DIE EWIGE VUUR BESTAAN REEDS – DIT IS DIE HEL

DIE EWIGE VUUR BESTAAN REEDS – DIT IS DIE HEL

Sakkie Parsons

Laat ek dan dadelik begin deur te sê, dat die Woord wel deeglik vir ons, soos ek die Woord lees, laat verstaan, dat die hel wel bestaan.

Ekself het dit nie getel nie maar teoloë wat slimmer as ek is en wat meer gespesialiseerde studies oor hierdie saak gedoen het, vertel dat die Woord 167 keer melding van die hel maak.

Voor ek daarby kom net eers die volgende:
Daar is eerstens mense wat goedgelowig uit onkunde oor die Woord mislei word en dan beweer, dat daar nie so iets soos ‘n hel is nie en dan tweedens is daar mens wat deur satan misbruik word en dan in sy diens beweer dat daar nie ‘n hel is nie, want God is nie so wreed en liefdeloos nie.

Op laasgenoemde mense is die volgende gedeelte uit die Woord verseker van toepassing:

JAK 3:6  Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word (nou terwyl hulle lewe en leuentaal verkondig) uit die hel (wat nou bestaan) aangesteek.

Daar is ook die volgende feit waarvan ons deeglik moet kennis neem:
Niemand praat in die Woord van ons Here meer oor die Hel en sy werklikheid as Jesus Christus nie en soos ek altyd sê:
Daar is niemand wat ooit op hierdie aarde geloop het wat met meer gesag oor die hel kan praat as Jesus Christus nie.

Ek het egter genoem dat die Woord duidelik vir ons wys, dat die hel – soos die hemel – ‘n werklikheid is, en ek deel met jou die volgende paar voorbeelde:

MAT 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Sien jy wat jy gelees het?

MAT 25:41  … Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Die hel is reeds daar.
Die hel gaan nie dalk eendag ontstaan nie. 
Dit is reeds daar en wag vir satan en sy engele.
Ja, ook vir die wat soos engele van die lig as valse apostels/ leraars Jesus se evangelie verdraai en valshede verkondig het:

2KOR 11:13-15 
13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
15  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Verder lees ons:

JUD 1:7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.

Sien jy?
Die mense van Sodom en Gomorra gaan nie êrens in die toekoms die straf van die ewige vuur ondergaan nie.  Hulle ondergaan dit reeds:

JUD 1:7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur (nou reeds) ondergaan.

Dan vertel Jesus ons van die ryk man en Lasarus en daardie verhaal is so ryk aan waarhede wat ons moet weet maar ek deel met jou net wat in my antwoord aan jou relevant is:

LUK 16:23  En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
LUK 16:24  En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

Jesus begin hierdie vertelling met die volgende woorde:

LUK 16:19  En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

Soos ek altyd vir mense sê.
Jesus sê “daar was ‘n ryk man” en vir my, as Jesus sê “daar was ‘n ryk man.”  Dan kan jy maar weet, daar was ‘n ryk man:

LUK 16:19  En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

Dan sê Jesus by geleentheid vir sy vyande:

MAT 23:32  Maak die maat (waar daar reeds baie is) van julle vaders dan vol!
MAT 23:33  Slange, addergeslag, hoe sal julle (die maat wat wag om deur hulle vol gemaak te word) die oordeel van die hel ontvlug?

Dan, ten slotte, deel ek met jou nog hierdie twee voorbeelde en die eerste is waar, om dit so te stel, Jesus baie persoonlik betrokke was:

1PET 3:18-20
18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

In Openbaring lees ons:

OPB 20:10 “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.”

Hoe dan nou, sal iemand vra, as ons dan almal eendag voor die regterstoel van Jesus Christus gaan staan?

Hoe kan daar dan nou al, soos ons in die Woord lees, mense in die hel wees?

Ek verduidelik dit onder andere in twee gedagtes uit die Woord wat ek geskryf het, met die naam:

Wat gebeur met my na die graf?
Wat gebeur met ons op die oordeel van die groot dag?

Is daar werklik 'n plek soos die Hel?

Wat jy op my webtuiste kan gaan kry, of my net vra en ek stuur dit met Jesus liefde aan jou.

Groete,
Sakkie