IS MY GELIEFDE IN DIE HEMEL OF NIE?

IS MY GELIEFDE IN DIE HEMEL OF NIE?

Sakkie Parsons

Iemand het my gevra:

“Hoe kan ek weet of my geliefde wat gesterf het, in die Hemel of in die Hel is?”

Ek deel in my antwoord hier net met die mens wat reeds al lank genoeg lewe dat hy/sy soos ek dit noem volwasse genoeg is om toerekenbaar vir sy/haar doen en late te wees.
Dit gesê, wil ek dan as volg begin –
Om ‘n Engelse segswyse te gebruik:
“If all is set and done:”
Dan, uiteindelik weet net ons Here hierdie kant van die graf en jou geliefde wat gesterf het en aan die anderkant van die graf gearriveer het, waar sy/hy die Ewigheid deurbring.

Wat ek wel hier kan doen is om jou te wys hoe ek die Skrif verstaan oor wat die eerste en uiteindelik ook die laaste vereiste is, om die Hemel se poort vir jou en my oop te maak.

Dit is dan wat ek nou met jou wil deel:
Na my mening is daar net één manier om in die Hemel te kom en dit is, dat jy Jesus Christus moet aanneem as jou Verlosser en Saligmaker.  Daar is géén ander manier nie.
Hy is die Eerste en die Laaste, ook wat hierdie saak aanbetref.

OPG 22:12-14 
12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Ek gee hier vir jou net ‘n paar gedeeltes uit die Woord.
As jy dit lees, sal jy sien dat die Woord absoluut baie duidelik is oor hierdie saak:

JHN 3:16-18 
16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

JHN 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

HAN 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Die een neem Jesus aan as Verlosser en Saligmaker en doen dit maar nie dat nie.
Die een neem Jesus aan as Verlosser en Saligmaker en leef sus maar nie so nie.
Wat ook al die geval met jou afgestorwe geliefde is, daar is niks, heeltemal niks wat jy nou meer daaraan kan doen nie.

Onthou jy wat jy hier bo gelees het.

OPG 22:12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Ons mag verskil in ons voor- en afkeure wat ons godsdiens aanbetref, soos ek hier bo gesê het.
Die een neem Jesus aan as Verlosser en Saligmaker en doen dit maar nie dat nie.
Die een neem Jesus aan as Verlosser en Saligmaker en leef sus maar nie so nie maar sonder Jesus Christus sal geen mens die Hemel ingaan nie.

1KOR 3:11-15 
11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Ten slotte herinner ek jou nog ‘n keer wat jy hier bo gelees het.

OPG 22:12-14 
12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

My afgestorwe geliefde is na aanleiding van die besluit wat sy/hy hierdiekant van die graf gemaak het, aan die anderkant van die graf in die Hemel of in die hel, waar hy/sy vir ewig gaan wees, ek kan niks daaraan doen nie.

Ons lewe nog hierdie kant van die graf en ons het nog die geleentheid om Jesus aan te neem en te volg maar ons weet nie hoeveel tyd ons nog het nie.  Daarom is die beste wat ons kan doen, om ook die Woord se raad in hierdie verband te volg.

HEB 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
HEB 3:8  verhard julle harte nie …

Groete
Sakkie