HOE HET JESUS OPGETREE TOE SY MOORDENAARS HOM WREED VERMOOR HET?

HOE HET JESUS OPGETREE TOE SY MOORDENAARS HOM WREED VERMOOR HET?

Sakkie Parsons

Iemand het aan my geskryf en my gevra, wie my naaste is.
Ek het toe my antwoord an die persoon gestuur, wat ek ook aan jou op aanvraag sal stuur.
Toe skryf die persoon weer aan my min of meer as volg:

“Nou is my vraag.
Wat van diegene wat ons mense so martel, en wreed vermoor?
Vrouens en kinders wat vermoor en in stukke gesny word.
Te veel wrede dinge wat aangaan.
Kan dit dan ons naaste wees?
Bid ons vir hulle bekering?
Dis die dinge wat my hart so seermaak.”

Ek deel nou graag my antwoord aan die persoon met jou:

Die eerste wat ek altyd moet onthou, is dat as Christen, is Jesus my norm, of dan die maatstaf wat ek moet gebruik, as ek wil weet hoe ek teenoor ander mense, of dan, my naaste moet optree.
Kom ons kyk net gou na die voorbeeld wat Jesus Christus aan ons gestel het:

LUK 22:63-65 
63 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.
64  En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.
65  En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.

Wat was Jesus se reaksie op hierdie optrede van die mense, tot daar waar hulle Hom aan die kruis vasgespyker het?
Maar net voor ek dit vir jou wys –
Kom ons kyk net gou waaruit het hierdie behandeling van Jesus bestaan, wat jy nou net in  Lukas 22:63-65 gelees het.
Honderde jare van te vore het Jesaja dit so vir ons voorspel en uiteen gesit en ek kwoteer hier net ‘n gedelete maar jy kan die hele Jesaja 53 self gaan lees:

JES 53:3-5 
3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Toe, hoe het Jesus op hierdie behandeling gereageer?

LUK 23:33  En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter— en een aan die linkerkant.
LUK 23:34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Nou.
Wat verwag Jesus van Sy volgelinge en onthou as jy hierdie manne se name lees, dat nie een van hulle volgens ons kennis, vreedsaam natuurlik gesterf het nie.

MAT 4:19-22 
19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20  En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
21  En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
22  En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

Op ‘n ander plek lees ons:

MAT 10:37-40 
37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
40  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Dan laat ons Here vir ons in Sy Woord  by geleentheid deur Paulus skryf hoe ons Hom moet volg deur ons optrede in hierdie lewe, op ons pad na ons ewige tuiste:

EFE 5:1-2
1  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;
2  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.

Asook:

KOL 3:12-15
12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
13  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
15  En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Ek hoor met begrip wat jy skryf, wat jou hartseer maak en ek onthou dan ook, dat daar ten tye van hierdie skrywe elke dag gemiddeld 83 mense in Suid-Afrika vermoor word.
Omdat ek uit die Woord verstaan, dat Jesus net vir een ras aan die kruis gaan hang het en dit is die menseras, het ek nie na die persentasies gaan kyk nie maar ek wonder nou, as jy gaan Google wat jy sal vind, wat is die persentasie  van die verskillende bevolkingsgroepe van daardie 83 vermoorde mense wat daagliks in Suid-Afrika ten skrywe van hierdie antwoord aan jou is.
Ek weet nie hoe lank jy en ek in hierdie verdorwe wêreld die lig moet wees nie.  Want ek weet nie wanneer Jesus gaan kom nie – maar ek weet verseker, dat ons ‘n lig vir hierdie wêreld moet wees:

MAT 5:14-16
14  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
15  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Ek weet wel, dat ons, wie wáre volgelinge van Jesus Christus is, nié na mense om ons moet kyk en soos die grootste gedeelte van die 80% van die bevolking sogenaamde Christene in Suid-Afrika, die mense in die wêreld om ons as ons norm en maatstaf moet gebruik en iets sê soos:
“Dit is wat hulle aan ons doen, so ons kan ook hulle kwaad met ons eie soort Christelike vergelding terug vergeld.”

1PET 3:18  Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie.
Ook Christus het só gely
toe Hy eens en vir altyd
vir ons sondes gesterf het.
Hy het nooit enige sonde gedoen nie;
tog het Hy vir sondaars gesterf
om julle by God te laat tuiskom.
Wat sy liggaam betref,
het Hy gesterf,
maar wat sy gees betref,
is Hy lewend gemaak.

Ek sluit af met die volgende gedeelte uit ons Here se kosbare Woord en onthou, as jy dit klaar gelees het, dat Christen-wees is nie vir geestelike sussies nie maar hoe kan dit ook anders!
Ons is, om dit so te stel deur ons Here met die Hand uitgesoek en as vrywillige soldate vir Hom die wêreld ingestuur:

LUK 9:23-26
23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
24  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
25  Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
26  Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.

Kom jy en ek, wie wáre volgelinge/soldate van Jesus Christus is, doen wat Hy in Sy Woord vir ons laat skryf het wat ons moet doen:

EFE 6:10-18 
10 Eindelik, my broeders, (en susters) word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
14  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
18  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

Groete,
Sakkie