DIE ONTSLAPENES LEWE

DIE ONTSLAPENES LEWE

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my as volg:

“In ‘n vorige e-pos het jy vir ons breedvoerig verduidelik dat ons direk na ons dood by ons Koning gaan wees en dit gestaaf met bybelverse. Maar wat beteken dan  die “sleep in death”. en “those have fallen asleep”?

Dan kwoteer die persoon die volgende gedeelte uit die Woord:

1THS 4:13-18

13  Liewe broers en susters, ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies (ontslapenes) nie.  Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ‘n toekomsvooruitsig nie.
14  Want as ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God dié mense wat gesterf het terwyl hulle in Jesus glo, saam met Jesus sal terugbring.
15  Wat ons nou vir julle gaan sê, is ‘n uitspraak van die Here:  Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ‘n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie.
16  Wat eerste gaan gebeur is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort sal opstaan.  Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ‘n bevel gee wat soos ‘n trompet van God klink.
17  Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.
18  Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Eerstens moet ons onthou, dat ons Here nie iets sal verkondig waar Hy Homself weerspreek nie, want God lieg nie.

Ek wil dan begin deur weer te sê, dat as iemand die evangelie verkondig en hy/sy kan nie iets wat op die oog af soos ‘n teenstrydigheid lyk in harmonie met mekaar bring nie, die persoon ‘n evangelie maar nie die evangelie van Jesus Christus verkondig nie
Besluit nou maar self as jy hier klaar gelees het watter van die twee evangelies ek verkondig.

Hier in Thessalonika het Paulus ‘n gemeente gestig en deel van sy evangelie wat hy aan hulle verkondig het, het daaruit bestaan, dat Christus weer gaan kom en ons kom haal om altyd by Hom te wees:

1KOR 15:51  Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, (jy en ek mag nog in hierdie lewe wees as Jesus kom) maar ons almal sal verander word.
1KOR 15:52  Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word.

Hierdie nuwe bekeerlinge het net soos ek en jy verwag dat Jesus enige oomblik kan kom maar hulle het nie jou en my Christelike agtergrond gehad nie.  Voor Paulus daar aangekom het, het hulle nog nooit van Christus se evangelie gehoor nie.
Nou het Jesus nog nie gekom nie en van hulle dierbare geliefdes het al ontslaap.
Wat nou?
As Jesus hulle wie nog in hierdie lewe is nou kom haal, gaan hulle geliefdes nou in hulle grafte agterbly.
Met hulle heidense agtergrond, het ‘n mens as iemand gesterf het, jy daardie persoon vir ewig verloor as hy/sy in daardie graf lê.
Jy het jou ontslape geliefde met al jou liefde vir daardie geliefde vir altyd daar in die graf waar jou geliefde nou so rustig lê asof hy/sy slaap gelaat.

Teen daardie agtergrond van hierdie nuwe bekeerlinge, met hulle vrese oor hulle geliefdes, skryf Paulus nou aan hulle, dat hulle ontslape geliefdes wie se liggame nou so rustig in die graf lê, nie verlore is nie, daarom hoef hulle nie te treur soos die mense wat nie vir Jesus aangeneem het as hulle verlosser en saligmaker nie.  Hulle gaan hulle ontslape geliefde, wie se liggame so rustig in die graf lê asof hulle slaap, verseker weer sien.

Die 1953 Vertaling stel dit so:

1THS 4:13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

Ek sluit dan af deur ‘n paar voorbeelde uit die Woord te noem om te wys, dat as jy en ek uit hierdie lewe uittree, ons gaan intree waar ons die ewigheid gaan deurbring, terwyl ons verseker by ons volle bewussyn gaan wees.

Die wat by Christus intree, by hulle heerlik volmaakte bewussyn, om eendag voor die groot wit troon beoordeel te word en nie veroordeel te word nie en die wat die hel ingetree het en hoe verskriklik, om vir ewig die verskriklikste dood te sterf en tog nooit te sterf nie en wie eendag voor die groot wit Troon veroordeel te word en te moet hoor dit is hulle lot tot in alle ewigheid.

2KOR 5:10  Ons almal moet voor die regbank van Christus verskyn sodat elkeen van ons kan ontvang volgens wat ons in ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed en of dit waardeloos was.

OPB 20:11-15 
11 Ek het toe ‘n groot wit troon gesien en Iemand wat daarop sit.  Die aarde en die hemel het van Hom af weggevlug, en daar was nie meer wegkruipplek vir hulle oor nie.
12  Ek het ook die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan.  Daarna is die boekrolle oopgemaak.  Daar is ook ‘n ander boekrol oopgemaak, dit is die Boekrol van die Lewe.  Die dooies is geoordeel volgens wat opgeskryf staan oor wat hulle gedoen het.
13  Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies terugegee wat daarin was, en hulle is elkeen geoordeel volgens wat hulle gedoen het.
14  Die dood en die doderyk is toe in die vuurpoel gegooi.  Dit is die tweede dood – die poel van vuur.
15  En as dit geblyk het dat iemand se naam nie in die Boekrol van die Lewe opgeskryf staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.

