JESUS SE GOEDHEID EN TROUE LIEFDE DUUR VIR ALTYD

JESUS SE GOEDHEID EN TROUE LIEFDE DUUR VIR ALTYD

Sakkie Parsons

Graag deel ek met die jou hierdie lied wat iemand onlangs aan my gestuur het se pragtige woorde wat ek glo vir jou opnuut besondere betekenis sal inhou.

Hoe bevoorreg is ons om te rus in Jesus se goedheid en troue liefde terwyl ons Hom gedurig dank en ons hele hart en lewe vir Hom gee soos wat Hy Homself vir ons gegee het:

JHN 3:16  God het die mensewêreld só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

1 KRO 16:34 Dank die HERE, want Hy is goed!
Sy troue liefde duur vir altyd.

“Blye versekering, Jesus is myn
O watter vreugde, heerlik en rein
Wedergebore, rein deur Sy Bloed
Smaak ek Sy Vrede in my gemoed.

Dit is my roemtaal, dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied
Dit is my roemtaal, dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied

Volle versekering vrede en rus
Heerlik van Jesus liefde bewus
Met my geloofsoë opwaarts gehou
Rus ek in Jesus liefde en trou

Dit is my roemtaal, dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied
Dit is my roemtaal dit is my lied
Lof wat Jesus ewig sal bied.”

Van watter ‘vrede van Jesus’ praat ons hier?
Die vrede waarvan Jesus self sê:

JOH 14:27  “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.

Mag jy hierdie wonderlike loflied met jou hele hart vir Hom sing en Sy vrede jou vervul.

Groete,
Sakkie