ONS IS NIE VAN DIE NAG OF VAN DIE DUISTERNIS NIE

ONS IS NIE VAN DIE NAG OF DIE DUISTERNIS NIE.

Sakkie Parsons

Iemand skryf en vra aan my as volg:

“Gaan ons die Antichris sal kan sien voor die wegraping?“

Soos ek die Woord verstaan, gaan almal wat Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker verseker nie meer hier wees, as die, om dit so te stel, groot indoena van die  Antichris sy verskyning maak nie.  Want onthou, dat die Antichris reeds van die begin van die Christendom in die wêreld gewees het en natuurlik steeds hier is, en ek deel met jou twee voorbeelde uit die Woord maar ek kon nog meer gebruik het:

1JOH 4:3  Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie. Dit is tipies van die Antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig.

2JOH 1:7 Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier

en die Antichris.

So, om die vraag te antwoord, soos ek dit sien:

Nee, die dissipels / volgelinge van Jesus gaan nie die groot indoena van die Antichris van die eindtyd en al sy, om dit so te stel, gemors sien en of die gepaardgaande gebeure belewe nie.

Ek verduidelik na die beste van my vermoë en dan wil ek begin deur te sê: Dit is vir my persoonlik verstommend hoeveel Christene ‘n vrees het vir dit wat gaan kom, juis omdat ons nie eens hier gaan wees om dit te belewe nie.  Dit is nou natuurlik ook, dat ons ook nie ‘n vreesagtige gees in ons oor hierdie dinge behoort te hê nie.

ROM 8:15  Want julle het nie ontvang n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Ek kan dit maar net toeskryf aan onkunde. Met ander woorde, weens gebrek aan  kennis. Gebrek aan die nodige kennis van die Woord was al menige Christen se doodsteek van satan af.  Geen wonder dan ook dat ons Here in Sy Woord vir ons laat skryf het:

Hos 4:6  “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; …”

Jy sien – van ons, dit is nou almal wat Jesus Christus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker, staan daar wat die eindtyd aanbetref, geskryf:

1THS 5:9  “Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry.”

Ons, wat ons tot Jesus bekeer het, verwag met ‘n sekere wete dat Jesus ons voor die tyd gaan kom haal, sodat ons nie deel van die toorn van ons Here wat oor die hele wêreld gaan kom, gaan wees nie. Paulus skryf, en dit is ook op jou en my van toepassing:

1THS 1:9  “Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien

1THS 1:10  en Sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

As jy jou saak met ons Here reggemaak het, met ander woorde, as jy Jesus Christus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, en in Sy weë bly wandel, kan jy die oordeelsdag met groot vrymoedigheid tegemoet gaan. Dit is nie wat ek sê nie, dit is wat ons Here vir ons in Sy Woord sê:

1JHN 4:16  “En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

1JHN 4:17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.”

Ek sluit hierdie skrywe aan jou af, met die volgende uit die Woord, naamlik:

1THS 4:16-18 

16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

1THS 5:1-5 

1 “Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

2  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.

3  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

4  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

5  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.”

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:   www.sakkieparsons.co.za

Sel:                083 457 6669

Judas 1:24-25Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.