GOD HET JESUS UITERMATE VERHOOG EN HOM ‘N NAAM GEGEE WAT BO ELKE ANDER NAAM IS

GOD HET JESUS CHRISTUS UITERMATE VERHOOG EN HOM ‘N NAAM GEGEE WAT BO ELKE ANDER NAAM IS.

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my:

Ons lees:

JHN 7:39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Wat beteken dit, dat Jesus nog nie verheerlik was nie?

Kom ek neem jou, om dit so te stel, deur die wonderlike proses, tot by die heerlike grootse hoogtepunt van hierdie wonderlike verheerliking van Jesus Christus.

Eers, is Maria bevrug deur die werking van die Heilige Gees:

LUKAS 1:26-35 
26 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ‘n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
27  na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
28  En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
29  En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34  Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
35  En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

Toe is Jesus as mens gebore:

LUKAS 2:4-7 
4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5  om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
6  En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
7  en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Toe het Jesus volgens wat ons uit die Woord weet reeds van Sy twaalfde jaar af begin deur word en daad Sy evangelie hier op aarde begin verkondig en uitleef:

LUKAS 2:42-47 
42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
43  En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
44  Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ‘n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
45  En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
46  En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
47  En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

Dan lees ons verder, toe Sy ouers Hom in die Tempel kry:

LUK 2:48  En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
LUK 2:49  En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?

Nou kon ek baie, baie gedeeltes uit die Woord kwoteer het, om dit so te stel, die volgende stap oppad na Sy verheerliking uit te wys maar ek volstaan met die volgende:

LUKAS 7:19-23 
19  En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?
20  En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?
21  En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.
22  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en  hoor:  (wat julleself beleef het, wat God wie mens geword het doen) blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek aan armes word die evangelie verkondig.
23  En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.

Dan, na ongeveer 3 jaar, nadat Hy Sy evangelie van reddende liefde en genade gevestig het, stap Hy Golgota toe en bevestig en onderstreep hierdie evangelie van reddende liefde en genade toe Hy aan ‘n kruis gaan hang het vir al jou en my en elke ander mens wie Hom wil aanneem as haar/sy Verlosser en Saligmaker se sonde, hoe verskriklik daardie sonde van ons ook al is.

So verskriklik was, om dit so te stel, die afskuwelike beeld wat aan daardie kruis gehang het, dat God ‘n algehele duisternis oor die aarde laat kom het, sodat ‘n mens nie daardie skrikwekkende beeld hoef te aanskou het nie.

Onthou, die mense om daardie kruis het nie lig, of die toerusting gehad om lig mee te maak nie, want toe hulle daar op Goolgota bymekaar gekom het vir Jesus se kruisiging, was dit negeuur in die oggend

MAT 27:45  En van die sesde uur (12h) af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur (3h) toe;
MAT 27:46  en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

En as God besluit dit moet donker wees, glo my, dan kan jy weet, dit was donker – maar God Self het, so glo ek, die sluier vir ons so ‘n bietjie gelig om ons net effens te laat sien hoe daardie skrikwekkende prentjie aan die kruis daardie drie uur gelyk het:

JESAJA 53:1-10 
1  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
2  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
4  Nogtans het Hy óns krankhede (dink maar self hoe verskriklik voel en lyk sommige siektes) op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
9  En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
10  Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het H
om krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.

Toe word dit weer lig, dat die mens kon sien en hoor en kon getuig, Jesus het al die pad gestap:

JHN 19:28-30 
28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jesus gesê: Ek het dors!
29  En daar het ‘n kan vol asyn gestaan; en hulle het ‘n spons met asyn gevul en op ‘n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Lees net hier wat getuig ons Here oor Hom, net voor ons Here ons ‘n klein prentjie geskets het  van wat Hy, wie hierdie verskriklike pad gestap het, sodat almal wie Hom aanneem as Hulle verlosser en Saligmaker nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal beërf:

JESAJA 52:13-15 
13  Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.
14  Soos baie hulle oor U verstom het—so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ‘n mensekind nie—
15  so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.

Toe volg die volgende stap in die verheerliking van ons Here Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker.

Jesus stap uit en laat ‘n leë graf agter.
Ja!
Jesus maak die dood, dood sodat jy en ek verewig by Hom kan lewe en nie verewig in die hel ‘n verskriklike dood hoef te sterf en tog nooit te sterf nie:

MAT 28:2-7 
2  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
3  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
4  En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5  Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7  en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.

Hoe heerlik om dit nou uit te jubel:

1KOR 15:54  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. (Die oorwinning wat ons as wedergebore kinders van God het, omdat Jesus die dood oorwin/doodgemaak het)
1KOR 15:55  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Nadat Jesus uit die graf in oorwinning oor die Dood gestap het, volg toe die finale, om dit so te stel, hoogtepunt in ons Here se verheerliking:

HAN 1:9-11 
9  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
10  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
11  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. (al die profesieë oor Jesus tot op hierdie een wat deur mense geprofiteer was, het reeds in vervulling gegaan.  So jy en ek kan baie seker wees, die profesie wat jy nou gelees het, wat nie deur ‘n mens nie maar deur 2 engele geprofiteer was, sal ook in vervulling gaan)

Ek deel dan nou met jou hierdie goeie raad uit ons Here se kosbare Woordstam met die getuienis uit die Woord van hoe volkome ons Here Jesus, ons Verlosser en Saligmaker se verheerliking deur ons Almagtige God voltooi is:

HEB 12:1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
HEB 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Hoe heerlik om dan af te sluit met hierdie volgende  grootse groot getuienis wat ons in die kosbare Woord van ons Here lees oor die verheerliking van Jesus ons Verlosser en Saligmaker :

FIL 2:6-11 
6  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, (dit maak nie saak watter ander naam jy al van of vir God gehoor het nie, vir jou en my as kind van God is daar volgens ons Here se Woord, geen naam groter vir ‘n ware Christen, as die naam van Jesus nie)
10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Groete,
Sakkie