JY IS HIER MET ‘N GODDELIKE DOEL

JY IS HIER MET ‘N GODDELIKE DOEL

Sakkie Parsons

“We must remember that we are spiritual beings having an earthly experience.”

Toe ek hierdie gesegde lees wat iemand aan my gestuur het, het my gedagtes gegaan na ‘n hele paar gedeeltes in die Woord, en ek gaan nou vir jou enkele van die gedeeltes kwoteer en dan sal jy sommer die verband sien:

JHN 18:36  Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie.  As my heerskappy van hierdie wêreld was, sou my onderdane hard gestry het sodat Ek nie aan die Joodse owerhede uitgelewer sou word nie.  Maar nou is my heerskappy nie van hier nie.”

JHN 15:18  “As die wêreld julle haat, weet net dat hy My voor julle reeds gehaat het.
JHN 15:19  As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het.  Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld;  daarom haat die wêreld julle.”

Natuurlik is daar mense wat dit nie verstaan nie, want jy kan dit net werklik verstaan as jy Jesus Christus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker.

As jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, neem Sy Gees van jou besit en dan eers maak jou bestaan in hierdie wêreld werklik sin.

JHN 14:16  “En Ek sal die vader vra en hy sal vir julle ‘n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees;
JHN 14:17  dit is die Gees van die waarheid.  Die wêreld is net nie in staat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie.  Julle ken Hom egter omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon.”

JHN 16:13  “Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid.  Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor.  Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel.
JHN 16:14  Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My ontvang het, aan julle meedeel.

Ja, dan eers maak jou geboorte, lewe en liggaamlike sterwe werklik sin. Daarom dan ook dat ons Here in Sy Woord dit so verduidelik:

1KOR 1:18  Ek besef hoe belaglik die boodskap van die kruis moet klink vir hulle wat verlore gaan.  Maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
1KOR 1:19  Soos die Skrif sê:  “Ek sal die wyse mense se wysheid tot niet maak;  en die skerpsinniges se briljante idees sal Ek van die tafel vee.”
1KOR 1:20  Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld?  God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is.
1KOR 1:21  Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red.

Dan besef jy, dat jy in hierdie lewe maar net ‘n bywoner is, ‘n reisiger, ‘n pelgrim op pad na jou ewige Tuiste:

1PET 2:11  “Geliefdes, omdat julle uitlanders en bywoners is, waarsku ek julle om nie aan julle natuurlike geneigdheid toe te gee nie.  Dit verwoes net ‘n mens se lewe.

As kind van God besef jy dan dat jy op pad is na jou ewige bestemming, waar jy mede-erfgenaam saam met Christus van die hele skepping en al die heerlikheid wat daarmee gepaard gaan, gaan wees:

ROM 8:16  Want die Gees self bevestig die getuienis van ons eie gees dat ons God
      se kinders is.
ROM 8:17  en as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename.  Saam met Christus deel ons in God se rykdom.  As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.

So – mede pelgrim, gaan hierdie dag in met die wete:

Daar is ‘n doel waarom jy is wie jy is, waar jy is en dit is nie sommer ‘n hierjy se doel nie, dit is ‘n Goddelike doel.

Sê dan ook vir jouself:

"I must remember that I am a spiritual being having an earthly experience."

Groete,

Sakkie