ONS MOET NIE GOD SE WERK DOEN NIE

ONS MOET NIE GOD SE WERK DOEN NIE 

Sakkie Parsons                 

Hieronder deel ek ‘n skrywe waar hierdie man nou praat oor iets baie belangrik wat ek ook dieselfde probleem mee het.

In plaas van dat ons iemand by Jesus uitkry sodat die persoon Jesus kan ontmoet, probeer ons die Heilige Gees se werk doen deur vir die persoon te vertel wat alles in sy lewe verkeerd is en wat hy nie mag doen nie.

Dit is ook vir my interessant, dat die mense wat van hierdie verkeerde metode gebruik maak, nooit begin om die mense te leer wat hulle mag doen nie maar altyd vertel wat hulle nie mag doen nie.

My werk is om die Evangelie aan die mense te verkondig, die Heilige Gees sal die res doen.

MAT 28:19  Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Ek moet vir ons Here werk.  Ek moet nie om dit so te stel ons Here se werk doen nie.
Dit is my taak. 
Die res sal ons Here doen.

"I was at a citywide youth rally, and one of the pastors at a meeting said,  “We need to tell these kids about Jesus so that they'll stop getting pregnant, stop doing drugs, and doing all these things.”
And I thought, Wow, we need to tell all these kids about Jesus because Jesus wants them to know about Him.

It has nothing to do with their sexual conduct or with the management of their bodies or their minds. It has only to do with God so desperately wanting us to know that He loves us that He incarnated Himself – He became Jesus – so that we can know that.

Groete,
Sakkie