JOU GELOOF IS NIE

JOU GELOOF IS NIE…

Sakkie Parsons

 

Jou geloof is nie die denominasie waaraan jy behoort en in wie se kerkgebou jy op ‘n Sondag gaan sit en na ‘n preek luister nie.

Jou geloof is dit wat jy ná die diens lewe.

Met ander woorde, dit is nie die preek waarna jy luister wat bewys lewer van jou geloof nie maar die preek wat jou lewe vir die wêreld preek, wat bewys, wat jy glo.

As jou woorde sê, dit is wat jy glo.
Laat jou lewe wys, dit is werklik so.

 

MAT 7:20  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
MAT 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

 

Groete,
Sakkie