WANNEER JY BID

WANNEER JY BID

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my as volg:

“Ek het tog n ou vragie en glo jy sal dit vir my kan verduidelik:

Wanneer ons vir iemand bid vir genesing of n deurbraak of iets – kan ons alleen vir iemand bid sonder n mede-kind van God teenwoordig en ons kan in geloof staan God is teenwoordig en sal die persoon (kind van God ) aanraak en genees maar nou – wat se die Bybel oor dit?
Daar is n vers wat sê:
MAT 18:19  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
Mat 18:20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Moet ons dan net vir iemand bid, as ons meer as een is?

Hier dan is hoe ek na hierdie saak kyk:

Weet jy, wat vir my so heerlik is van die wonderlike evangelie van Jesus Christus, is dat ons Here, omdat Hy die mens wie Hy na Sy beeld geskape het, Hy hierdie mens so divers geskape het, het Hy ook die Nuwe Testament van Sy Nuwe Verbond met die mens net so heerlik divers opgestel, om by alle soort Christene se geestessamestelling te voldoen.

Daarom sê dieselfde Jesus wat gesê het: 

MAT 18:19  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
MAT 18:20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Ja, daarom, omdat ons Here die mens so wonderlik divers geskape het, sê dieselfde Jesus op ‘n ander plek:

MAT 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Hoe heerlik om op so ‘n wyse te mag aanbid, dat daar op ‘n ander plek geskryf staan:

1KOR 14:26  Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied.

Ons gesels met ons HERE dag en nag soos met ‘n vriend in ons gedagtes en in ons harte vol dankbaarheid en het op so ‘n wyse ‘n liefdesverhouding met Hom.

1 TES 5:17 Moenie ophou bid nie.

Ek sluit dan af met hierdie goeie raad uit ons Here se kosbare Woord:

Bid tot ons Here soos wat ons Here dit op die gegewe oomblik op jou hart lê en dieselfde geld ook vir wanneer jy getuig, of sing, of wat jy ook doen maar:

FIL 4:8  Verder, broeders (en susters), alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Hoe wonderlik, dat daar so ‘n heerlike diversiteit in die Christen se wyse van aanbidding is.

Groete,
Sakkie