DIE WOORD RAKENDE DIESELFDE GESLAG LEEFWYSE

DIE WOORD RAKENDE DIESELFDE GESLAG LEEFWYSE

Sakkie Parsons

Ek kry dikwels vrae uit verskillende hoeke oor homoseksuele, gay, lesbiese leefwyses ens.

Nou is daar teoloë wat die Woord, (dit is die Bybel) neem – en ek gaan verder net van die Woord praat, omdat ek die Woord sien As my GOD Almagtig se woorde op skrif aan my.  Daarom is die Bybel vir my die heilige Woord van God.

JOH 1:1-5
1  Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan.
Die Woord was by God,
en die Woord was self God.
2  Hy was reeds in die begin by God.
3  Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.
4  In Hom was daar lewe,
en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.
5  Die lig skyn in die duisternis,
ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie!

Hulle neem die Woord en verduidelik en gebruik omtrent al die gedeeltes wat ek met jou gaan deel en volgens hulle, is dit dan duidelik, dat ons Here nie teen hierdie soort leefwyses in is hul verskillende vorms is nie.

Dan is daar baie meer Christen teoloë wat al dieselfde gedeeltes neem en volgens hulle duidelik wys, dat hierdie soort leefwyses nie vir ons Here aanvaarbaar is nie.

Ek gaan nou met die kennis wat ek van die Woord het, met jou omtrent al die gedeeltes wat ek van weet, waar ons Here in Sy Woord na my mening direk en indirek na hierdie onderwerp verwys in hul kronologiese volgorde deel.
Ek noem spesifiek, in hul kronologiese volgorde, sodat ek jou nie beïnvloed nie maar dat jy dit dan lees in die volgorde wat ons Here self dit in Sy Heilige Woord laat neerpen het en jy dan so biddend self kan besluit hoe om na hierdie verskillende leefwyses te kyk.

Voor ek egter die gedeeltes uit die Woord met jou deel, is daar net eers ‘n baie belangrike waarheid aangaande die Woord  wat ons van kennis van moet neem en moet weet en 100% moet glo.  Anders kan jy nou maar ophou om verder te lees.
Dit is die volgende:

2TIM 3:16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer
en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.
2TIM 3:17  Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

Met ander woorde:
Jesus se hele Evangelie is presies in sy totaliteit nog steeds net so waar – en presies nog steeds in sy geheel nog net so presies relevant soos wat Hyself dit verkondig en Sy dissipels geleer het om dit vir ons op skrif te stel.

HEB 13:8-9
8 Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!
9 Pas op dat julle nie meegesleur word deur die bekoring van allerlei vreemde idees nie.

Nou is die vraag ook: 
Hoe moet ons na die heilige Woord kyk wat ons Here vir ons neergepen het as ons die Woord lees?
Wel ook hierin gee, soos ek die Woord verstaan, ons Here vir ons te heerlik ‘n duidelike riglyn hoe ons die Woord moet lees en in ons harte moet oordink.

Ek doen dit so en dit werk wonderlik vir my en dit is, ek lees die Woord kinderlik, sonder allerlei ingewikkelde redenasies.  Want dit is presies hoe Jesus vir my in Sy Woord sê, dat ek dit moet lees:

MRK 10:15  Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.”

MAT 11:25  Toe het Jesus hierdie gebed gebid:
“Vader, Here van die hemel en die aarde,
Ek sê vir U dankie
dat U die insig in hierdie dinge
van die slimmes en intelligentes weerhou het
en dit oopgemaak het vir hulle wat soos kinders geword het.
MAT 11:26  Ja, Vader, want U verkies hierdie manier van doen!

