SOUT IN JOU SUIKER

SOUT IN JOU SUIKER

Sakkie Parsons

Ek deel graag met u die volgende gesegde wat ek dan ook in my eie lewe probeer onthou en uitlewe: 

“Hoekom sal ek sout in jou suiker gooi?  Dit gaan nie my suiker soeter maak nie.”

Ek wens al die baie mense, veral Christene, wat eintlik van beter behoort te weet en hulle deur die Heilige Gees moet laat lei as dit by hierdie dinge kom, wat so maklik met ander mense lelik is, of ander mense wil laat verleë of sleg of iets negatief laat belewe, wil besef dat al daardie energie wat hulle nou gemors het, niks bygedra het om hulle eie omstandighede in hulle binneste te verbeter nie en as jy tog goed voel oor wat jy gedoen het, is daar op die oomblik in jou psige en natuurlik ook in jou geestelike lewe, iets baie verkeerd wat dringend aandag moet kry.

Ek kan byvoorbeeld, besluit om ‘n persoon te herinner aan iets, negatief in sy/haar lewe, wetende dat hy/sy nou ongemaklik of verleë gaan voel, omdat sy/hy reeds hard aan die probleem in hulle lewe werk – maar deur dit te doen gaan my suiker nog dieselfde proe (my omstandighede gaan nie daardeur verander nie) al sit hy anderkant met sout wat ek in sy suiker gegooi het.  Ek gaan slegs die persoon sleg of moedeloos laat voel.

So, ek gaan niks as kind van ons Here bereik nie maar satan gaan deur my ‘n kolskoot slaan.

Daarom moet ons die goue lewensreël altyd in herinnering hou wat ons HERE ons gegee het:

MAT 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen.  Dit is die kern van alles wat die wet en die profete van julle vra.”

EFE 5:1 Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle Sy voorbeeld volg. 

EFE 5:2 Ja, leef ‘n lewe van liefde…

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos