OOR PORNOGRAFIE

OOR PORNOGRAFIE.

Sakkie Parsons

Iemand het aan my geskryf oor hoe die persoon se baie mooi liefdesverhouding deur ‘n pornografie verslawing vernietig was.  Die persoon het my toe gevra of ek nie iets oor hierdie onderwerp wil skryf nie.

Hier is dan nou hoe ek hierdie probleem met die leiding van ons Here se Heilige Gees sien.

As ek na die pos wat ek kry en ook na mense se gesels om my luister, is hierdie verslawing by verre die grootste onder mans maar dit kom nie net onder mans voor nie.

Pornografie is verslawend en net soos met enige verslawing, word dit, hoe later hoe kwater en soek jy meer en meer maar nie net soek jy meer en meer nie, die verdowing moet ook sterker en sterker word.
‘n Hele paar dames het al vir my geskryf  en ek onthou nou hier waar ek sit en skryf selfs een geval onlangs, waar die dame so desperaat was om raad by my te kry dat sy my geskakel het.  Want omdat die verslawing jou dwing tot meer en meer en sterker en sterker stimulasie, gaan dit in baie gevalle naderhand oor tot allerlei siek seksuele drange soos byvoorbeeld waarvan ek kennis dra, gewelddadige seks, waar die een persoon die ander moet toelaat om soms siek wrede dinge te doen en dan gaan pornografiese verslawing ook soms oor tot verkragting.

Mense wat aan pornografie verslaaf is, kan later nie meer opregte liefdevolle seks met sy/haar lewensmaat, soos wat ons Here dit bedoel het beoefen nie.

Wat sê die Woord oor pornografie?
Pornografie kan volgens wat ek daarvan weet nie aan een van die volgende kriteria wat vir die kind van ons Here in Sy Woord neergelê is voldoen nie.

FIL 4:7  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
FIL 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Pornografie se groot dryfveer in die persoon wat daaraan verslaaf is, is (wellus.)
Die Woord sê onder andere van (wellus) die volgende en hier kwoteer ek (Die Nuwe Lewende Vertaling.)

JOB 31:11 Want Wellus is ‘n skandelike sonde, ‘n misdaad wat gestraf moet word.
JOB 31:12  Dit is ‘n vernietigende vuur.  …

Ek gaan nou ‘n geweldige stelling maak maar  dit is hoe ek die Woord verstaan.
Iemand wat ‘n swakheid vir pornografie het, of reeds daaraan verslaaf is en niks daaraan doen of daaraan wil doen nie, is verseker nog nie gered nie.

1THS 4:7  Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
1THS 4:8  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

Nou wil ek graag iets sê vir mense wat reeds met pornografie deurmekaar is en daarvan ontslae wil raak.  Met ander woorde ek praat nou met mense wat ons Here se stem hoor, wat in hulle harte sê:
“Dit is verkeerd, los dit.”

Die eerste heerlike waarheid wat ek met jou wil deel, is dat, hoe verskriklik ons sonde ook al is, Jesus het reeds daarvoor betaal.

JES 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

By dit alles weet Hy presies hoe jy versoek word en hoe swaar dit vir jou is om van die verslawing ontslae te raak

HEB 4:15  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Vervolgens moet jy een ding duidelik verstaan.
Jy moet dadelik begin werk om ‘n intieme liefdesverhouding met Jesus te hê, want sonder Jesus, voer jy ‘n verlore stryd.

JHN 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
JHN 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Die eerste ding wat jy as kind van ons Here moet doen om weer jou verhouding met Hom reg te kry, is om daardie pornografiese sonde in jou lewe te bely., want Hy het vir ons in Sy Woord laat skryf.

1JHN 1:9  As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Net voordat ek met jou die een en die ander hulpmiddele deel wat ek gekry het wat jy kan gebruik om van jou kant af, jou te help om van hierdie verslawing ontslae te raak net dit
Onthou elke keer wat satan hierdie siek vieslike pyle van hom na jou toe skiet.

1KOR 10:13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Dan bestraf jy satan in die Naam van Jesus, deur te sê:
“Ek bestraf jou satan in die Naam van Jesus.”
Dan kwoteer jy sommer hardop en laat ons Here glimlag:

FIL 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Ek het nie selfondersoek na hierdie hulpmiddels ingestel nie, omdat ek en Jaws, dit is nou die program wat my rekenaar met my laat praat, as ‘n span nie baie goed saamwerk op die internet nie.  Dit is omdat ek maar dom is, as dit by die internet kom.
Gaan kyk bietjie na die volgende:

www.PureOnline.com

www.BSafeOnline.com

Hierdie volgende adres wat ek jou gee, is ‘n program wat jou verseker sal help, want dit werk blykbaar so.
As jy die program op jou rekenaar installeer, hou die program jou aste ware dop en stuur al die inligting van ongesonde webwerwe wat jy besoek na ‘n adres wat jy hom gegee het toe jy hom installeer het.  Byvoorbeeld jou Dominee of jou lewensmaat.
Die adres waar jy kan gaan kyk is:

www.X3Watch.com

Al installeer jy nie hierdie program nie, moet jy nie vergeet nie, dat ons Here sien al die webwerwe wat jy besoek.

As jy boeke wil lees wat jou kan help, het ek die volgend gekry:

Every Man's Battle: Winning the War on Sexual Purity One Victory at a Time by Stephen Arterburn.
Pure Freedom: Breaking the Addiction to Pornography by Mike Cleveland.
The Game Plan by Joe Dallas.

Groete
Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za
Webtuiste:     www.sakkieparsons.co.za
Sel:                 083 457 6669
                    
Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,
     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”
Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za
Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.
Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.