WAARSKUWING: MOENIE DEUR VREES OORREED WORD NIE

WAARSKUWING:  MOENIE DEUR VREES OORREED WORD NIE

Sakkie Parsons

Jare terug, ek dink dit was in 2015 maar dit kon ook in 2016 gewees het, ek kan nie meer so mooi onthou nie, het ek die vraag hier onder van iemand ontvang en het ek toe ook die persoon geantwoord, soos jy sal lees.

Die rede waarom ek dit nou na al die jare nog steeds met mense deel, is om vir jou die belaglikheid en die sinnelose “wolf-wolf” geskreeu deur al hierdie sameswerings teorieë weer te wys en sodat jy ook kan sien, dat as hulle nie “wolf-wolf” skreeu vir byvoorbeeld die persoonlike aandag wat dit hulle gee nie, dan is dit vir ander bose motiewe, soos byvoorbeeld om hulle eiendomme se waarde te verbeter en so kan ek aangaan – maar lees maar self en let veral op na die datums in die brief wat met my gedeel was.  Terwyl jy onthou, dat al wat hierdie mense met hulle valse sameswerings teorieë en valse profesieë en valse nuwe openbarings regkry, is om “wolf-wolf” te skreeu, sodat wanneer die ware wolf sy verskyning maak niemand, soos in die storie, gaan glo wat hulle hoor, of soos in die geval, wat hulle lees  nie.

1THS 5:3  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—(omdat hulle sê, dat dit maar weer iemand is wat “wolf-wolf” skreeu) dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

En satan gaan vir hulle lag, al hulle pad hel toe.

1THS 5:4-6 

4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. (want ons glo die Woord, net die Woord en niks anders as die Woord, wat die eind dinge aanbetref en wandel so in die Lig op ons pad na ons hemel se tuiste.)

Julle is tog almal kinders van die lig en van die dag.  Ons hoort nie by die nag of die duisternis nie.

6 Laat ons daarom nie soos die ander mense aan die slaap gevang word nie.  Laat ons wakker en nugter wees.

Let veral op na die datums in die brief wat jy gaan lees.

Iemand het aan my geskryf en ‘n skrywe met my gedeel wat die persoon ontvang het en ek deel die skrywe wat die persoon ontvang het netnou met jou maar eers net die volgende:

Ek het hierdie skrywe ‘n tyd gelede ontvang en toe hierdie gedagte uit die Woord geskryf maar ek dink dit bly ‘n relevante onderwerp, omdat daar maar kort-kort, soos ek dit noem skrikmaak pos rondgaan, om goedgelowige of bevreesde mense uit hulle geld ens te konkel.

Kind van God, wees tog baie, baie versigtig as jy pos ontvang of waar iemand met jou die evangelie van Jesus Christus deel en dan deur die Woord te misbruik jou bang, en so deur vrees jou probeer oorreed om die een of ander te doen. 

In die meeste gevalle word die evangelie van Jesus Christus so misbruik om jou geld of besittings of sommer albei uit jou te konkel asook jou vrede.

Die beste om te doen wat ek wil voorstel is die volgende:
As dit net amper vir jou wil voel dat jy hier bang gemaak word, “delete” die skrywe dan onmiddellik en as jy in ‘n diens sit waar jy as kind van ons Here bang gemaak word, staan op en loop uit.
Moet nie deur te lees of te luister satan met sy boosheid help om jou, jou oë van Jesus af te laat haal nie.

As jy jou nie tot ons Here bekeer het en Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker nie, of as jy weggedwaal het van Jesus af, dan natuurlik het jy rede om te vrees wat die eindtyd aanbetref.

Voor ek nou verder gaan deel ek met jou eers die skrywe wat ek ontvang het en dit is maar net ‘n voorbeeld ban baie soortgelyke pos wat ek al oor die jare ontvang het en ek het ook geen twyfel dat daar nog baie, baie soortgelyke epos die ronde gaan doen voor Jesus ons, Sy kinders kom haal nie.
Ek het net al die man se inligting uitgehaal en soms kommentaar gelewer wat ek dan tussen “() en bold” geskryf het verder stuur ek dit aan jou net soos wat ek dit ontvang het:

“Sakkie, ek het hierdie brief hieronder vandag ontvang. Wat dink jy daarvan?”

