HOE HEERLIK OM KIND VAN GOD TE WEES

HOE HEERLIK OM KIND VAN GOD TE WEES

Sakkie Parsons

Handelinge 1 vers 8

8 Maar as die Heilige Gees na julle toe gekom het, sal God julle die krag gee om mense van My te vertel in Jerusalem en in die hele gebied van Judea en Samaria en tot in die verste lande van die wêreld.”

Iemand stuur vir my die versie en toe dink ek weer hoe lekker dit is om ‘n kind van God te wees.

Dit is so lekker, jy wil oor Hom praat, jy wil oor Hom getuig.  Dit is so lekker jy wil eintlik Sy slaaf wees. Jy wil Hom dien uit jou liefde vir Hom.

1 Korintiërs 7:22-23

22 ’n Slaaf wat deur die Here tot bekering geroep is, is nou ’n vry man wat aan die Here behoort. Net so het ’n vry man wat deur die Here tot bekering geroep is eintlik ’n slaaf van Christus geword.

23 God het duur vir julle betaal. Moet dan nie ’n slaaf van mense word om mense tevrede te probeer stel nie.

 

Jesus verwag van ons dat ons Sy getuie sal wees.

Matteus 10:32-33

32“As iemand openlik voor die mense erken dat hy aan My behoort, sal Ek ook openlik voor my Vader wat in die hemel is, sê dat hy aan My behoort.

33. Maar as iemand voor die mense sê dat hy My nie ken nie, sal Ek ook voor my Vader in die hemel sê Ek ken hom nie.”
                 

Groete,
Sakkie