ONS GOD IS NIE NET ‘N GOD VAN LIEFDE NIE MAAR – HY IS LIEFDE SELF

ONS GOD IS NIE NET ‘N GOD VAN LIEFDE NIE MAAR – HY IS LIEFDE SELF

Sakkie Parsons

Ek lees nou die dag van iemand wat sê dat ons nie altyd besef wat ons hoor, as ons hoor iemand sê aan jou dat hy/sy vir jou bid nie.

Toe noem die persoon:
“Dink net daaraan – Die Persoon met wie hy/sy oor jou gaan praat, is die Persoon wat die hele heelal met alles wat daarin is geskep het en dit alles – ook vir jou – in die holte van Sy hand hou.”

Hoe heerlik om dan ook te onthou dat hierdie groot almagtige God nie net ‘n God van liefde is nie maar Liefde self is:

1JOH 4:8-10
8  … omdat God die liefde self is.
9 Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang.
10 Dít is volmaakte liefde:  nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.

Hoe heerlik is dit nie om te weet nie, al wil satan ons wat ook al wysmaak:

HY wie met daardie groot goddelike liefde aan die kruis gaan hang het om vir jou en vir my by Hom in die hemel te kry, het self gesê en ek wil julle aanmoedig om dit áltyd te onthou –

Onthou die eerste gedeelte maar ek wys jou veral op dit wat dan volg:

MAT 10:28-31
28 Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle liggaam én eintlike menswees in die hel kan vernietig. 

Dan volg dit wat ek veral wil dat jy sal onthou:

29  Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie.
30  Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel.
31  Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.

Wanneer ons kyk na ons omstandighede besef ons opnuut:
JES 55:8  “My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” sê die Here.
JES 55:9  “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes.

Met dit in my gedagte –
Hoe heerlik om te onthou!

PSM 139:1-6
U ken my deur en deur
1 Vir die koorleier: Van Dawid. ’n Psalm.
Here, U deursoek my en ken my.
2 U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af.
3 Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is.
4 Selfs voordat ek praat, Here, weet U al presies wat ek gaan sê.
5 U sluit my in van voor en van agter.  U hand van seën is op my.
6  Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!

Al wat jy en ek moet doen is om in die geloof ons oë stip op Jesus te hou want –
Ons God is nie net ‘n God van liefde nie maar HY IS LIEFDE SELF.

Groete,
Sakkie