LAAT ONS ONS ONDERLINGE BYEENKONS NIE VERSUIM SOOS SOMMIGE DIE GEWOONTE HET NIE

LAAT ONS, ONS ONDERLINGE BYEENKOMS NIE VERSUIM SOOS SOMMIGE DIE GEWOONTE HET NIE

Skrywer:  Sakkie Parsons

Iemand het my gevra:
“Hoekom moet ‘n mens kerk toe gaan?”
My onmiddellike reaksie is, dat die antwoord in die eerste plek eenvoudig is.
Die Woord, met ander woorde, ons Here sê, dat dit is wat ons, Sy volgelinge behoort te doen.

HEB 10:25  en laat ons, ons, onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Ek deel ook graag met jou die volgende illustrasie.
Kyk as jy weer by ‘n braaivleisvuur staan.
Die kole in die vuur gloei rooi.
Neem nou die kool wat die helderste van almal gloei en sit hom langs die vuur neer.  Onmiddellik begin sy kleur te verflou en sommer gou is daar niks van die rooi gloed wat hy gehad het oor nie, terwyl die kole in die vuur, waar hy gewees het nog net so helder gloei.
Die rede waarom dit gebeur het, is voor die handliggende –
Alleen was die kool nie sterk genoeg teen die koue lug om hom nie.
Die Woord sê vir ons.

EFE 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Om ons is die koue bose geeste in die lug.  Daarom is dit goed om maar in die vuur te bly en terselfdertyd te onthou.

Ek is nie net ‘n dissipel van Jesus nie.
Ek is ook ‘n dienskneg van Jesus en as dienskneg moet ek bereid wees om te werk en te dien.

ROM 12:5  so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
ROM 12:6  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
ROM 12:7  is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
ROM 12:8  of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

Dus: 

HEB 10:25  en laat ons, ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.