IS TATOEËER SONDE?

IS TATOEËER SONDE?

Sakkie Parsons

Iemand het my gevra of tatoeëer sonde is.
Toe het ek so geantwoord:
“Hierdie is vir my ‘n “open and shut case.”
Ek het toe ‘n e-pos gekry, waaruit ek duidelik kon sien, dat wat vir my ‘n:
“open and shut case” gewees het, nie noodwendig vir ‘n ander persoon so “open and shut” is nie.

Ek wil begin deur te sê, dat onder tatoeëer verstaan ek, wanneer jy die prentjie of wat ook al maak, jy die vel of dan die liggaam noodwendig eintlik beskadig.
Ek weet daar is mense wat sal redeneer, dat jy die vel of liggaam nie beskadig nie, so ek laat dit aan jou oor om te besluit, hoe jy dit sien.
Verskillende mense het verskillende waardes en alhoewel ek dit verstaan, kan ek net eenvoudig nie dink dat tatoeëring reg is nie en as dit nie reg is nie, dan na my mening is dit verkeerd.  Daar is net eenvoudig vir my nie ‘n kompromie met dit wat nie reg is nie.

Die kriteria wat ek altyd vir myself gebruik en wat nog altyd vir my gewerk het is, wat sou Jesus gedoen het.
Nou weet ek, dat daar mense is wat Jesus selfs met ‘n sigaret in Sy mond kan sien, ten spyte van wat rook aan jou en die mense om jou doen. 
Vir my is Jesus, my Here en my God.

JHN 20:28-29 Toe sê Thomas: “U is my Here en my God!”
29Jesus sê toe vir hom: “Jy glo nou omdat jy My gesien het. Maar die wat My nie gesien het nie en tog glo, kan bly wees.”

Jesus is my God, wat altyd by my sal wees.

MAT 1:23 “Luister, daar is ’n maagd wat swanger sal word! Sy sal ’n seun hê, en hy sal Emmanuel genoem word.” As dit vertaal word, beteken die naam Emmanuel “God is nou by ons” .

Jesus is vir my die Woord wat mens geword het.

JOH 1:14 Die Woord het ’n mens geword en saam met ons gewoon. Sy lewe was vol goedheid en waarheid. Ons het sy Goddelike majesteit gesien—Hy is die enigste Seun van God die Vader.

Daarom is Sy Woord vir my heilig en ek glo, aanvaar en probeer na die beste van my vermoei daarvolgens te lewe.

So, ek gaan net die bewyse uit die Bybel, soos ek dit verstaan kwoteer en dan moet jy maar vir jouself besluit, of ek ‘n voet het om op te staan.

Die eerste vers is uit die Ou Testament en ek weet ons is nie meer onder die wet nie maar dit gee my ‘n ideë van hoe God oor die soort van ding voel en as dit dan ook in die Nuwe Testament gesien kan word, staan dit vir my vas.

LEV 19:28  Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingetrekte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

In die Nuwe Testament lees ek die volgende.

1KOR 3:16-17 Besef julle dan nie dat julle God se tempel is en dat God se Gees in julle woon nie? 17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want God se tempel is heilig, en julle is nou daardie tempel.

Iemand sal dalk sê dat ek die Bybel uit verband kwoteer maar Ek sê, dat ek veilig speel en dan kan ek nie my God teleur stel nie.
Wat dan van iemand wat uit onkunde tog so iets gedoen het?

Gelukkig het ons ‘n liefdevolle God wat in sy Woord vir ons laat skryf het.

1JHN 1:9  As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Jy sien.

HAN 10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
            

Groete,
Sakkie