IS MENSE VERLORE WAT IN ANDER GODSDIENSTE GLO?

IS MENSE VERLORE WAT AAN ANDER GODSDIENSTE GLO?

GEEN ANDER GOD AS JESUS CHRISTUS KAN JOU RED VAN DIE HEL NIE –

JESUS CHRISTUS is jou enigeste redding tot die Ewige Lewe (Handelinge 4:10-12)

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my en wil weet, wat van ander godsdienste wat ook in een almagtige God glo?
Is hulle dan nou verlore?

Die Woord is baie duidelik oor hierdie saak.

Daar is baie godsdienste wat in ‘n almagtige Skepper glo – maar volgens ons almagtige Skepper is daar net één manier om die ewigheid saam met hom deur te bring en dit is om Jesus Christus aan te neem as jou Verlosser en Saligmaker:

JHN 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Dan lees ons ook:

1JHN 5:12  Hy wat die Seun (Jesus Christus) het, het die lewe; wie die Seun (Jesus Christus) van God nie het nie, het nie die lewe nie.

1JHN 5:13  Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

JHN 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Ek het genoem, dat daar baie godsdienste is wat in ‘n almagtige skepper glo.
Uiteindelik lei alle godsdienste na GOD:

ROM 14:11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
ROM 14:12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Wie is hierdie GOD voor wie almal, elke mens wat ooit gelewe het, nou nog lewe en nog sal lewe voor Jesus se koms, sal verskyn en rekenskap gee?

2KOR 5:10  Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

Nou is ‘n logiese vraag:
Maar wat dan nou van ons?
As elke mens wat ooit gelewe het en nog sal lewe voor Sy regterstoel gaan verskyn, dan gaan ons mos ook voor Sy regterstoel verskyn en dan moet ons mos ook rekenskap gee?

Dit is heeltemal reg maar ons gaan daar verskyn om beoordeel te word en nie om veroordeel te word nie.
Want jy sien:

ROM 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Almal wie Jesus Christus waarlik aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker, moet wel deeglik kennis neem van die volgende:

1KOR 3:10-15 
10 Volgens die genade van God wat aan my (dit is Paulus maar dit geld ook baie beslis vir jou en my) gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, (die evangelie van Jesus Christus verkondig) en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
11  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12  En as iemand op dié fondament bou goud, (wat nie deur vuur verbrand kan word nie) silwer, (wat nie deur vuur verbrand kan word nie) kosbare stene, (wat nie deur vuur verbrand kan word nie) hout, (wat deur vuur verbrand kan word) hooi, (wat deur vuur verbrand kan word) stoppels (wat deur vuur verbrand kan word) —
13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

In die verband lees ons ook en ek deel met jou een voorbeeld uit die kosbare Woord van ons Here:

OPG 22:12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
OPG 22:13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Daarom onthou ek en probeer ek ook na die beste van my vermoë soveel mense moontlik van Jesus Christus se Liefdes-evangelie te vertel en hulle dan ook HOM kan aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker.

Ja, ek probeer ook mense wie Jesus reeds aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker, so ver ek kan, te help om nie mislei te word nie – omdat ek ook onthou, dat Jesus vir ons laat skryf het:

2TIM 4:1-4 
1  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3  want daar sal ‘n tyd wees (en dit is na my mening die tyd waar ons nou in lewe) wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Om dan op te som:

Uiteindelik lei alle paaie, ek bedoel godsdienste, na God maar net een pad lei na die ewige lewe saam met ons Here.

Onthou, dat niemand jou uit ons Here se hand kan ruk nie maar jyself het ‘n wil van jou eie.  Moet nie jou wil gebruik, soos byvoorbeeld Judas, Jesus se verraaier, sy eie wil gebruik het en van dissipel, deur sy eie keuse verander het na die seun van die verderf

Ja, moet nie weg dwaal van Jesus en jy dan soos die 5 dwase maagde met ’n vol lamp, ja, ten spyte van al die kennis wat jy oor Sy reddende evangelie het, by ‘n toe deur aankom nie.

MAT 25:11-13 
11  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Toe daardie 5 dwase maagde voor daardie toe deur staan was hulle presies, om dit so te stel, in dieselfde toestand wat hulle gewees het voor hulle aan die slaap geraak het.  Ja, selfs tot die tot bo toe vol brandende lampe – maar hulle was dit te laat. 

Eens was hulle presies op dieselfde plek as die 5 maagde wat ingegaan het – en nou is hulle weer dit presies, maar hoe tragies, te laat! Te laat!

Ek wil jou weer vandag aanmoedig met hierdie wonderlike raad uit ons Here se kosbare Woord:

HEB 12:1-3 
1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Groete,
Sakkie