 
Geagte Leser,            
Ons vertrou dit gaan goed. Ons vorige brief is hierby aangeheg vir die wat dit nie ontvang het nie.
Die doel van die brief is om vas te stel wie ernstig is om deel te neem aan ons ontwikkelingsprojek op die plaas om selfversorgend te kan wees wanneer nodig. Daar behoort heelwat meer soortgelyke projekte te wees.  Ons moet sonder deelname aan die komende eenwêreldregering,  op eie stoom in staat wees om te kan eet en drink en te kan oorleef. Die tyd hardloop nou vinnig uit, ons moet nou begin. Die tyd het aangebreek om gehoorsaam te wees aan ons Hemelse Vader se waarskuwings en daarvolgens op te tree. Die doel is nie om nou plaas toe te gaan nie, maar om voor te berei sodat ons ‘n oorlewingsplek het wanneer die tyd daarvoor aanbreek.
Dit is baie duidelik dat u en ek, en die res van die wêreld, onwillekeurig meegesleur word deur ‘n  kolkende maalstroom van ekonomiese, sosio-ekonomiese, sosiale, tegnologiese en geografiese wêreldsveranderde omstandighede.
Plaaslik het die SAUK die teikendatum gemis om digitaal te begin uitsaai, in Junie 2015. Hulle is egter nou gereed en begin gedurende dié maand met uitsendings. Sowat 5 miljoen dekodeerders is verniet verskaf aan die wat nie digitale ontvangs kan bekostig nie. Selfs televisies is verskaf. Alle televisies, selfs die oudstes, word deur die dekodeerders in staat gestel om digitale uitsendings te hanteer. Die rede? Sodat daar met elkeen moontlik kontak gemaak kan word. “Fibre” vir internettoegang, gedryf deur deur die  UN ( United Nations), wat geweldige vinnige internet toegang  teweegbring is nou plaaslik beskikbaar. IBM het $3,2 biljoen spandeer aan “RFID” ( Radio – Frequency Identification). Die geweldige dryf om kommunikasie universieël beskikbaar te maak, is net sodat die komende een-wêreldregering in staat moet wees om met elkeen op aarde te kan kommunikeer, of eerder om elkeen te kan beheer!

 

Kontant is tans die enigste betaalmiddel tot ekonomiese vryheid. Dit blyk egter van korte duur te wees.  Alle aanduiding dui daarop dat kontant in 2018 gaan verdwyn. Hierdie gebeure, die ontrekking van kontant uit die ekonomie, moet vir elke gelowige ‘n baie groot roolig laat aangaan.  Dit is ‘n waarskuwing.  Die realiteit is dat wanneer dit gebeur, dit te laat gaan wees om op Vader se waarskuwings te reageer.
Die oomblik wanneer kontant vervang word, het jy en ek nie meer beheer oor ons geld nie. Dan is geld net digitaal en sal daar vir ons voorgeskryf word op watter wyse ons kan koop en verkoop.  Dít sal die begin wees, en dit sal eindig wanneer die merk van die dier afgeforseer word!

 

Die is die groot gevaar.  Indien u, soos ons, nie die merk van die dier wil neem nie, (wanneer die merk van die dier sy verskyning gaan maak, gaan net die mense wat nog nie vir Jesus aangeneem het as Verlosser en saligmaker nie, of wat dit nooit gaan wil doen nie nog hier wees) n u wil voorberei om saam met ons eenkant te gaan, dan sal dit wat u wil koop om u in staat te stel om selversorgend te kan wees, gekoop moet word, voordat die mikroskyfie die betaalmiddel van die toekoms word. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Sodra kontant vervang word, sal die mikroskyfie die debiet- en kredietkaartstelsel vervang
Indien u die besluit gemaak het om eenkant te gaan, moet u asb vir ons laat weet sodat ons ons planne kan begin implementeer. Hierdie is nie my waarskuwing, opdrag of plan nie, dit word duidelik vir ons in die Skrif gesê wat gaan kom en wat ons moet doen. Sien  1. Opn 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê (ons moet onder hulle uit, wat die sonde aanbetref maar al die tyd onder hulle evangeliseer) en van haar plae ontvang nie.  2. Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet.  3. Mat 24:16  Dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; 
(Let op hulle moet in Judea na die berge vlug, omdat dit Jode wat nie die Christen geloof aanhang nie sal wees wat daar sal moet vlug, nie Christene wat in Suid-Afrika na plase of ander plekke in die gramadoelas moet vlug nie, gewoon omdat Christene, soos ek jou sal wys, nie meer hier gaan wees nie.) Hoekom moet ons dit doen?? 4. Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.  5. Mat 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
Persone wat deelneem aan die projek is die wat gehoorsaam is aan Vader se Woord. Daar is geen verwagting van ‘n belegging en ‘n moontlike opbrengs op ‘n belegging nie. Die projek sal soortgelyk aan ‘n Kibboets wees waar elkeen sal deelneem om die omstandighede op die plaas lewensvatbaar te maak. Die groot doel is om net te oorleef, tot en met die wederkoms.
(Wanneer die merk van die dier sy verskyning maak, het Jesus al Sy kindertjies reeds kom haal.) Vir wins, opbrengs en spekuleer sal daar nie meer tyd wees nie.  (Soos ek reeds genoem het, dat ek jou sal wys,.  As die merk van die dier sy verskyning maak, het Jesus Sy ware kinders al kom haal met die gebeurtenis wat ons die wegraping noem.)
 

