IS DIT REGTIG MOONTLIK VIR MENSE OM JESUS IN MY TE SIEN?

IS DIT REGTIG MOONTLIK VIR MENSE OM JESUS IN MY TE SIEN? 

Sakkie Parsons

Dit het al gebeur, dat as ek met mense deel en hulle daarop wys dat die mense in ons Jesus moet sien, hulle vir my sê dat hulle nie Jesus is nie. Dit is natuurlik waar maar Jesus sê:

JHN 15:4  “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie  in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

JHN 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want  sonder My kan julle niks doen nie.”

Ek moet natuurlik nie probeer om Jesus te wees nie, want dit sal hoogstens maar net ‘n front wees wat ek voorhou.

Ek moet opreg en onvoorwaardelik my lewe vir Jesus oorgee, dat die mense so deur my met Jesus in aanraking kan kom.

Is dit hoegenaamd moontlik dat mense in my Jesus kan sien?

Kom ek wys jou gou, dat dit nie net moontlik is nie, maar ook die enigste, regte manier is om as kind van God te lewe:

Jesus sê:

JHN 13:34  “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het,  moet julle ook mekaar liefhê.

JHN 13:35  Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

Het jy opgelet?  Om mekaar lief te hê, is nie ‘n opsie nie maar ‘n bevel:

JHN 13:34  “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; …”

Die Bybel sê:

1JHN 4:8  “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.”

God is liefde en Jesus is ook God:

JHN 1:1-3 
1 “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2  Hy was in die begin by God.
3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.”

Kyk net hoe mooi beskryf Paulus die liefde. Eintlik wil ek sê. Kyk net hoe mooi beskryf Paulus vir Jesus:

1KOR 13:1-8 
1  “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees  nie.
3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en  ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
8  Die liefde vergaan nimmermeer; …”

As jy onthou dat God liefde is en dat Jesus ook God is, kan jy hierdie gedeelte ook so belewe as jy dit lees:

1KOR 13:1-8 
1 “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie Jesus nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie Jesus nie, dan sou ek niks wees nie.
3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie Jesus nie, dan sou dit my niks baat nie.
4  Jesus is lankmoedig en vriendelik; Jesus is nie jaloers nie; Jesus praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie Sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
8  Jesus vergaan nimmermeer;”

Voorheen kon niemand die wet vervul nie maar is dit nie wonderlik nie? Deur die liefde,  of dan anders gestel, deur Jesus, is ek en jy nou in staat om die wet te vervul.

ROM 13:10  “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.”

Ek sien hierdie vers ook so in my hart as ek dit lees:

ROM 13:10  “Jesus doen die naaste geen kwaad nie; daarom is Jesus die vervulling van die wet.”

Jesus self het dan ook gesê:

MAT 5:17  “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”

1KOR 13:13  “En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie;  maar die grootste hiervan is die liefde.”

Of dan, soos ek hierdie vers in my hart belewe:

1KOR 13:13  “En nou bly geloof, hoop, Jesus—hierdie drie; maar die grootste hiervan is Jesus.”

Jesus sê ook:

JHN 13:35  “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

So, gee vir die mense Christelike liefde en hulle sien Jesus in jou.

Groete,
Sakkie