MY GOD OP WIE EK VERTROU

MY GOD OP WIE EK VERTROU!

Sakkie Parsons

Dit wat jy nou gaan lees is wat ‘n goeie vriendin aan my gestuur het toe ek deur ‘n baie moeilike tyd in my lewe gegaan het en dit het my bemoedig en versterk en ek glo dit sal dieselfde vir jou doen:

Ek wil jou bemoedig met ons geliefde teksvers, maar uit die Engelse Bybel en dan met die voetnota daarmee saam onder aan die bladsy: 

ROMANS 8:28 “And we know that all things work together for good to those who love God to those who are called according to His purpose.” 

Voetnota:  Even in hardship and suffering, even in bitter disappointments, even when wrongly treated, Christians can know that God will work amidst such situations to fulfil His good purpose in His children.  The situation may or may not be directly changed by God, but even if situations stay difficult God guarantees ultimate good results, including maturation of character to those who are called. 

PSALM 62:5-7  “My soul, wait silently for God alone, for my expectation is from Him.  He only is my rock and my salvation;  He is my defence;  I shall not be moved.  In God is my salvation and my glory;  The rock of my strength, and my refuge, is in God.”

Ek glo ons HERE voer Sy planne met jou uit en HY weet wat vir jou op hierdie stadium die heel beste is.  HY vertrou jou ook met hierdie uiters moeilike omstandighede;  dat jy dit vir HOM sal laat om uit te sorteer.  Jy doen net jou uiterste bes in alle omstandighede en dit is ook alles opgeteken in die Boeke wat eendag oopgemaak sal word.  Nou moet jy soos Psalm 62 vir jou siel sê om rustig op God te wag om alles uit te sorteer sodat dit alles ook aan die einde tot jou asook tot jou geliefdes se voordeel sal uitwerk.  Hoe vreeslik belaglik klink hierdie woorde nie net vir iemand wat nie ons HERE ken nie – dit maak mense ook soms kwaad om sulke woorde te hoor omdat dit nie na sinvolle woorde vir die mens klink nie – maar ons wat onse HERE liefhet, weet HY is ons VADER – ons PAPPA op wie ons kan vertrou! 
Hoor net hierdie lieflike Skrif: 

1 JOHN 3:1  “What marvelous love the Father has extended to us!  Just look at it – we’re called children of GOD!  That’s who we really are.”

Wanneer mens deur baie moeilike tye gaan is jy so weerloos.  Dikwels word daar van jou sleg gepraat. 
Van JESUS het hulle vals teen Hom getuig (Mrk 14:57), gesê HY is ‘n wynsuiper, ‘n vraat wat saam met sondaars kuier (Luk 7:34), iemand wat Godslasterlik praat (Luk 5:21), hulle het Hom gespoeg en met ‘n riet die doringkroon op sy kop geslaan (Mrk 15:17-20).  Terwyl HY die uiterste pyn op die kruis beleef, het hulle Sy Naam belaglik probeer maak en Hom gespot om as HY kan, af te kom (Mrk 15:29-30) 

Dit het HY vir ons verduur sodat ons sondes vergewe kan word en ons deur HOM die ewige lewe van vreugde en oorwinning kan ontvang sodat ons nooit weer enige lyding, smart of weerloosheid sal beleef nie (Opb 21:2-7).

Nou moet ons net in hierdie lewe aan JESUS vashou – HY is ons Krag en ons Sterkte!  Ons GOD op wie ons vertrou!

PSALM 91:2  Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

Sterkte op jou pad Hemel toe.  Jy is nie alleen nie – ons HERE is met jou om jou trane op te vang, jou te vertroos met Sy woorde en in die wonderlike verwagting op ons toekoms by Hom. 

Kom ons bid vir mekaar met deernis en JESUS liefde in ons harte, terwyl ons onthou, Jesus het vooruit vir ons gesê:

JHN 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; (en dan hierdie wonderlike troos) maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Dan ook daar by en onthou as jy dit lees, dit is God in ‘n mens se gedaante wat vir ons sê en God is nie ‘n mens, dat hy sou lieg nie:

JHN 14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Neem daardie vrede vandag en maak dit joune.

Groete,
Sakkie