Nou voor ek met jou die gedeeltes uit die Woord deel wat ek raak lees en gebruik om my in my kyk na hierdie onderwerp te lei, nog net die volgende, wat ek ook deeglik in gedagte hou, as ek met die Evangelie van Jesus Christus omgaan:

2TIM 4:1-4 
1 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig:
2  Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.
3  Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor.
4  Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

Nou nog net die volgende
Voor ek die gedeeltes uit die Woord met jou deel, glo ek, is dit ook goed om onsself net weer te herinner hoe ons Here die huwelik sien wat Hy ingestel het:
So kom ons lees nou eers en ons kyk hoe, om dit so te stel, hoe klop God se hart, wat die huwelik en byvoorbeeld die gepaardgaande intieme saamleef aanbetref.
Onthou nou, dat ek nie nou met jou verskillende saamleef wyses deel nie.  Ek deel nou met jou, wat ek in die Woord sien, oor wat God in gedagte gehad het, toe Hy die huwelik ingestel het.
Ons begin dan by die eerste boek uit die Woord en ek lig soms net gedeeltes uit wat in daardie gedeeltes vir my uitgestaan het:

GEN 1:27 God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep;
volgens sy eie beeld het God hulle geskep;
manlik en vroulik (om voor die sondeval perfek by mekaar in te pas) het Hy hulle
geskep. (Na die sondeval, het satan deur die misbruik van die gewillige mens die huwelik deur die mens se sondige natuur en gepaardgaande sondige begeertes, die huwelik grootliks heeltemal skeef getrek.)

Verder lees ons oor die huwelik wat ons Here ingestel het die volgende:

GEN 1:28 God het hulle geseën deur te sê: "Wees vrugbaar en vermeerder (en as man en vrou, is dit die enigste wyse hoe hulle aan hierdie instruksie kon voldoen) en vul die aarde.

Hoekom het ons Here die vrou geskape, nadat hy eers net die man geskape het?
Na my persoonlike siening, is dit natuurlik nie dat ons Here nie geweet het dat dit nie goed is dat die man alleen is nie – maar dat Hy dit vir ons so wou laat insien en laat verstaan het.

GEN 2:18 Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.”

GEN 2:24  Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.

Die huwelik is dan ook een van die instellings van ons Here wat die meeste deur die mens in sy sondige natuur besoedel is, soos egskeiding, egbreek ens ens:

ROM 8:6-8
6 As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.
7 Want die sondige natuur is altyd vyandig ingestel teenoor God. Dit rebelleer teen God se wet, want dit is in sy aard.
8 Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie.

Ten slotte oor die huwelik, voor ek die gedeeltes uit die Woord waar ons Here iets oor homoseksualiteit sê, met jou deel – wat jy dan kan lees en in jou gees na die Heilige Gees se leiding luister.

Kom ons lees net gou of Jesus waarde heg aan Genesis 1:27 en Genesis 2:24 en dan besluit jy vir jouself met die verstand wat ons Here jou gegee het, onder leiding van die Heilige Gees hoeveel waarde heg Jesus aan byvoorbeeld Genesis 1:27 en Genesis 2:24:

MAT 19:4  Hy (dit is Jesus) antwoord hulle: “Het julle nie in die Skrif gelees dat die Skepper die mens van die begin af man en vrou gemaak het nie?
MAT 19:5  En die Skrif (so Kwoteer Jesus) sê verder: ‘Daarom sal ’n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam verenig word.’
MAT 19:6  Hulle is dus nie meer twee nie, maar een liggaam.
Wat God so saamgevoeg het, mag ’n mens nie uitmekaarskeur nie.”

Hier volg nou dit wat ek in die Woord vind, in kronologiese volgorde waar ons Here met ons van homoseksualiteit praat:

Onthou ook net asseblief al die tyd, dat ek nie iets met jou deel wat ek geskryf het, wat jy nou gaan lees nie.  Ek kwoteer net dit wat ons Skepper, Verlosser en Saligmaker vir ons in Sy Heilige Woord laat opteken het.

