FLIRT JY?

FLIRT JY?

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my oor mans wat “flirt.”

Alhoewel hierdie probleem nie net onder mans voorkom nie, is dit na my mening, soos wat ek dit in my lewe opgetel het ‘n baie en amper skryf ek “vieslike” groot probleem onder mans en ongelukkig net so erg onder Christen mans.

Omdat dit ‘n dame is wat die skrywe aan my gerig het en ek haar geantwoord het, is hierdie gedagte uit die Woord dan meer op die man, maar darem ook nie net op die man, wat “flirt” gerig nie.

Hier dan is my antwoord aan die dame:

Wat die man en sy “flirt” aanbetref –
Ek hoop hy is ‘n Christen, want as sulke mans nie ‘n Christen is nie, is daar geen salf aan hulle te smeer nie.  Want, wat hulle aanbetref is daar eenvoudig nie ‘n argument wat daar teen gewig dra nie.

As die man ‘n Christen is, is dit wat hy doen gewoon net boos in iets wat nie by ‘n kind van ons Here gevind behoort te word nie.
Hy is as jy dit afsny tot op die been eenvoudig ‘n egbreker.

MAT 5:28 Maar Ek sê vir julle, elke man (vrou) wat met ‘n wellustige oog (flirt) na ‘n ander vrou (man) kyk, het al klaar in sy (haar) hart egbreuk gepleeg.

Ons Here voel so sterk oor egbreek, dat dit die enigste rede is wat aan iemand gegee word, om dit wat Hy een gemaak het middeldeur te skeur.

MAT 5:32 Maar Ek sê vir julle, elkeen wat sommerso ligtelik van sy vrou (man) skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy (hy) egbreuk pleeg.  …

Ons Here voel so sterk oor egbreuk in watter vorm ook al, dat Hy selfs in die Ou Verbond gesê het, dat sulke mense doodgemaak moes word.

LEV 20:10  “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou (man) van 'n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg

Ek sê nie daar is uitsonderings nie maar as daar is, het ek in my lewe nog nie een enkele man of vrou wat op die ligste “flirt” teëgekom, wie se saak op daardie tydstip met ons Here werklik reg was nie.
Hoe ook anders?
As jou verhouding met ons Here op daardie stadium in jou lewe werklik ‘n mooi liefdesverhouding is, sal jy werklik te skaam wees om reg voor God Almagtig se oë so iets te doen.

Nou sê ek ook nie dat satan ‘n persoon wie se saak met ons Here reg is, nie met daardie boosheid sal aanval nie, die satan ontsien niemand en niks nie.  Maar jy sal onmiddellik, as satan jou daarmee aanval, jou rug daarop draai.
Van Adam af is die Woord vol daarvan, dat as satan niks met ‘n man kan regkry nie, gebruik hy ‘n vrou en die hartseer vandag daarvan is, dat hy omtrent altyd daarmee suksesvol is onder ons Here se kinders.
Terwyl ons die Heilige Gees inwonend in ons het, steur ons, ons net eenvoudig nie aan Sy stem nie.
Egbreek is ook uiteindelik niks anders as wellus nie.

MAT 5:27 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’
MAT 5:28 Maar Ek sê vir julle, elke man (vrou) wat met ‘n wellustige oog (flirt ook natuurlik) na ‘n ander vrou (man) kyk, het al klaar in sy (haar) hart egbreuk gepleeg.

Hoe jy ook daarna kyk, flirt Is uiteindelik niks anders as’n tipe wellus nie.

Luister wat sê die Woord oor wellus.
Jy het nou reeds gelees:

MAT 5:28 Maar Ek sê vir julle, elke man (vrou) wat met ‘n wellustige oog (flirt ook) na ‘n ander vrou man kyk, het al klaar in sy (haar) hart egbreuk gepleeg.

Verder sê die Woord van hierdie soort leefwyse:

1 KOR 6:9 Besef julle dan nie dat mense wat 'n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat 'n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan,
1 KOR 6:10 diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

Wat ek as kind van God behoort, nee, moet doen, as so iets my pad langs kom, is om onmiddellik met ons Here oor die saak te praat en satan dan te bestraf en ek sê vir jou, dat as my saak met ons Here reg is, ek onmiddellik nie meer sal wil “flirt” nie.  Want daar staan die versekering vir my Sy kind in die Woord geskryf:

JAK 4:7 Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.

Hoe wonderlik dan ook, as ek met ons Here se hulp, daardie oorwinning teen satan behaal het, om te weet:

MAT 5:8  Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien.

‘n Ouer vertaling stel dit so:

MAT 5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Ek sluit dan hierdie skrywe aan jou af met die volgende uit die Woord:

2KOR 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak.

Groete,
Sakkie