Ons het begin bydra aan die betaling van die plaas Nuaga (Die Poort), tussen Prieska en Marydale, wat aan die Oranje grens, en vertrou dat die verband binnekort afgelos sal word. Die ontwikkeling sal die vorm van ‘n vakansie/aftreeoord  aanneem om makliker aan regulasies te voldoen . (en die markwaarde van die plaas vir sy eienaars die hoogte in te stuur) Ons het ‘n  persoon in Australalë wat tans die grootste bydrae maak op die verbandbetaling.  Sy oogmerk is om in Junie 2017 op die plaas te begin boer sodat daar betyds voorsiening vir kos gemaak kan word. (Duidelik glo die skrywer nie, dat Jesus ten tyde van sy skrywe, dat Jesus binne die volgende klompie maande gaan kom nie.  Nou wonder ek waar hy sy inligting kry, siende dat volgens Jesus self nie eens Jesus self so iets kan sê nie) Hy het my voorgestel aan permakultuur-boerdery en hy sal ‘n kursus voltooi in Australië voordat hy terugkeer na SA. (ekskuus, hy weet skynbaar, volgens wat ek nou gelees het, dat Jesus nie binne die volgende paar jaar gaan kom nie)
Laat weet asb. of u belangstel. Stel ook asb. mense rondom u in kennis hiervan. Ons wil vasstel wat die behoefte is en of dit nodig gaan wees om ‘n Ko-operasie te stig. Indien die getalle dit regverdig sal ons dit moet doen.
Toets alles wat hier aan u gesê word aan Die Skrif, en ook huidige wêreldgebeure, indien u oor die inligting in die brief twyfel.
Ons hoor graag van u.

Dit dan die brief.
Die persoon wat hierdie skrywe wat jy nou net gelees het, aan my gestuur het, vra my wat ek hiervan dink.
My antwoord is om dit so lig moontlik uit te druk, dat ek dink niks, heeltemal niks van hierdie skrywe nie en dat dit 'n gruwelike leuen is.

Laat ek dan nou gou met jou die volgende deel:
Eers deel ek met jou oor die Christen en vrees – vrees wat mildelik deur die skrywe hierbo ingespan word.
As jy jou tot ons Here bekeer het en Jesus Christus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, het jy nie nodig om te vrees nie, en sal jy ook die liefdevolle genade van ons Here in jou lewe hê om te weet, dat jy onder andere nie die eindtyd hoef te vrees nie.
Want jy sien:

ROM 8:15-18   

15 Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie
Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. 16 Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is.
17  En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.  Daar wag ’n heerlike toekoms
18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.

O!
Hoe heerlik kan ons, Sy kinders dit uit jubel:

2TIM 1:7  Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, (om in gate soos rotte in watter vorm ook al weg te gaan kruip nie) maar van krag, liefde en selfbeheersing.

Daarom kruip ons nie in gate weg nie, maak nie saak watter vorm hierdie gate mag aanneem nie, ons is soldate, wat die wapenrusting van Christus, ons Bevelvoerder aangetrek het en as jy dit nog nie aangetrek het nie, doen dit:

EFE 6:11-18 
11 Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.
12  Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy
in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.
13  Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal
julle nog vas staan.
14 Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan.
15  Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig, aan soos skoene aan julle voete.
16 Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al
die brandpyle blus wat die Bose afskiet.
17  Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm. En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord.
18 Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God
behoort.

Jesus se soldate gaan nie en kruip weg of steek hulle koppe êrens soos volstruise in die sand nie, want ons het ‘n bevel van ons Bevelvoerder Jesus Christus gekry om mense in ‘n verloregaande wêreld te help red:

MAT 28:19  Gaan dan, maak al die nasies my dissipels,en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
MAT 28:20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir
seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”

Dan, wanneer ons gewerk het en almal wat gered moet word gereed is, prys die Naam van ons Here!
Dan, voor die hel letterlik hier op aarde losbars:

1KOR 15:51-55 
51 Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word.
52  Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame
opgewek word. En dan sal ons ook verander word.
53  Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie.
54  Wanneer dit gebeur – wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord
waar word:
“Die dood is totaal uitgewis,
want dit is heeltemal oorwin.”
55  “O dood, waar is jou oorwinning?
Dood, wat het van jou angel geword?”

Ek het gesê, dat ek jou sal wys uit die Woord, dat ons nie meer hier gaan wees as die merk van die dier sy verskyning maak nie.
Hier onder is ‘n lys van gedagtes uit die Woord wat ek in hierdie verband geskryf het en ek stuur dit met liefde op aanvraag aan jou.]

• Die wegraping
• Die groot verdrukking
• Wat gebeur met ons op die oordeel van die groot dag
• Die eindtyd
• Die 666

Groete,
Sakkie