LAAT ONS DAN VOL VERTROUE NA DIE TROON VAN GOD TOE GAAN

LAAT ONS DAN VOL VERTROUE NA DIE TROON VAN GOD TOE GAAN

Sakkie Parsons

"If you're headed in the wrong direction, God allows U-turns."

Hierdie gesegde wat iemand vir my gestuur het, het my op die volgende gedagte gebring wat ek graag met jou wil deel:

NEH 1:9  “Maar as julle dan weer na My toe terugkom en my bevele gehoorsaam en daarvolgens leef, sal Ek julle weer daar gaan haal, selfs uit die verste uithoeke van die aarde en Ek sal julle terugbring na die plek wat Ek uitgekies het om daar aanbid te word.”

Ek moet egter ook onthou dat ek nie, jy kan maar sê, met God se genade kan mors nie.
Jy sien, soos ek vantevore al in ‘n e-pos geskryf het – Daar kom ‘n tyd, as ek aanhou om die verkeerde te doen, dat ek weens my hardkoppigheid en geestelike balhorigheid, soos hulle in Engels sê: “Past the point of no return” gaan.

HEB 6:4-6  Dit is nie moontlik om mense wat aan God ontrou geword het, weer te laat berou kry nie. Want kyk wat het God alles vir hulle gedoen: Hy het sy lig in hulle harte laat skyn, en die dinge wat Hy vir ons gee, kon hulle ondervind. Hulle het deel gehad aan die Heilige Gees 5en geleer hoe goed die woord van God is. Die krag van die nuwe wêreld wat aan die kom is, het hulle reeds ondervind. 6As hulle ten spyte van dit alles niks met God te doen wil hê nie. Is dit nie moontlik om hulle weer van nuuts af tot bekering te bring nie. Want wat hulle eintlik gedoen het, is om die Seun van God weer teen die kruis te spyker en belaglik te maak.

Ek wil my haas om net hier by te voeg dat ek dink dat ons Here anders kyk na iemand wat byvoorbeeld ‘n verslaafde is, solank die verslaafde nie lewe as of die verslawing die norm is nie, maar gedurig daaraan werk.

HEB 4:12 Want as God vir ons iets sê, het dit lewe en krag. Sy woord is skerper as ’n vlymskerp swaard wat tot in murg en been sny, want dit dring in die siel en gees van ’n mens in en wys hoe sy diepste begeertes en gedagtes lyk. 13Hier is dit met God wat ons te doen het. Daar is nie ’n ding wat vir Hom weggesteek kan word nie. Hy sien alles asof dit oop en bloot voor Hom oopgesprei lê.

Jesus is die werklike Hoofpriester
14 Ons moet vashou aan die dinge wat ons glo. Want ons het ’n besondere Hoofpriester, Jesus, die Seun van God, wat selfs in die hemel ingegaan het. 15 Ons Hoofpriester kan ons swakhede verstaan, want Hy het presies dieselfde versoekinge as ons gehad, maar Hy het nie daaraan toegegee en sonde gedoen nie. 16Laat ons dan vol vertroue na die troon van God toe gaan, want daar sal Hy ons sy liefde en genade gee juis wanneer ons dit nodig het.

Hoe wonderlik om te weet, as ek vandag nog in die verkeerde rigting op pad is, het ek nou, vandág, die geleentheid om ‘n “u-turn” te maak.
                 

Groete
Sakkie