HOEKOM GEBEUR SLEGTE GOED MET MY AS KIND VAN GOD?

HOEKOM GEBEUR SLEGTE GOED MET MY AS KIND VAN GOD?

Sakkie Parsons

Hoekom gebeur daar soms met ons dinge, wat nie lekker is nie en wat ‘n mens sou sê nie met ‘n kind van God behoort te gebeur nie, want ons is mos Sy kinders?

Ek wil jou iets in die boek Job in die Bybel wys:

JOB 1:1-12
1 Daar was ’n man met die naam Job. Hy het in die land Us gewoon. Hy het onberispelik geleef en was ’n man met integriteit. Hy het God gedien en nie die verkeerde gedoen nie.
2 Hy het sewe seuns en drie dogters gehad.
3 Hy het ook 7 000 skape, 3 000 kamele, 500 spanne trekosse, 500 donkiemerries en baie slawe gehad – sowel mans as vroue. Hy was die rykste man in daardie omgewing.
4 Elke jaar wanneer een van sy seuns verjaar het, het hulle die ander broers en die drie susters genooi om saam te kom partytjie hou. Dan het hulle vrolik saam geëet en gedrink.
5 Ná so ’n partytjie, wat soms vir ’n hele paar dae aangehou het, het Job sy kinders gereinig. Dan het hy vroegoggend opgestaan en vir elkeen van hulle ’n brandoffer gebring. “Miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.” So het Job elke keer gedoen.
Job se eerste toets
6 Eendag het die hemelwesens* voor die Here kom staan. Die aanklaer was tussen hulle.
7 “Waar was jy heeltyd?” vra die Here vir die aanklaer. Die aanklaer antwoord die Here: “Ek het heen en weer oor die aarde gereis en gekyk wat daar aangaan.”
8 Die Here vra toe vir die aanklaer: “Het jy vir Job opgemerk? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy aanbid My en vermy die kwaad.”
9 Die aanklaer sê toe vir die Here: “Ja, dit is so. Job dien die Here. Maar hy het goeie rede om dit te doen!
10 U het hom, sy huisgesin en sy eiendom nog altyd net beskerm. En U het hom voorspoedig gemaak in alles wat hy aanpak. Kyk net hoe ryk is hy!
11 Maar reik nou uit en vat alles wat hy het. Hy sal U verseker in u gesig vloek!”
12 “Goed, jy mag hom toets,” sê die Here vir die aanklaer. “Doen net wat jy wil met alles wat hy besit. Jy mag hom net nie fisies skade aandoen nie.” Die aanklaer is toe weg van die Here af.

Eers sien ons dat Job God nie net gedien het toe hy min gehad het nie maar hy het nie
links of regs afgewyk van om vir ons Here te leef nie, selfs nie toe hy die rykste man in die land gewees het nie.

JOB 1:3 Hy het ook 7 000 skape, 3 000 kamele, 500 spanne trekosse, 500 donkiemerries en baie slawe gehad – sowel mans as vroue. Hy was die rykste man in daardie omgewing.

Nou begin God met satan oor Job praat.
Let op, satan het nie eerste oor Job gepraat nie, God het eerste oor Job begin praat.

JOB 1:8 Die Here vra toe vir die aanklaer: “Het jy vir Job opgemerk? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy aanbid My en vermy die kwaad.”

Wat ek nou sê, sê ek met al die nodige respek teenoor ons Here en daar gaan sekerlik
mense wees wat nie met my woordgebruik gaan saamstem nie maar ek kan God se
woorde nie anders as ‘spog met Sy kind’ noem nie.  Of dan sommer “plain” weg “brag.”

JOB 1:8  …Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy aanbid My en vermy die kwaad.”

‘n Ouer Vertaling stel dit so:

JOB 1:8  … Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

Nou is dit ook nodig dat ons sal onthou, dat ons Here alwetend is en Hy het presies
geweet wat satan se reaksie gaan wees.
Jy kan maar sê, ons Here het vir satan ‘n strik gestel en satan het pens en pootjies daarin beland.
Jy sien, God is ons Vader en ek glo soos ons Vader, wil Hy ook graag trots op ons wees – Soos wat ons duidelik hier in Job se geval kan sien.

Elke Ma en Pa wat lees wat ek nou geskryf het sal baie goed verstaan wat ek bedoel.
Amper iets soos die volgende:
Toe my dogters nog in die Laerskool gewees het, die een in standerd 4 en die een in
standerd 5, het ek gereeld as ek met mense gesels, vir hulle gevra of hulle gesien of
gehoor het hoe goed die meisies tennis eerste span van die skool is en as hulle dan in
my strik trap deur te sê ek moet vertel, dan was my eerste woorde gewoonlik:
“50% van die span bestaan uit lede van die Parsons gesin.”
Baie middae as ek bystaan waar hulle in die Rustenburg se warm somerson oefen, het hulle gekla met:
“Sjoe Pa dit is darem baie warm.”
Asook:
“Sjoe Pa ek is nou baie, baie moeg.”
Alhoewel ek ontsettend lief vir hulle was en is moes hulle nogtans die hele efensessie deurgaan.
Die eindresultaat was, dat hulle presteer en dit geniet het en dat ek ‘n baie, baie trotse Pa gewees het.

Ek sê nie dit is die enigste rede waarom ons beproef word nie maar ek sê, dat Job is
verseker ‘n bewys dat dit ook is waarom ons beproef word.

Ek kyk partykeer na dit wat met my gebeur en dan kom daar ‘n heerlike rustigheid in
my as ek Job onthou, asook dat wat destyds tussen ons Here en satan gebeur het nie
‘n uitsondering op die reël is nie.

Soms as daar dinge met my gebeur en dit geestelik baie warm word en ek geestelik baie moeg word, dan sien ek in die gees my trotse Vader na my staan en kyk.
Dan trek ek in die gees my skouers terug en ek sê in die gees by myself, vir myself:
“Watch” my nou.”

Die satan probeer as ek dit reg verstaan by dit alles nog daagliks om deur woord en daad ons in ‘n slegte lig by ons Vader te stel maar gelukkig sal dit ook nie vir altyd aanhou nie.

OPG 12:10  Toe het ek ’n kragtige stem in die hemel hoor sê:
“Nou het die verlossing en die krag en die koninklike heerskappy van ons God aangebreek, asook die mag van sy Christus.
Die aanklaer van ons medegelowiges is neergegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.

Ons het hierdie heerlike sekere wete, dat ons het nou ‘n Advokaat, ‘n Voorspraak by ons Vader het!

1JOH 2:1  My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.
1JOH 2:2  Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom.

Ons moet net volhard en nie moet opgee nie.

2KOR 1:13  Ons skryf aan julle niks wat julle nie self lees of verstaan nie. Ek hoop net dat julle ten volle sal verstaan.

OPG 12:11  En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het…

Groete,
Sakkie