IETS TE HEERLIK OM TE ONTHOU

IETS HEERLIK OM TE ONTHOU

Sakkie Parsons

Hier is sommer iets heerlik, wat jy kan onthou, wanneer jy weer verneder word, as jy opstaan vir Jesus.

1PET 4:16  Maar as jy swaarkry omdat jy ‘n Christen is, is dit geen skande nie.  Inteendeel, prys die Here vir die voorreg om sy Naam te dra!

Ook as satan uit ‘n ander rigting een van sy “tricks” op jou probeer, onthou dan

JAK 1:2-4 
2 My liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.
3  Julle weet mos:  Wanneer ‘n mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard.
4  Julle moet egter enduit volhard.  Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees.  Julle sal niks kortkom nie.

Behaal die oorwinning oor satan, deur die volgende te onthou en te doen.

JAK 4:7  Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister.  Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.

Weet jy hoekom is dit moontlik en hoef dit nie net by praat te bly nie?

1KOR 15:57  Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!

Groete,
Sakkie