DAN IS DIT WERKLIK ALLES

DAN IS DIT WERKLIK ALLES

Sakkie Parsons

Nou die dag toe ek iets lees wat iemand vir my gestuur het, tref ‘n gedagte my –

Ons het iemand lief, omdat hulle is wie en wat hulle is.

God het ons lief ten spyte van wie en wat ons is.

JHN 3:16 God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.

JHN 15:13-14 Die grootste liefde wat iemand kan hê, is om sy lewe prys te gee ter wille van sy vriende. 14Dit is julle wat my vriende is as julle doen wat Ek julle beveel.

JHN 5:7-9 ’n Mens kan amper nie dink dat iemand gewillig sal wees om sy lewe te gee ter wille van ’n regverdige mens nie. Maar dit kan tog miskien gebeur dat iemand gewillig sal wees om te sterf ter wille van ’n besonder goeie mens. 8Maar kyk hoe wonderlik is God se liefde vir ons, want Hy het Christus vir ons laat sterwe toe ons nog sondaars was.

9Maar noudat die bloed van Christus vir ons in die regte verhouding met God gebring het, is dit soveel sekerder dat Hy ons van die straf oor ons sonde sal red.

HEB 12:2-3 Hou julle oë altyd op Jesus, want Hy lei ons om op God te vertrou en Hy sal ons leier bly tot die einde toe. Hy was gewillig om die skandelike dood op die kruis te sterf ter wille van die vreugde wat voorgelê het. Nou sit Hy in die ereplek in die hemel aan die regterkant van God. 3Dink aan Hom, dan sal julle moedhou en nie tou opgooi nie. Watter haat en kritiek van sondige mense het Hy nie verdra nie!

JHN 5:9 Maar God is betroubaar en regverdig. As ons erken dat ons sonde gedoen het, sal Hy ons sonde vergewe en ons reinig van al die verkeerde dinge wat ons gedoen het.

Let op, as ek my sonde bely vergewe God als wat ek bely het.

JHN 1:9…en ons reinig van al die verkeerde dinge wat ons gedoen het.

As God sê “ al,” dan is dit werklik alles.

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:   www.sakkieparsons.co.za

Sel:                083 457 6669

Judas 1:24-25Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.