JESUS HET VIR SY MOORDENAARS GEBID EN VIR HULLE GESTERF AAN DIE KRUIS

JESUS HET VIR SY MOORDENAARS GEBID EN VIR HULLE GESTERF AAN DIE KRUIS

 Sakkie Parsons

Iemand skryf en vra aan my:

 “Wie is my naaste wat ek moet liefhê.”

Ek stuur toe my antwoord aan die persoon se vraag en dit is ook die titel van die gedagte uit die Woord naamlik: “Wie is my naaste.”

Wat ek toe gestuur het en wat ek ook met Jesus liefde met jou sal deel as jy dit wil lees.

Toe antwoord die persoon my as volg:

 “Ek verstaan alles wat jy sê, maar ek kan om die dood ie vir iemand bid wat iemand anders martel of vermoor nie.  Ek sal met die HERE daaroor praat en Hom moet vra om my te help.”

Hier is my antwoord aan die persoon wat ek ook graag met jou deel:

Goeiedag,

Jy skryf aan my dat jy alles verstaan.

Met ander woorde, ek neem aan, dat jy weet wat eintlik van jou verwag word en dan skryf jy:

“Ek kan om die dood nie vir sulkes bid nie“

Dit is ‘n leuen waarmee satan jou wil kniehalter om ‘n goeie verhouding met Jesus te hê.

Ons, wie Jesus werklik aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, het Jesus se Heilige Gees in ons.

Hy het nie net vir moordenaars gebid nie.  Hy het soos jy weet, vir Sy moordenaars wat Hom eers gemartel en gespot het, toe gekruisig en met ander woorde weer op die wreedste wyse tot die dood toe gemartel en gespot het – vir hulle het Hy met groot goddelike liefde gebid en nie net het hy vir hulle gebid nie – Hy het hulle marteling en spot verdra en toe ook vir hulle daardie skrikwekkende kruisdood gesterf terwyl Hy vir hulle met Sy groot liefde gebid het.

Lees net weer gou hier:

 LUK 23:33-35

33  En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter— en een aan die linkerkant.

34  En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

35  En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

Ons Here het ons ‘n klein, ‘n baie klein kykie gegee om te lees waaruit Sy mishandeling, marteling en skrikwekkende moord bestaan het.  Vir wie Hy toe gebid het en dit vir Sy moordenaars wat Hom eers so gemartel het – maar nie net vir hulle nie ook vir jou en my.

Lees hier maar jy kan gerus die hele Jesaja 53 gaan lees.  Dit is maar net 12 verse:

JES 53:3-7

Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Onthou jy nog waaruit bestaan hierdie liefde wat ek vir my naaste moet voel?

Ek noem dit mos “compassion” liefde.

Lees net gou weer hier wat sê die woordeboek onder andere van “compassion” liefde wat ek uit die Woord verstaan ek vir my medemens moet voel, al plaas ek hom ook in watter kategorie: en hoekom ek van my naasteliefde as “compassion liefde” praat:

 compassion, medelye, simpatie, empatie, erbarming.

Dit is die liefde waarmee Jesus vir Sy martelare en moordenaars gebid het en dit is die Gees van hierdie Jesus wie ons in ons het.

Jy skryf so mooi en waar.  Ek noem dit mooi, omdat dit die weg is wat ons in gemoedstoestand soos wat jy is moet doen, dat jy met ons Here sal praat en Hom vra om jou te help.

Ek sê vir jou, as jy dit in opregtheid doen, sal Hy jou Help en sal jy ook vir mense vir wie jy nou nie wil bid nie, ook kan bid.

Lees hier en onthou, dit is my en jou Verlosser en Saligmaker Jesus Christus wat hier met jou en my praat:

MAT 5:43-48 

43  Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

46  Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars (dit is die ongelowiges om jou en my) nie ook dieselfde nie?

47  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars (dit is die ongelowiges om jou en my) nie ook so nie?

48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Het jy gesien?

Jy kan en sal in hierdie verband reeds hier op die aarde volmaak kan wees – dit is jou besluit.

MAT 5:48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Nogmaals baie dankie vir jou skrywe en moet jou nie deur mense wie vol haat en bitterheid is, laat beïnvloed nie.

Groete met Jesus liefde en mooi loop.

 Sakkie.

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

   

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.