KYK MET JOU HART

KYK MET JOU HART

Sakkie Parsons

Ek het met iemand gesels oor, dat ons liewer met ons harte na mekaar moet kyk en nie met ons oë nie.
Toe skryf die persoon aan my die volgende pragtige e-pos:

'n Blinde vrou, Joan Brock, het die volgende woorde gesê:

People say the following:  "The eyes are the window to the soul ".
But if you ask me..:  True vision comes from the heart. 
Courage, Friendship, Faith and Love
cannot be seen, but they are éverything…

Is dít nou nie pragtig nie!  'n Mens kan nie Moed, Vriendskap, Geloof en Liefde sien nie – maar hulle is álles in jou lewe en dít het ons VADER in ons harte gegee.  True vision comes from the heart.

Kyk net hoe mooi wys die Woord dit vir ons:

GAL 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Alles dinge wat jy nie met jou oë kan sien nie.

Baie van hierdie dinge kan vir die oë geveins word maar uiteindelik geld die volgende volgens Jesus:

MAT 12:34  … Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.

MAT 12:35  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

Dit is natuurlik ook daar waar ons Here kyk en nie om die bos gelei word nie.

Jesus sê dan ook by geleentheid:

MAT 15:8  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

Tot sover die e-pos wat aan my gestuur gewees het.

Hoe heerlik is dit nie om as Christen, nie ons leesbril of so iets op te hê as ons na ander mense kyk nie, maar ons “Hart bril.”

As jy en ek poog om van ons kant af met ons hart so na ander mense te kyk, kyk ons op dieselfde wyse na mense wat ons Here na ons kyk en het ons ook hierdie heerlike wete:

FIL 4:7  … Omdat julle aan Christus behoort, sal
die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.

So my vriendin/vriend, hou jou “hart bril” se lense mooi skoon en rein en moet dit nie vir ‘n ander tipe bril verruil nie.  Want, sê die Woord, dan sal jy God sien:

MAT 5:8 Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, (wat ook op daardie wyse na die mense om hulle kyk) want hulle sal vir God sien.

Ek som alles wat ek nou met jou gedeel het op met die volgende uit die Woord:

KOL 3:14 Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam.

“n Ouer Vertaling stel hierdie groot waarheid so:

KOL 3:14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Groete
Sakkie