HET EK GOD WERKLIK LIEF?

HET EK GOD WERKLIK LIEF

Sakkie Parsons

Mense sê so maklik:

“Ek is lief vir God,” maar is ek regtig vir God lief?

Toe my kinders nog in die huis gewees het en ek het vir hulle iets gedoen, dan het ek dit met onvoorwaardelike liefde gedoen.  Daar was niks wat ek inruil van hulle verwag het nie.  Dit was net vir my heerlik om met hierdie liefde in my hart vir hulle, dit vir hulle te doen.

Dit is naaste aan die verduideliking van hoe my liefde vir God moet wees, waaraan ek nou op die oomblik aan kan dink maar my liefde vir God moet nog baie meer as dit wees.

Jy sien Jesus sê.

MAT 10:37  “As iemand sy pa of ma liewer het as vir My, is hy nie werd om my volgeling te wees nie. En as iemand sy seun of sy dogter liewer het as vir My, is hy nie werd om my volgeling te wees nie.

Jy sien, God het Sy alles gegee om my te red van die ewige helse dood.

JHN 3:16-18 “God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die mense te kom veroordeel nie maar om hulle te kom red.

18“’n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar ’n mens wat nie hierdie vertroue het nie is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van God is in wie hy nie wou glo nie.

So vir my is dit net “common sense,” dat my liefde vir ons Here ‘n liefde sal wees, wat ondergeskik is aan geen liefde wat ek vir enige iemand anders, of niks anders voel nie.

Kyk hoe sê Jesus moet ons liefde vir God wees:

MAT 22:37-38 Jesus antwoord toe: “Die belangrikste is waar God gesê het: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en verstand.’ 38Dit is die belangrikste en die eerste bevel wat God ons gegee het.

Ek moet ook tog nie dink dat ek God om die bos lei omdat ek gereeld kerk toe gaan of baie geld vir liefdadigheid gee en baie goeie dade doen nie.

My dogter sal dit so stel:

“Jy “impress” God nie die minste nie.”

Kyk wat sê Jesus vir die sulkes, wat God op die manier wil imponeer:

LUK 11:42-44 “Maar julle Fariseërs sal nog swaarkry! Julle gee mos ’n tiende van al die blaartjies van die kruie wat julle afpluk—selfs van kruisement en wynruit—maar julle steur julle nie daaraan om mense reg te behandel en om God lief te hê nie. Dit is juis hierdie belangrike dinge wat julle moet doen, terwyl julle die ander wat minder belangrik is ook nie moet verwaarloos nie.

43“Julle Fariseërs, julle sal nog swaarkry! Want in die sinagoge wil julle graag op die beste sitplekke sit. En julle hou daarvan as mense julle met eerbied groet op die mark.

44“Julle sal nog swaarkry, want julle is soos grafte in die grond wat nie gemerk is nie. ’n Mens kan bo-oor loop sonder om te weet dat daar ’n graf met soveel verrotting onder jou voete is.”

Hoe sê Jesus, Wat moet ons doen as ons Hom liefhet?

JHN 14:15 “As julle My liefhet, sal julle doen wat Ek vir julle gesê het.”

JHN 14:21 Iemand wat my bevele aanneem en hulle gehoorsaam, is iemand wat My liefhet. As iemand My liefhet, sal my Vader hom liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en hom al duideliker wys wie Ek is.”

Wat is hierdie bevele van Hom wat Jesus hiervan praat?

MAT 22:35-40 Een van hulle, ’n deskundige oor die wet, vra toe vir Jesus ’n strikvraag: 36“Meneer,” wou hy weet “wat is die belangrikste ding wat God ons in die wet beveel het.”

 37Jesus antwoord toe: “Die belangrikste is waar God gesê het: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en verstand.’ 38Dit is die belangrikste en die eerste bevel wat God ons gegee het. 39Daar is ’n tweede een wat net so belangrik is, en dit is: Jy moet jou medemens net so liefhê as wat jy jouself liefhet.’ 40Die hele Skrif is gegrond op hierdie twee bevele van God.”

Vir baie mense is die tweede gedeelte in hierdie bevele van Jesus ook ‘n groot probleem.

Hoe kan ek die tweede gedeelte van hierdie gebooie van Jesus nakom?

Vir die ware kind van God is dit eintlik eenvoudig.

Paulus verduidelik dit so.

ROM 13:9-10 9 Die wet sê: “Jy mag die huwelik nie verbreek nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie lieg nie, jy mag nie iets van iemand anders begeer nie.” Daar mag nog baie ander wette ook wees, maar hulle almal saam word uitgedruk in een wet wat sê: “Jy moet ander mense net so liefhê as vir jouself.” 10Iemand wat sy medemens liefhet, sal hom nie iets verkeerds aandoen nie. As ’n mens dan ander mense liefhet, doen jy wat die wet wil hê.

Verder sê Johannes vir ons die Volgende.

1JHN 4:19-21 Dit is omdat God ons eerste liefgehad het dat ons ook vandag vir Hom en vir ander mense kan liefhê. 20As ’n mens sê: “Ek het God lief,” maar hy hou aan om sy broer te haat, is hy ’n leuenaar. Want as hy sy broer vir wie hy kan sien, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nog nooit gesien het nie? 21Daarom het God ons beveel dat ’n mens Hom moet liefhê, maar jy moet ook jou broer liefhê.

So, if I love Him, in my talk, let it also be my walk.

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:   www.sakkieparsons.co.za

Sel:                083 457 6669