AS EK VRIENDE HET WAT NIE CHRISTENE IS NIE

AS EK VRIENDE HET WAT NIE CHRISTENE IS NIE

Sakkie Parsons

Toe ek dit wat hier onder geskryf is gelees het wat iemand vir my gestuur het, het ek dadelik gedink aan die raad wat ek iemand gegee het oor vriende.
My sienswyse is as volg:
Die Christen moet vriendelik met almal wees en natuurlik tydig en ontydig die Evangelie verkondig.

2TIM 4:2-5 
2  Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.
3  Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor.
4  Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.
5  Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou.  Moenie bang wees om vir die Here te ly nie.  Werk daaraan om ander na Christus te bring.  Voltooi die bediening wat God jou gegee het.

As ek vriende het wat nie belydende Christene is nie, moet my eerste doel wees om my vriende by Christus uit te bring.  As ek dit nie doen nie, is ek nie regtig ‘n vriend nie.
Hoe kan ek ‘n vriend wees, as ek staan en kyk hoe my vriend hel toe stap?
As my vriend nie Jesus wil aanneem as sy of haar Verlosser en Saligmaker nie, dan verwerp hulle Hom.

Dit is Jesus wat hier praat:

MAT 12:30  “Wie nie aan my kant is nie, is teen My.  En elkeen wat nie saam met My bymekaarmaak nie, jaag mense uitmekaar.

LUK 11:23 “Enigiemand wat My nie help nie, weerstaan My;  en enigiemand wat nie saam met My werk nie, werk eintlik teen My.”

Iemand vra dalk maar wat as my vriend net neutraal staan?
Niemand wat ooit van Jesus gehoor het kan net neutraal staan nie.
As jy niks doen nadat jy die evangelie van Christus gehoor het nie, kies jy teen ‘n verhouding met Hom.
Dit klink nou miskien ‘n bietjie erg om dit te sê maar dit is hoe dit is.
Daar is ‘n gesegde in Afrikaans, ek weet nie of dit ook in ander tale voorkom nie maar ek dink waar dit by die aanvaarding van Christus kom, sê hierdie gesegde, wat net uit VYF woorde bestaan dit alles:

“Dit is reg of weg.”

OPB 3:15  Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm.
OPB 3:16  Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg.

Daar kom ‘n tyd dat as my sogenaamde vriend nie hom of haar wil bekeer nie, dat ek my vriendskap met die persoon in heroorweging moet neem.

MAT 10:14  En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
15  Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
16  Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.

MAT 10:14 As hulle julle nie wil ontvang of wil luister na wat julle sê nie, gaan uit daardie huis of dorp en skud die stof van julle voete af. (As teken dat julle hulle aan hulle eie lot oorlaat.)
15 Ek verseker julle, op die oordeelsdag sal dit met die sondige stede Sodom en Gomorra beter gaan as met daardie dorp.
16 “Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in.  Wees dan skerp soos die slange, (slange is as intelligent beskou)  maar terselfdertyd opreg soos die duiwe. (Sonder valsheid of kwaad).

Let net weer op na die volgende:

MAT 10:14…en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

Die rede waarom Jesus dit so sterk stel, dat ek so finaal moet breek, stel Hyself so:

MAT 7:6  “Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie.  Hulle sal dit nie respekteer nie.  Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur.  Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie.  Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”

You were getting along so well.  Who has interfered with you to hold you back from following the truth?  It certainly isn't God, for He is the One who called you to freedom.  But it takes only one wrong person among you to infect all the others — a little yeast spreads quickly through the whole batch of dough!  (GAL 5:7-9 NLT)

Prayer:  LORD, help me to guard my heart and mind so that nothing distracts me from the truth and from my relationship with You.  I ask You for discernment and wisdom regarding those I allow to be in relationship with me.  Help me to choose well, because the choice is my responsibility, whether I allow those in my life that edify or those that interfere.  A little compromise goes a long way!  I need Your strength that I may hold fast to the right decision.  In Jesus' Name, Amen.

 

Groete,
Sakkie