DIE OORWINNINGSKROON

DIE OORWINNINGSKROON

Skrywer:  Sakkie Parsons

Na aanleiding van ‘n gesprek met iemand wat ‘n moeilike tyd beleef en wens dat ons HERE ons moet kom haal, deel ek graag die volgende gedagtes uit die Woord:

JOH 1:12
Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Nuwe Lewende Vertaling:
Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard!  As die toets sy geloof as eg tewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang.  God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.

Ons bid baiekeer en dan lyk dit of sake nog verder vererger maar dan moet ons onthou:
Alhoewel ons nie verstaan hoe dit in die geesteswêreld werk nie, sê ons Here sê ek moet bid sonder ophou en nie moedeloos word nie.

Wel dan is dit presies wat ek sal doen:

LUKAS 18
Hou áán totdat die regter luister!
1 Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om aan te toon dat hulle moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
2 Hy het gesê: “In ’n sekere stad was daar ’n regter wat God nie geëer en sy medemens nie gerespekteer het nie.
3 Daar was ook ’n weduwee in daardie stad wat aangehou het om hom te vra:
‘Laat aan my reg geskied in my saak teen my opponent.’
4 “Vir ’n tyd lank was hy onwillig, maar hy het naderhand vir homself gesê:
‘Al eer ek God nie en respekteer ek ook nie my medemens nie – 
5 omdat hierdie weduwee my so onophoudelik teister, sal ek haar saak behartig, anders sal sy my nog heeltemal gedaan maak.’”
6 Toe sê die Here: “Luister net wat sê die onregverdige regter.
7 Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes nie – hulle wat dag en nag na Hom roep? Sal Hy aanhou om hulle geduld te toets?
8 Ek sê vir julle: Hy sal aan hulle reg laat geskied, en baie gou ook!
Nietemin, sal Ek, die Seun van die Mens, wanneer Ek kom, geloof op aarde vind?”

Dikwels dink ons dat ons omstandighede die ergste is – dan kom daardie gedeelte uit die Woord wat my groot held Paulus geskryf het weer op:

HEB 12:4  Julle het in die geveg teen die sonde nog nie tot die dood toe teenstand gebied nie.
In die Ou Vertaling lees dit as volg:
HEB 12:4  Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Dan dink ek so by myself:
Daar in die begin by die eerste Christene het die mense stadions vol gemaak, nie om rugby te kyk, waar ‘n ou ‘n rooi kaart kan kry as hy net iemand met die vuis slaan nie.  Nee hulle het die stadion vol gepak om te kyk hoe leeus en ander wilde diere mense rond jag, gryp en verskeur en voor die juigende skares opvreet.

Van daardie keisers het  net miljoene van hulle mense geneem nie maar dan soms daarmee tuinpartytjies in die aand gehou, waar hulle Christene teer gesmeer, aan palle vasgebind en aan die brand gesteek het om as fakkels vir hulle, terwyl hulle fuif, lig te gee.

Die Woord, en ook by monde van Paulus self ook, getuig dat hy medepligtig was aan moord op van die eerste Christene – uit sy onkunde:

HAN 8:1  En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd ‘n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
HAN 9:1  Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan
HAN 9:2  en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

Wat ‘n gedagte om te dink – Toe Paulus na sy bekering met die Christene begin meng en hulle begin leer het, het van daardie eerste Christene se geliefdes heelwaarskynlik nog in die tronk gesit – en hulle het hom aanvaar en natuurlik ook saam met hom Nagmaal gebruik.

Dit is moontlik om uiteindelik op daardie plek te kom, soos die getuienis wat ons in die Woord vind ons ook wys, as ons Jesus volg en ons oë al die tyd stip op Hom hou.

HEB 12:1  Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry.  Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,
HEB 12:2  ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun.  Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur.  Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie.  En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!
HEB 12:3 Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het.  Laat dit julle inspireer om nie uit te sak en tou op te gooi nie.

In die gebed waar Jesus ons leer hoe ons moet bid, sê Hy onder andere, dat ons moet bid:
“Laat U wil geskied soos in die Hemel, net so ook op die aarde.”

Ek wil jou aanmoedig om dit altyd, terwyl jy dit wérklik bedoel, deel van jou gebed te maak.

Wanneer ek die een of ander tyd dalk die liefdevolle genade van ons Here gaan hê om terug te kyk na dit wat in my lewe gebeur, gaan ek ook sien dat ek ‘n beter mens anderkant uitgestap het, omdat ek my oë vasgenael op Jesus gehou het. 

ROM 8:28  En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.

SY vraag is:
Sal Hy ons nog steeds biddend in vertroue op Hom vind as Hy skielik onverwags  met Sy goddelike ingryping, volgens Sy plan vir ons iets in ons lewens uitwerk?

LUK 19:8 Ek sê vir julle: Hy sal aan hulle reg laat geskied, en baie gou ook!
Nietemin, sal Ek, die Seun van die Mens, wanneer Ek kom, geloof op aarde vind?”

So ek wil jou aanmoedig –

Doen die beste wat jy met die liefdevolle genade van ons Here kán doen en los dít wat jy nie kan doen nie geheel en al in Sy hande – en bly biddend met jou oë stip op Jesus.

Met ander woorde om te verduidelik wat ek bedoel met, “bly biddend met jou oë stip op Jesus.”.

Lewe na die beste van jou vermoë volgens Jesus Christus se beginsels soos wat jy dit in Sy kosbare Woord vind en jy gaan een of ander tyd, vir jou dalk heeltemal onverwags, ‘n wonderlike uitkoms belewe.

1KOR 10:13 Onthou die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie;  ander ondervind dit ook.  God is getrou.  Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word.  Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou.

Ja my vriend/vriendin, ek kyk so na die dinge om my en ek besef weer ons leef in ‘n gebreekte flenters wêreld en as ek wonder hoekom ons Here nie maar kom en ons kom haal nie, onthou ek:

2PET 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Hoe heerlik om te weet –
Kóm, gaan ons Here kóm!
En ons moet net sorg dat ons gereed is en nog veel beter, sorg dat ons met Sy
dinge besig is as Hy ons kom haal.

2PET 3:10  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

In moeilike tye kan ons onthou:

HEB 4:15  Want ons het nie ‘n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
HEB 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ons HERE gee ons die oorwinning en dan is ons hartseer maar dit is nie daardie radelose: “ek gaan nie die mas opkom nie” wanhopigheid in my hart nie.

Dan is ek verstom met die oorhoofse vrede en rustigheid in my hart:

1KOR 15:57  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
1KOR 15:58  Daarom, my geliefde (broer en suster), wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

2TES 2:16-17  Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader – Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het – mag Hy self  julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord.

Kom ons bewys dat ons standvastig in ons geloof is en áltyd dankbaar is teenoor ons Here Jesus Christus vir wat Hy vir ons as mens aan die kruis gedoen het en die wonderlike voorreg dat Hy besig is om vir ons ‘n woonplek by Hom te berei waar ons in die volmaakte by Hom sal leef in heerlikheid op heerlikheid.

FIL 4:4  Wees altyd bly omdat julle Christene is.  Ek sê dit weer:  “Wees bly!”

PSM 13:6 Maar ek maak staat op U troue liefde.  Ek sal juig omdat U my gered het.  Ek sal sing tot eer van die HERE omdat Hy vir my goed was.

Groete,
Sakkie