HET JESUS BESTAAN EN WAS, OF DAN, IS HY VOLMAAK? DEEL 2

HET JESUS BESTAAN EN WAS, OF DAN , IS HY VOLMAAK?
DEEL 2

Sakkie Parsons

In my vorige skrywe in hierdie reeks, oor ‘n vraag wat aan my gestuur was, het ek gewys dat Jesus vir seker volgens buite-Bybelse bewyse, wel gelewe het en gekruisig is.

In hierdie skrywe wil ek in kort met jou deel oor ons Here se Godheid. Want, as Hy nie God wat mens geword het, is nie, kan Hy ook nie jou en my Verlosser en Saligmaker wees nie.

Onthou ook dat die paar bewyse wat ek met jou deel, uit die geweldig baie is wat ek kon gebruik om uit te wys dat ons Jesus, God Almagtig is, met ander woorde, ook volmaak is. Dat dit vir ons neergeskryf was deur mense wat dit saam beleef het en dat hulle almal ter wille van dit wat hulle verkondig het, dit onverskrokke tot die dood toe bly verkondig het, al was feitlik almal van hulle op die wreedste wyses gemartel en toe vermoor oor dit wat hulle verkondig het, en het nie een van hulle ooit afgewyk, of mekaar weerspreek nie.
Een van die sprekendste uitsprake oor Jesus se Godheid, wat vir ons in die Woord gemaak word, waar Jesus self nie by betrokke is nie, vir my persoonlik, is die volgende:

JHN 1:1-5 
1 Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan.  Die Woord was by God,, en die Woord was self God.
2  Hy was reeds in die begin by God.
3  Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.
4  In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.
5 Die lig verlig die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie.

JHN 1:14  En die Woord het mens geword en by ons kom woon.  Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ‘n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.

Dan was daar dié kere waarvan ek met jou een deel, toe die Jode Jesus wou stenig, oor iets wat Jesus gesê het:

JOH 10:30 “Ek en die Vader is één."
JOH 10:31 Die Jode het weer klippe opgetel om Hom te stenig.”

Die rede waarom hulle Jesus wou stenig, was natuurlik omdat Jesus gesê het Hy is God en dit, in hulle boek, was godslastering en die Mosaïese wet, wat die fondament van hulle godsdiens was, sê so iemand moet gestenig word:

LEV 24:16 “ En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.”

Nie net het Jesus gesê dat hy God is nie. Toe, na al die wonderwerke wat Hy gedoen het, toon Jesus ook aan die wêreld dat selfs ook nie die dood, mag het oor Hom nie:

LUK 24:1-9
1 Douvoordag op die Sondagoggend het die vroue na die graf toe gegaan met die aromatiese olie wat hulle voorberei het.
2 Daar aangekom, kry hulle die steen weggerol van die ingang van die grotgraf af.
3 Hulle het ingegaan, maar nie die liggaam van die Here Jesus daar gekry nie.
4 Hulle was heeltemal uit die veld geslaan daaroor.  Skielik staan daar tussen hulle twee mans met helder blink klere aan.  
5 Die vroue was verskrik en het hulle gesigte afgebuig grond toe.  Die mans sê vir hulle:  “Waarom soek julle die lewende tussen die lyke? 
6 Hy is nie meer hier nie, maar is opgewek.  Onthou julle hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het:  
7 “Die Seun van die Mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word en op die derde dag weer opstaan?”
8 Hulle het toe sy woorde onthou, 
9 en teruggedraai van die graf af en al hierdie dinge aan die elf en al die ander vertel.

Nie net het Sy dissipels en baie van Sy volgelinge Hom weer na Sy opstanding gesien en met Hom gesels nie, maar toe sien hulle ook hoe Hy opvaar na die Hemel:

HAN 1:9-11
9 Hy het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk.  Hy het in ‘n wolk verdwyn.
10 Toe Hy wegraak en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan.
11 Die twee mans sê toe:  “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk?  Jesus is van julle af weggeneem die hemel in.  Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!”

Sommer vir die interessantheid daarvan het ek al gewonder of die twee manne wat by Jesus se opvaar na die Hemel, met Jesus se volgelinge gepraat het, dieselfde twee manne was wat ‘n tyd gelede by die graf, ook met Jesus se volgelinge gepraat het.
Die Christen godsdiens is die enigste godsdiens in die wêreld waar God, in Sy groot liefde, eerste uitgereik het na die mens, en nie anders om nie:

GAL 4:4  Maar toe, op die regte tyd, het God sy Seun gestuur.  Hy is uit ‘n vrou gebore, onder die wet,
GAL 4:5 sodat Hy hulle wat onder die wet is, kan vrykoop.  Ja, sodat ons tot kinders aangeneem kan word.

Want sien – net ‘n volmaakte offer kon vir eens en altyd, jou en my, aanvaarbaar vir God maak:

2KOR 5:21  God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word.

Luister wat getuig Petrus oor ons Verlosser en Saligmaker, Petrus wat homself nie werd geag het om soos sy Here gekruisig te word nie en toe kop onderstebo gekruisig is, omdat hy hierdie Evangelie verkondig het en bereid was om daarvoor te sterf:

2PET 1:1 “Hierdie brief kom van Simon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan julle almal wat dieselfde kosbare geloof as ons het. Julle het hierdie geloof ontvang van Jesus Christus, ons God en Verlosser. Hý het julle regverdig verklaar.”

Nadat ek geskryf het wat ek in hierdie kort reeks van twee gedagtes uit die Woord geskryf het, en jy wat ek geskryf het, gelees het, is die vraag:

“Wat doen jy en ek met ons lewens waarvoor Jesus Christus, God wat mens geword het,  die prys vir ons sondes aan die kruis op Golgota betaal het?”

Jy sien, ons kan Hom nie ignoreer nie.

Ons kan ook nie neutraal teenoor Hom staan nie.

Want Hyself sê:

MAT 12:30  “Wie nie aan my kant is nie, is teen My.  …”

Soos ek die Woord, dit is die woorde van God aan die mens, verstaan, is daar, wat God aanbetref, net twee groepe mense in die wêreld:

Dié wat Jesus Christus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker,
      en dié wie dit nie gedoen het nie. Volgens hierdie selfde Woord, dit is die woorde van God aan die mens, is die realiteit waarvan jy en ek kennis moet neem, wat die hiernamaals aanbetref en waar ek dit gaan deurbring, dit:

HAN 4:12 "Daar is geen redding by iemand anders nie.  Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om gered te word nie.”

Luister –

Indien jy nog nie vir Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker nie – Jy het van Jesus Christus, God wat mens geword het, gehoor. Jesus se Evangelie het deur God se liefdevolle, groot genade by jou ook uitgekom. Wat doen jy omtrent Jesus, God wat mens geword het, wat nou by die deur van jou hart staan en klop?

OPG 3:20  “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As jy My stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.”

Groete,
Sakkie