JY GAAN DIE RES VAN JOU LEWE DAAR DEURBRING

JY GAAN DIE RES VAN JOU LEWE DAAR DEURBRING

Sakkie Parsons

Ons moet baie goed oor ons toekoms dink – ons gaan die res van ons lewe daar deurbring . 

Nie net gaan ons, ons hele lewe hier op aarde daar deurbring nie, maar ons gaan ook die ewigheid daar deurbring – en wat die ewigheid aanbetref, is daar net een van twee plekke waar ons dit gaan deurbring, – óf in die Hemel, óf in die Hel.

Hoe kan ek in die Hemel kom?

Alleenlik deur Jesus Christus aan te neem as my persoonlike Verlosser en Saligmaker.

JOH 14:6 Jesus antwoord hom:Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe;  niemand kom na die VADER, behalwe deur MY nie.”

Hoe kom ek in die hel?

Deur Jesus te ignoreer terwyl jy hier op aarde leef – met ander woorde jou rug op Hom te draai, en/of neutraal teenoor Hom te staan as jy eenmaal van Hom gehoor het – en so Sy grootse liefdesoffer aan die kruis vir jou redding, te minag/ignoreer/nie aan te neem nie.

Wat ek ook verseker kennis van moet neem is, dat as ek van Jesus Christus gehoor het, kan ek nooit meer neutraal teenoor Hom staan nie.  Ek kies dan óf om Hom te volg, óf ek kies om teen Hom te wees

Want om neutraal teenoor Hom te staan, is om teen Hom te staan.

Dit is Jesus wat hier praat:

MAT 12:30  Hy wat nie met My (my volgeling / dissipel) is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

Deur word en of daad sal ek vir Hom wees.

Deur woord:

Deur my woord ja, deur my liefde vir Hom gedwing, sal ek getuig, of Sy evangelie verkondig en so vír Hom wees.

Deur daad:

Deur my daad ja, met ander woorde die wyse wat ek lewe en teenoor my naaste optree, sal ek vír Hom wees maar selfs neutraal, kan geen mens wat van Jesus Christus gehoor het, ooit weer wees nie.

Ek sluit dan af met die volgende uit ons Here se Kosbare Woord:

 1JOH 5:12  Hy wat die Seun (Jesus)  het, het die lewe; wie die Seun van God  (Jesus) nie het nie, het nie die lewe nie.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.