HIERDIE JESUS WAT VAN JULLE OPGENEEM IS IN DIE HEMEL, SAL NET SO KOM SOOS JULLE HOM NA DIE HEMEL SIEN WEGVAAR HET

HIERDIE JESUS WAT VAN JULLE OPGENEEM IS IN DIE HEMEL, SAL NET SO KOM SOOS JULLE HOM NA DIE HEMEL SIEN WEGVAAR HET

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my as volg:

“2 KON 2:11  Elia het opgevaar Hemel toe – maar volgens JOH 3:13:  Niemand op Aarde was al in die Hemel behalwe Hy wat uit die Hemel gekom het nie.
Dit is nie so duidelik vir my nie?“

Kom ons lees net eers gou weer Johannes 3:13 maar nou nie apart nie maar in konteks.

Hoekom wil ek dat ons dit nou in konteks moet lees?

Want hierdie is ‘n uitstekende voorbeeld van hoeveel verwarring satan kan strooi, as iemand, soos wat daar baie is, ‘n hele evangelie bou, deur net een vers te neem en net wil verkondig wat sy of hy in daardie vers/gedeelte lees en so ‘n hele nuwe evangelie maar nie die evangelie van Jesus Christus verkondig nie.
.
Nou goed.
Ons lees:

JHN 3:10-15 
10  Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
11  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Eers sê Jesus, dat Hy nie verkondig op hoorsê getuienis nie maar Hy verkondig wat Hy weet en wat Hy persoonlik gesien het:

JHN 3:11  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.

Dan kom ons by vers 13

JHN 3:13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

Jesus sê hier en nou gebruik ek my woorde:
Ek was daar.
Ek het gesien en ek weet – daarom praat Ek aste ware met julle uit die hemel, om dit so te stel, uit die huis uit.
Nog nooit het iemand met julle gepraat wie uit die hemel uit gekom het – en weer daarheen sal teruggaan nie:

JHN 3:13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

Ek, Jesus wie nou met julle praat, kom uit die Hemel en ek, Jesus, sal weer – nadat ek Myself vir alle mense wie My wil aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker aan ‘n kruis geoffer het –  na die hemel van hierdie aarde af terugkeer:

JHN 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
JHN 3:15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Om dan op te som:

Johannes getuig nie hier, dat Jesus sê niemand het ooit na die hemel opgevaar nie, want Henog en Elia byvoorbeeld, weet ons uit getuienis uit die Woord, het in lewe na die hemel gegaan:

GEN 5:24  En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

2KON 2:11  En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.

Wat ons dus in Johannes 3:13 lees, wat Jesus vir ons sê, is dat niemand buiten Jesus het ooit uit die hemel neergedaal en as mens tussen die mense beweeg en hulle geleer nie, buiten Hyself – en Hy het nie net uit die hemel gekom en ons geleer nie, maar Hy gaan ook van hierdie aarde af terug na, en die hemel in.

Ek sal egter nie vir jou die volle waarheid uit die Woord gewys het, as ek nie ook met jou die volgende uit ons Here se kosbare heilige word deel nie:

Ons Here Jesus het uit die hemel na die aarde neergedaal, om ons wie in Hom glo, en Hom aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, te red.  Soos ons ook in Johannes 3:14-15 lees:

JHN 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
JHN 3:15  sodat elkeen wat in Hom (Jesus Christus) glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Jesus, wie uit die hemel neergedaal het, het ook soos Hy vir ons gesê het, weer na die hemel opgevaar.

As jy nou lees wat ek vir jou gaan voor hou, onthou ook, dat jy nou ook, die laaste profesie omtrent Jesus, voor Sy wederkoms gaan lees wat nog nie in vervulling gegaan het nie.

Dink dan daaraan –
Dat as al die profesieë wat honderde jare uitmekaar voor Jesus se geboorte oor Jesus geprofeteer was, in vervulling gegaan het – en dat hierdie profesie nie soos al die ander deur mense geprofiteer was nie maar deur hemelse wesens.  Wel dan kan jy seker wees dat ook hierdie profesie wat deur Johannes 3:13 onderstreep word, ook in vervulling sal gaan:

HAN 1:9-11 
9   En nadat Hy (Jesus) dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

10  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

11  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel?
Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

Onthou jy wat jy hier bo van Johannes3 vers 13 tot 15 gelees het?
Kom ons lees dit net gou weer en dan lees ons sommer verder tot by vers 18:

JHN 3:13-18 
13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

Het jy al vir Jesus aangeneem as jou Verlosser en Saligmaker?

Lees net gou ook hier wat sê ons Here in Sy kosbare heilige Woord van almal wie Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker:

JHN 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

 

Groete,
Sakkie