LYDING EN SWAARKRY – EENDAG SAL ALLES VIR ONS GLASHELDER WEES EN DAN SAL ONS TEN VOLLE VERSTAAN

LYDING EN SWAARKRY – EENDAG SAL ALLES VIR ONS GLASHELDER WEES EN DAN SAL ONS TEN VOLLE VERSTAAN

Sakkie Parsons

Ons gesels oor:  Lyding

Ek deel graag die volgende skrywe wat iemand aan my gestuur het met jou asook bygaande gedagtes uit die Woord met my persoonlike ondervinding rakende hierdie onderwerp.

Na aanleiding van Job 38 – 39

“The point of God’s questioning is to demonstrate the fact that there are certain things that we do not know as human beings – the ‘secret things’ belong to the Lord our God. This is especially true in relation to the issue of suffering. Theologians and philosophers have wrestled for centuries with the problem of suffering and no one has ever come up with a simple and complete solution.

When you are suffering you will not always be able to work out why. God never told Job why he was suffering (even though we know part of the answer from the start of the book), but he did tell him that there was a good reason. He pointed out to Job that he really knew very little about the universe and asked him to trust God.

The book of Job is not so much about why God allows suffering (theodicy) as it is about the appearance of God in the midst of suffering (theophany), and how we should respond to suffering.
What you do know
In tomorrow’s passage we will see that Job recognised that there are some things ‘too wonderful for me to know’ (42:3). In other words, there are some things that you are never going to know in this life. On the other hand, there are some things that you can know, ‘I know that you can do all things; no plan of yours can be thwarted’ (v.2).

You can know that God is ultimately in control and therefore you can live at peace and confidently trust that, in everything, God will work for the good of those who love him (Romans 8:28).
Lord, I know that you can do all things and no purpose of yours can be thwarted. Help me to have humility about the secret things that I cannot know and to be confident about the things that I can know.”

                                                                                                                                                ***

Ek deel nou graag uit my persoonlike lewe die volgende twee gedeeltes uit die Woord, waarvan die eerste een my oorlogskreet in my binneste is elke keer dat satan my aanval.
As ek dit nou reg het, het ek hierdie vers so tussen 3 en 6 maande na my bekering in 1973 vir myself begin kwoteer, elke keer as iets met my gebeur wat ek nie verstaan nie en die een wat daar op volg is ook een waarmee ek myself dan ook gewoonlik bemoedig.
So met ‘n glimlag.
Jy sal ook merk, dat albei gedeeltes Skrif is wat my groot held Paulus onder leiding van die Heilige Gees geskryf het:

ROM 8:28  En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.

1KOR 13:12  Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ’n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees.
Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.

Paulus moes dit wat jy nou gelees het ook maar op die gewone harde wyse leer soos jy en ek dit ook maar op die harde wyse moes leer en ons leer dit op die harde wyse, omdat daar ‘n satan is, wat dit vir ons so moeilik moontlik gaan maak om op die nou pad te bly.  Want hy wil ons van die nou pad wat deur die poorte van die hemel loop afkry na die breë pad wat in die hel dood die ewige dood loop.

Hy skryf by geleentheid:

2 KOR 12:7-10
7  … Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my te kasty.
8 Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat.
9 Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk.
10 Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk.

Ek het in my nou al meer as 46 jaar vir ons Here werk oor en oor gesien.
Hoe nader ek aan ons Here leef en hoe harder ek vir Hom werk, hoe hewiger is die aanvalle van satan en uiteindelik, maak dit ook net sin.  Want hoe groter ‘n probleem jy vir hom is, hoe harder sal hy probeer om jou uit die pad te kry.
Dit na my mening is ook van die ooglopende redes waarom buiten vir Johannes, nie een van Jesus se dissipels ‘n normale dood gesterf het nie en inteendeel, het hulle almal ‘n moeilike dood gesterf maar Johannes het ook maar ‘n harde tyd veral op Patmos gehad, waar hy ook die boek Openbaring van ons Here ontvang het.

As dit onlogies klink om so te redeneer, moet ons ook onthou, dat nêrens in die Woord word dit vir ons geleer, dat ‘n Christen ‘n lekker lewe hier op aarde gaan hê nie.

Die mens is nie geskape om ‘n lekker tyd op aarde te hê nie maar om ons Here deur ons lewe op aarde te verheerlik en dan vIr ewig by Hom te wees en nou sluit ek af met wat Jesus gesê en vir ons laat skryf het en as jy dit lees, onthou dan, dat eers as ons deur die Hemel se poort gestap het, begin ons wonderlike lewe wat vir ewig en ewig en ewig gaan aanhou.

Onthou ook as jy lees wat ek nou met jou gaan deel.
In Jesus se tyd, as iemand jou met ‘n kruis op jou skouers sien loop het, het die persoon wat na jou kyk geweet, dat daar nou vir jou ‘n baie, baie moeilike skrikwekkende tyd voorlê en hoe wonderlik om te weet, dat Hy wat dit sê het klaar die pad gestap, om dit vir jou en my moontlik te maak om die laaste gedeelte van vers 39 vir ewig te kan geniet:

MAT 10:38-39
38 As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie.
39 As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy (vIr ewig) werklik voluit lewe.”

LUK 9:23-26
23 Toe het Hy vir die skare gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie-ek prysgee, elke dag julle kruis opneem en My volg.
24 As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit (in die hel) verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle dit juis (in die hemel) bewaar.
25 Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar in die proses jouself vernietig of skade aandoen? 
26 As iemand skaam is vir My of my boodskap, sal Ek, die Seun van die Mens, My vir hom skaam wanneer Ek terugkeer in my heerlikheid, en die heerlikheid van my Vader en die heilige engele.

Weer jubel ek dit in my hart uit.
Prys die Naam van ons Here!  Hy wat dit sê, is God wat mens geword het en klaar alles gedoen en verduur het, sodat jy en ek nie net vir 70, 90 of dalk meer as ʼn honderd jaar hier op aarde kan voortploeter in die aardse tydelike verganklike genot nie – maar lewe tot eer en verheerliking van ons Verlosser en Saligmaker en eendag kan hoor:

MAT 25:21  … In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou. Kom vier saam met my fees!

OPB 21:4  Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”

OPB 21:5 Hy wat op die troon sit, het toe gesê:  “Kyk, Ek maak alle dinge nuut.”  En Hy sê verder:  “Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.”

Groete,
Sakkie