ONS KAN NIKS VERLOOR DEUR SO OP TE TREE NIE MAAR ONS KAN BAIE, BAIE WEN

ONS KAN NIKS VERLOOR DEUR SO OP TE TREE NIE MAAR ONS KAN BAIE, BAIE WEN

Sakkie Parsons

Iemand vertel my van haar geliefdes wat kort-kort in ‘n hewige woordestryd betrokke is en wat mekaar nie kan verstaan nie alhoewel hulle lief vir mekaar is.

Ek deel graag my antwoord aan haar met jou omdat ek glo afbrekende rusies tussen geliefdes ‘n probleem is waarmee baie mense worstel.

Kom ons lees JESUS se woorde:

MAT 5:3-15,16 (NLV)

Hoe die burgers van god se koninkryk lyk

3 Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, (armes van gees) want hulle het deel aan sy koninkryk.
4 Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee.
5 Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.
6 Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, (geregtigheid) want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.
7 Gelukkig is dié wat met deernis uitreik na mense in nood, want God sal aan hulle deernis bewys.
8 Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, (wat rein van hart is) want hulle sal vir God sien.
9 Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê:  ‘Julle is Mý kinders.’ (julle aard na My)
10 Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk.
11 Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is.
12 Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon.  Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”

Die taak van JESUS se volgelinge

13 Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak. …
14 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig.  …
16 Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal.  Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!”

Dit is wanneer, soos die spreekwoord sê: ‘die pawpaw die fan slaan,’ dat ons Christene in ‘n situasie, om dit so te stel, ‘ons staal moet wys’.

Dit is dan, maar eintlik moet ek skryf:  júís dán wanneer ons moet leef wat ons glo (leef Jesus) en ek laat jou, wat hierdie onderwerp aanbetref, met die volgende – en onthou as jy dit lees….

“Ons kan niks verloor deur so op te tree nie maar ons kan net baie, baie wen”:

5 Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.

9 Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê:  ‘Julle is Mý kinders.’ (julle aard na My)

Groete,
Sakkie