Hier dan ten slotte is net weer ‘n paar bewyse om te staaf wat ek verkondig, dat as ons wie Jesus Christus werklik aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker en Hom enduit tot in die hiernamaals volg, ons by ons volle volmaakte positiewe gaan wees.

MAT 17:1-4
1 Ses dae later neem Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saam met Hom en vat hulle teen ‘n hoë berg uit waar hulle alleen was.
2  En daar, terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander.  Sy gesig het begin straal soos die son.  Sy klere het skitterwit geword.
3  En, wonderlik, toe verskyn Moses en Elia voor hulle en voer gesprek met Jesus.
4 Petrus sê toe vir Jesus:  “Here, dis wonderlik om hier te wees!  As U wil, sal ek hier drie skuilings oprig:  vir U een, vir Moses een en een vir Elia.”

Nie net het hierdie twee mense naamlik Moses en Elía honderde jaar voor hierdie gebeure op aarde geleef nie maar hulle het ook honderde jare uit mekaar gelewe en hier is hulle springlewendig en ou vriende wat by hulle volle positiewe is.

As jy die volgende gedeelte lees, is dit ook goed dat jy sal onthou, dat dit Jesus is wat ons van hierdie gebeure vertel.
Dit is ‘n gedeelte vol heerlike waarhede en jy kan dit self gaan lees daar van af LUK 16:19 maar ek gaan jou net op die een en ander uit daardie gedeelte wys wat op hierdie skrywe betrekking het.
Weer gaan dit oor twee mense.
Eers lees ons:

LUK 16:22  Uiteindelik is die bedelaar dood, en hy is deur die engele weggedra om by Abraham te wees. Die ryk man het ook gesterf en is begrawe

Die bedelaar het gegaan waar Abraham gewees het en as jy die gedeelte gaan lees, sal jy sien, dat Abraham en daarom ook die bedelaar by hulle volle positiewe gewees het daar waar hulle by mekaar gewees het.
Dan lees ons verder, dat die ryk man ook gesterf het maar hy het sy oë in die hel oopgemaak:

LUK 16:23  en sy siel het na die doderyk gegaan.  Daar, terwyl hy gefolter word, het hy Lasarus in die verte by Abraham gesien.

Sien jy?
Die ryk man was by sy volle positiewe en in smart.
Hy was ook nie dalk vir ‘n tyd in ‘n slapende toestand nie, want hy was bekommerd oor sy 5 broers wat nog op die aarde gelewe het:
Hy tree toe in gesprek met Abraham wat anderkant ‘n groot kloof saam met die bedelaar is in gesprek en sê onder andere:

LUK 16:27  En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—
LUK 16:28  want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

Dan is daar ook die moordenaar wat langs Jesus aan die kruis gehang het.
Ons lees en soos ek altyd sê, sê ek nou maar weer.
Jesus sê nie sommer iets om iets te sê nie.  As Jesus iets sê, moet jy duidelik kennis neem van wat Hy sê.
In hierdie geval, as Jesus sê “vandag nog,” kan jy maar weet dit is “vandag nog.”

LUK 23:39-43
39 Een van die misdadigers wat daar gehang is, het Jesus aanhou beledig deur te sê:  “Is jy dan nie die Messias nie?  Red jouself en ook vir ons!”
40  Die ander een het hom egter bestraf en gesê:  “Het jy óók nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan!
41  Ons het dit terdeë verdien, want ons ontvang straf vir die dinge wat ons gedoen het.  Hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.”
42  Hy het verder gesê:  “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom.”
43  Jesus se antwoord was:  “Ek verseker jou, jy sal vandag nog saam met My in die paradys wees.”

My laaste voorbeeld is ‘n aanhaling van wat Paulus geskryf het.  Paulus die man wie ons Here vertrou het om die grootste gedeelte van die Nuwe Testament te skryf.  Paulus wat so ‘n intieme verhouding met ons Here gehad het, dat hy so vol van die Heilige Gees gewees het, dat daar van hom geskryf staan:

HAN 19:11  God het deur Paulus se optrede wonderbaarlike dinge gedoen.
HAN 19:12  Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy vel geraak het, op siekes gesit is, het hulle siektes verdwyn. Selfs bose geeste het uit mense uitgegaan.

Hierdie grootste apostel van alle tye skryf by geleentheid:

FIL 1:23  Ek is in ‘n tweestryd.  Aan die een kant verlang ek om te vertrek en persoonlik by Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste.

Groete,
Sakkie