GENESIS 19:1-13
1 Daardie aand het die twee engele by Sodom aangekom. Lot het juis in die poort van Sodom gesit. Toe hy hulle sien, het hy opgestaan om hulle te ontmoet. Hy het hulle verwelkom en laag voor hulle gebuig.
2 “Menere,” sê hy, “kom gerus saam na my huis toe. Daar kan u u voete was en my gaste vir die nag wees. Môre-oggend kan u weer vroeg op pad wees.”
“Nee, dankie,” antwoord hulle, “ons sal die nag sommer hier op die stadsplein deurbring.”
3 Maar Lot het daarop aangedring sodat hulle uiteindelik ingewillig het om saam te gaan. Hy het ’n groot feesmaal voorgesit met ongesuurde brood en hulle het dit geëet. Ná die ete,
4 toe hulle begin klaarmaak om te gaan slaap, het al die mans van Sodom, oud en jonk, van oor die hele stad saamgekom en die huis omsingel.
5 Hulle skree vir Lot: “Waar is die mans wat die nag by jou deurbring? Bring hulle uit sodat ons seksueel met hulle kan verkeer!”
6 Lot het uitgegaan, die deur agter hom toegemaak en met hulle gepraat.
7 “Asseblief, my broers,” het hy gesoebat, “moenie so ’n bose ding doen nie.
8 Kyk, ek het twee dogters, albei nog maagde. Ek sal hulle buitentoe bring. Doen met hulle wat julle wil, maar los hierdie mans uit, want hulle is onder my beskerming.”
9 “Staan opsy!” het hulle geskree. “Jy het as vreemdeling tussen ons kom woon en nou wil jy vir ons kom sê wat óns moet doen! Ons sal jou nog slegter behandel as vir hulle.” Hulle het Lot begin vasdruk en nadergekom om die deur af te breek.
10 Maar die twee engele het hulle arms uitgesteek, Lot ingetrek en die deur gegrendel.
11 Toe het hulle al die mans van Sodom buite die huis verblind sodat hulle die deur nie kon kry nie.
12 “Het jy enige ander bloedverwante hier in die stad?” vra die engele. “Kry hulle uit hierdie plek uit, of dit nou skoonseuns, seuns, dogters of wie ook al is.
13 Ons gaan hierdie plek heeltemal verwoes omdat die mense so sondig is. Daarom het die Here ons gestuur om die plek te verwoes.”

LEV 18:22 “Jy mag nie 'n homoseksuele verhouding hê nie. Dit is 'n afstootlike sonde.

LEV 20:13 “Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen 'n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.

ROM 1 26-27
26 Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die
natuur is, naamlik dié met ander vroue.
27 Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en ’n brandende begeerte
na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal.

1 KOR 6:9-10 Besef julle dan nie dat mense wat ’n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat ’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan,
diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry aan die konnkryk van God nie.

Ek het nou met jou, om dit so te stel, drie onderwerpe gedeel naamlik:
Een: Wat die heilige Woord van God is en hoe ons die Heilige Woord van God behoort te lees en uitlewe.
Twee: Dat God die huwelik ingestel het.  Die eerste een bevestig het en Hoe ek uit die Woord verstaan, dat ons Here na die huwelik kyk.
Drie: Waar al die gedeeltes in die Woord oor homoseksualiteit gelees kan word en wat daar geskryf staan.

Nou wil ek ten slotte met jou nog ‘n vierde gedagte uit die Woord deel:

As jy Jesus Christus werklik, nie net met lippetaal nie, aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, het jy hierdie heerlike sekere wete:

1JOH 1:9  As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.
1JOH 1:10 As ons beweer dat ons tot nou toe nie gesondig het nie, maak ons Hom tot ’n leuenaar.  (Dit beteken ook dat Sy Woord nie in ons lewe plek gekry het nie.)

Ek deel dan nou met jou, ook in kronologiese volgorde, die volgende heerlike waarhede, wat ons Here vir ons in Sy heilige Woord aan ons laat opteken het:

1KOR 6:11  Daar was ’n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het.

2KOR 5:17 Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!
2KOR 5:18 Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het.

FIL 4:13  Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.

‘n Laaste aanhaling uit die Woord:

HEB 12:1-4
1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.
4  Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Groete,
Sakkie