DIE WAPENUITRUSTING VAN GOD – DEEL 1

DIE WAPENRUSTING VAN GOD – DEEL 1

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my onder andere as volg:

“Ek sukkel egter nou al vir jare om die volle wapenrusting van God in die praktyk te verstaan en hoe om dit in die praktyk toe te pas.
Kan u asb vir my verduidelik as u tyd het elke wapenrusting en wat dit in die praktyk beteken.  Ek verstaan nie so mooi wat dit als behels nie.“

Hier dan in kort is hoe ek na hierdie saak kyk en na die beste van my vermoë in my eie lewe probeer uitlewe.
Eintlik is dit ook nie so kort nie, want ek moes my antwoord in twee deel sodat dit darem nie te lank is om op een slag te lees nie.
Lees net eers die volgende uit die Woord oor dit wat ek met jou wil deel:

EFE 6l10-18

10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
14  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
18  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

Die eerste wat my tref as ek hierdie gedeelte lees, is ten spyte wat ons in ons mensheid glo en ook deur ons optrede teenoor ons medemens uitlewe, is die volgende:

Uiteindelik is dit nie die mens wat ons op watter manier ook al te na kom nie.  Hulle is maar net die instrumente wat die bose teen ons gebruik, omdat – en ek wens alle Christene wat so maklik skrik en vol vrese vir bose geeste deur die lewe gaan wil dit besef – ‘n bose gees of krag of mag of wat jy dit ook al wil noem, kan nie self aan jou, wat Jesus Christus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker, raak, wat nog te sê in jou ingaan, solank die Heilige Gees van Jesus in jou is nie.  Daarom moet die bose ‘n ander mens gebruik.

Dus, onthou as jy weer met hierdie duiweljagters te doen kry, wat duiwels uit jou of joune wil verdryf.
Na my mening is hulle gewoonlik juis van die instrumente deur wie die bose werk.
So volgende keer as iemand jou op die een of ander manier te na kom, onthou dan –
Dit is die beste manier wat die bose het om jou, ‘n Geesgevulde kind van God te na te kom.

EFE 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Kom ons kyk nou na die wapentoerusting wat tot ons beskikking is en wat ons veronderstel is om, om dit so te stel, aan te trek, sodat ons paraat kan wees en in oorwinning staande kan bly wanner die vyand ons aanval.
Eers lees ons:

EFE 6:14  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, …

In ‘n wêreld waar valsheid en leuens hoogty voer, soveel so, dat daar selfs herders is
wat verkondig, dat ‘n mens soms mag lieg, moet jy en ek, ons omgord met die
waarheid.
Om my persoon moet die mense weet sal hulle, soos ‘n gordel,  altyd net die waarheid
vind of hoor.
As ek nie daardie uitkyk in my Christelike wandel het nie, is daar ‘n swak plek, eintlik
moet ek sê, vrot plek in my wapenuitrusting, wat ek uit die hel myne gemaak het.

JHN 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

Ja, die satan is die vader van alle leuens.
Kom ons omgord ons met die waarheid sodat ons saam met die Psalmdigter kan getuig:

PSM 119:104  Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.

Vervolgens is daar die “borswapen van geregtigheid.”

EFE 6:14  … met die borswapen van die geregtigheid aan,

Destyds het ‘n borswapen jou bors en terselfdertyd ook jou hart beskerm.
Dus, jy en ek moet daaraan werk, dat daar geen ongeregtigheid in ons harte is nie.  Ons
moet altyd strewe na geregtigheid, of anders gestel, na wat voor God reg is.

MAT 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

MAT 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Die volgende wat my groot held Paulus vir ons noem is:

EFE 6:15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

As volgelinge van Jesus, moet ons ‘n dwingende begeerte in ons Harte hê, dat die Evangelie van vrede van Jesus Christus verkondig moet word en as ons dit nie het nie, ons Here dan vra om ons te help sodat dit ‘n werklikheid in ons harte sal word –  ‘n begeerte, wat nie net by begeer sal bly nie maar dat ons ook daadwerklik met die talente tot ons beskikking deel van daardie verkondiging van die Evangelie sal word.

EFE 6:15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

Want my vriend/vriendin –

ROM 10:13  Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
ROM 10:14  Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

Die volgende keer as ek aan jou pos stuur deel ek verder met jou oor “die wapenrusting van God.”

Vir nou sluit ek af met die begin van die gedeelte waaroor ek met jou deel.

EFE 6:10  Eindelik, my broeders (susters), word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
EFE 6:11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Groete
Sakkie