OPPAD NA DIE HEMELSE POORT

OPPAD NA DIE HEMELSE POORT

Sakkie Parsons

Ek deel graag met u die volgende gedagte oor ons leefwyse op aarde:

Ons geloof – en hoe ons dit uitleef – moenie toneelspel, nie lekker nie, of gedwonge wees nie.

Wanneer ons op daardie plek kom, dat Christen-wees ‘n heerlike, ín ons Here leefwyse word, ten spyte van satan en al sy dinge, dan het ons geestelike volwassenheid bereik en kan ons werklik verstaan en ervaar waarvan ons Here praat as Hy sê:

JOH 14:27 “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.

FIL 4:6  Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles.  Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.
FIL 4:7  As julle so bid, sal julle God se vrede beleef.  Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink.  Omdat julle aan Christus behoort, al die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.

Dan is dit ook wanneer die – vir die wêreld onlogiese stelling van my groot held Paulus – midde in al die probleme, teleurstellings, hartseer om ons heerlik sin maak in ons reis op pad na die Hemel se poort:

2 KOR 4:7-9 

7 Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – (ons stoflike liggame)
die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.

8  Op elke manier word ons onder druk geplaas,
maar ons is nie verpletter nie;

ons is verward,
maar nie wanhopig nie;

9  ons word vervolg,
maar nie in die steek gelaat nie;

platgeslaan,
maar nie vernietig nie.

Ons beur in hierdie vrede vorentoe, na ons heerlike eindbestemming.
Ons oë gevestig op ons Here Jesus Christus.

HEB 12:2  ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!
HEB 12:3  Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.
Onthou: swaarkry is deel van God se opvoedingsprogram

Ai!
Hoe heerlik kom die woorde van daardie ou halleluja lied nou in my hart op!

Ek sien 'n poort wyd ope staan
En deur die aardse duister,
Bestraal “n kruis my lewensbaan,
Met wonderskone luister.
Genade Gods,so ryk en vry-
Die poort staan ope ook vir my.
Vir my vir my staan ope ook vir my!

Groete
Sakkie