwel en sy bose engele!’

MRK 9:43  En as jou hand jou laat struikel, kap dit af.  Dit is vir jou beter om met een hand in die hemel in te gaan, as om met twee hande en al in die hel te beland, waar die vuur nooit geblus word nie.

MRK 9:45  En as jou voet jou laat struikel, kap dit af.  Dit is vir jou beter om met net een voet in die hemel in te gaan as om met twee voete en al in die hel te beland.

MRK 9:47  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit.  Dit is vir jou beter om met een oog in God se koninkryk in te gaan, as om met twee oë en al in die hel te beland.

MRK 9:48  waar die wurm nooit doodgaan nie en die vuur nooit geblus word nie.

LUK 16:22-23  ….Die ryk man het ook gesterf en is begrawe, 23en sy siel het na die doderyk gegaan.  Daar, terwyl hy gefolter word, het hy Lasarus in die verte by Abraham gesien.

LUK 16:24  Die ryk man het geroep:  ‘Vader Abraham, betoon genade aan my!  Stuur vir Lasarus hierheen om die punt van sy vinger in water te steek en my tong af te koel, want ek ly verskriklik in hierdie vlamme!’

2THS 1:8  In ‘n vlammende vuur sal Hy die mense straf wat God nie ken nie;  dit is húlle wat hulle nie gesteur het aan die Goeie Nuus van ons Here Jesus nie.

2THS 1:9  Hulle sal met ewige vernietiging gestraf word, weg van die Here se teenwoordigheid en sy heerlike mag af.

OPG 14:11  “Die rookwolk van hulle foltering styg vir altyd na bo, en hulle het dag en nag nie rus nie;  dit is húlle wat die monster en sy standbeeld aanbid, en wat die merk van sy naam dra.”

OPG 20:10  Die satan wat hulle verlei het, is daarop in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die monster en die vals profeet ook reeds is.  Daar sal hulle dag en nag vir altyd gefolter word.

Het jy gesien dat die hel reeds berei is en nie dat dit nog gaan berei word nie?

In MAT 25:41 lees ons, dat die hel daar is

Een ding aangaande die hiernamaals wat soos ‘n paal bo water uitstaan en dit is, dat waarheen jy of ek ook al gaan ons is daar “for keeps.”

MAT 25:46  “Hulle sal dan in die ewige straf ingaan, maar dié wat God se wil uitgevoer het, in die ewige lewe.”

Nog iets wat vir my persoonlik so duidelik soos daglig is, is dit:

As ek die bestaan van die Hemel en of die hel bevraagteken, sê ek inderwaarheid dat Jesus lieg en dat ons Here op baie plekke in Sy Woord, om dit baie lig uit te druk, nonsens praat.

Groete,
Sakkie