NOSTRADAMUS EN SY PROFESIEË

NOSTRADAMUS EN SY PROFESIEË

Sakkie Parsons

Iemand het my, my opinie gevra aangaande Nostradamus en sy profesieë.

Ek deel graag met jou hoe ek na hom en sy geskrifte kyk.

‘n Groot deel van sy lewe was Nostradamus deurmekaar met die okkult.
Al sy sogenaamde profesieë is so geskryf dat jy amper enige een van hulle kan neem en omtrent aan enige iets verbind wat al gebeur het, of wat nog moet gebeur.

Om sake nog verder te vererger het daar die afgelope paar jaar, ‘n paar narre op die internet dinge geskryf en gemaak of hy dit geskryf het.

Omdat jy my, my opinie vra kan ek gelukkig vir jou presies sê hoe ek Nostradamus se geskrifte sien, ek hoef nie doekies om te draai nie – ek sien dit as gemors.

Soos ek altyd sê:
Ons het net God se Woord onder leiding van die Heilige Gees nodig om alles te weet wat ons moet weet.  Niks meer en niks minder nie.

Jesus verduidelik dit by geleentheid so:
Die man sit in die hel en hy wil nie hê dat sy broers ook in die hel moet beland nie.
Lees nou hier:

LUK 16:27-31  “Toe sê die ryk man:  ‘Asseblief, vader Abraham, stuur hom na my pa se huis toe.  28 Want ek het vyf broers, en ek wil hê hy moet hulle waarsku teen hierdie plek van pyniging sodat hulle nie hier beland wanneer hulle sterf nie.’      29 Maar Abraham het gesê:  ‘Hulle het Moses en die profete om hulle te waarsku.  Jou broers kan hulle geskrifte enige tyd lees wanneer hulle wil.’  30 Die ryk man het geantwoord:  ‘Nee, vader Abraham!  Maar as iemand uit die dood na hulle gestuur word, sal hulle tot inkeer kom.’  31 Maar Abraham het gereageer:  ‘As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood uit opstaan.’”

Hier na my mening maak Jesus twee baie belangrike stellings, wat ons ter harte moet neem.
Die eerste is, dat net die Woord genoeg is vir ons in alles wat ons moet weet op ons pad na die Hemel.

LUK 16:29  Maar Abraham het gesê:  ‘Hulle het Moses en die profete om hulle te waarsku.  Jou broers kan hulle geskrifte enige tyd lees wanneer hulle wil.’

LUK 16:31  Maar Abraham het gereageer:  ‘As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood uit opstaan.’”

Die tweede groot stelling wat Jesus hier maak, het jy ook nou net gelees –

LUK 16:31  Maar Abraham het gereageer:  ‘As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood uit opstaan.’”

Sien jy –
As iemand nie die Woord glo nie, sal níks hom/haar oortuig nie, nie eens as iemand uit die dood na hom/haar gaan en sê:
“Bekeer jou, jy is op pad hel toe” nie.
Hulle sal dalk vir ‘n tyd baie geïmponeer wees deur die gebeurtenis maar tot bekering kom, verseker nie.

So, ek sê maar weer wat ek so baie al in die verlede gesê het:
Kom ons bly by die Woord van ons Here, want dit is tog presies wat dit is, Sy Woord. Sy stem.

2TIM 3:16  Skrif is deur God geïnspireer en is nuttitg om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe.  Dit ruk ons reg en kweek ‘n regte leefstyl.Die hele
2TIM 3:17  Dit is God se manier om ons voor te berei, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê ons moet doen.

ROM 15:4-6 
4 Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is.  Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.
5  Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.
6  Dan sal julle almal in ‘n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here.

Ek sluit af met iets wat ek ook al baie gesê het –

Bly naby ons Here.

Bid vir leiding oor dit waaroor jy duidelikheid wil hê.

Lees die Woord.

Gesels met mense wat die Heilige Gees jou van oortuig het, dat hulle deur ons Here
jou pad langs gestuur is en jy sal weet wat jy moet weet, wanneer jy dit moet weet.
                 
Groete,
Sakkie