JY GAAN DIE RES VAN JOU LEWE DAAR DEURBRING

JY GAAN DIE RES VAN JOU LEWE DAAR DEURBRING

Sakkie Parsons

Ons moet baie goed oor ons toekoms dink, ons gaan die res van ons lewe daar deurbring. 

Nie net gaan ons, ons hele lewe hier op aarde daar deurbring nie – maar ons gaan ook die ewigheid daar deurbring en wat die ewigheid aanbetref, is daar net een van twee plekke waar ons dit gaan deurbring, óf in die Hemel óf in die Hel.

Jesus het klaar álles gedoen om dit vir ons moontlik te maak om vir ewig in die Hemel te gaan woon en van ons woonplek daar sê Hyself:

JHN 14:2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

JHN 14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

So, daar gaan vir my ‘n woonplek in die Hemel wees as ek hierdie lewe verlaat.

Nou lê die keuse geheel en al by myself:

JHN 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun (Jesus) gegee het,  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom (Jesus) gered kan word.

JHN 3:18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; (hulle gaan na hulle uittrede op hierdie aarde vir ewig by Jesus woon) maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel (en gaan die res van hulle toekoms vir ewig in die hel deurbring) omdat hy/hulle nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

JHN 1:12  Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

Met dit wat ek nou met jou gedeel het in gedagte, gaan dink ‘n bietjie hieroor:

Die meeste mense berei voor vir hulle aftrede se lewe op aarde.  Ek glo jy wie hier lees het ook – Maar baie min mense berei voor vir hulle lewe se uittrede uit hierdie aarde.

Het jy?

Anders gestel.

Weet jy waar jy jou toekoms in die hiernamaals gaan deurbring?

Groete,
Sakkie