IS KERSFEES HEIDENS?

IS KERSFEES HEIDENS?

Goeiedag al my lesers.
Ek deel graag met julle die volgende.

Ek het ‘n skrywe oor Kersfees wat deur Ron Hutchcraft geskryf was met al my lesers gedeel en toe, al was dit baie min, ‘n bietjie negatiewe terugvoer gekry.
Ek het dit nou goed gedink om met jou te deel wat ekself uit die Woord verstaan, hoekom dit nie verkeerd is om Jesus se geboorte hier op aarde deur Kersfees te herdenk nie en ja, hoekom dit ‘n wonderlike instelling en geleentheid is, om mense juis in hierdie tyd wanneer baie meer nie-christene bewus van Jesus is te vertel van Jesus, God wie mens geword het en na ons neergedaal het.
Op Golgota vir ons geoffer is.
Die dood oorwin het en so die dood doodgemaak het en dit vir ons moontlik gemaak het om vir ewig by Hom te woon.
Ek wil net noem, dat ons nie weet wanneer Jesus gebore is nie maar ons weet verseker, dat dit nie in Desember sou gewees het nie.  Want daardie tyd van die jaar is die in Israel heeltemal te koud vir skaapwagters om in die veld met hulle skape te wees.
Wat gebeur het is soos ek dit verstaan en glo, dat in Europa was hierdie tyd van die jaar ‘n groot heidense fees altyd gewees en dan was baie mense van die omgewing in die stede en dorpe by mekaar om hulle fees te vier en soos ware Christene maar is:

2TIM 4:2  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
2TIM 4:3  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
2TIM 4:4  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
2TIM 4:5  Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Ja, toe het die ware Christene toe ‘n geleentheid gesien om die ware liefdesevangelie van Jesus Christus met hulle te deel en toe doen hulle dit weer die volgende jaar en weer die volgende jaar en siedaar, dit word ‘n instelling.  Wat ongelukkig vandag deur die wêreld geweldig uitgebuit word maar die meeste Christene het deel aan hierdie verwêreld van ons Christus fees.
Dink ‘n bietjie hier aan en kom ons vergeet nou maar die Kersfees geleentheid tyd maar hoeveel Christene ken jy, wie al ooit met ‘n nie-christen gesels het en toe vir daardie persoon vertel het, dat Jesus na die aarde toe gekom het om vir hulle sonde aan ‘n kruis te sterf en die dood toe dood gemaak het en as hulle Hom aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker, hulle ook eendag verewig saam met Hom in die hemel verewig kan lewe.

Sommer ook net vir die interessantheid daarvan.
Ons weet ook nie wanneer Jesus gekruisig is nie maar gelukkig is die presiese dag en datum wat die Evangelie aanbetref ook nie nodig om te weet nie.
Hier dan volg my siening van hoe ons na Kersfees moet kyk.

IS KERSFEES HEIDENS?

Sakkie Parsons

Ek kry nou die anderdag ‘n e-pos waar iemand so ‘n bietjie uitvaar teen Kersfees.
Dan gaan die persoon aan en vertel dat die kersboom en die dag waarop ons Kersfees vier en die versiersels aan die boom alles hul oorsprong in heidense gebruike het en natuurlik is dit waar.
My kommentaar daarop is:
“So what.”
Lees gou hier hoe Paulus heidense omstandighede omgedraai en dit tot eer van die Evangelie van Christus gebruik het.

HAN 17:21-28 
21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.
22  Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
23  Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
24  Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
25  Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
26  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
27  sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
28  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Nie net gebruik Paulus ‘n heidense voorwerp en lewer dan sommer ‘n preek daaroor nie. Hy gebruik sommer heidense digters se woorde aste ware as teksgedeelte in sy preek.

HAN 17:28  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Wat is ‘n afgod?
Niks!
Wat is ‘n heidense heilige dag?
Niks!
Wat is ‘n heidense fees?
Niks!
Al hierdie goed is niks, totdat jy iets daarvan maak.
Ek en derduisende ander Christene weet nie op watter dag van die jaar Jesus
gebore is nie maar ons wil graag Sy geboortedag hier op aarde herdenk.
Nou vier ons dit op die 25ste Desember en ons maak dit in ons harte ‘n
spesiale dag.
In Paulus se tyd was daar mense wat ‘n probleem gehad het met mense wat
vleis geëet het wat aan afgode geoffer was en toe sê Paulus ook net soos
wat ek ook hier bo geantwoord het, net in ander woorde:
“So what.”

1KOR 8:3-7 
3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.
4  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
5  Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is—
6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
7  Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.

So, moet nie dat die mooi wat jy van Kersfees maak, deur allerlei gemors
besoedel word nie.

1TIM 4:4-7 
4 Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
5  want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.
6  As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ‘n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ‘n navolger geword het.
7  Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.

As ek nou verwaand klink, is dit terwille van die evangelie van Jesus Christus
wat ek verkondig maar ek wil jou aanmoedig om na Kersfees te kyk soos ek
daarna kyk –

Wanneer ek ‘n kersgeskenk toedraai, herdenk ek daardie groot Kersgeskenk
van God aan my.
Dáárdie Geskenk wat Hy in doeke toe laat draai het en toe, aste ware in ‘n
krip na ons uitgehou het.
Ja, met al die liefde van die enigste waaragtige God na my uitgehou het.

Wanneer ek my kersgeskenk oopmaak en die heerlike vreugde daarvan
geniet, herdenk ek daardie grootste Kersgeskenk van alle tye, wat vir my op
Golgota aan die kruis oopgemaak was, sodat ek die heerlike vreugde van die
ewige lewe kan geniet.
As iemand by my huis instap en hy of sy sien die boom met die liggies en
mooi goedjies aan, weet hulle daardie boom staan daar omdat dit Kerstyd is
en ek herdenk die verjaarsdag van my Jesus en ek verkondig Hom as
gekruisigde  totdat Hy kom, of totdat Hy my kom haal.

Ek het in die Kerstyd nie heidense niks gedagtes in my hart nie.

Natuurlik is daar om my die mense wat iets onchristelik van Kersfees maak maar dit gaan my nie verhinder om Kersfees heerlik met Jesus in gedagte te vier nie.

In my hart is net die gedagte aan Jesus en soos Paulus wil ek ook niks anders weet as ek en my geliefdes bymekaar kom nie, as Jesus se liefde vir my en my liefde vir Hom en dan ook my liefde vir my geliefdes om my.

1KOR 2:2  want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
                 

Groete
Sakkie