WANNEER ONS IETS VIR ONS HERE DOEN SONDER OM RAAKGESIEN TE WORD

WANNEER ONS IETS VIR ONS HERE DOEN SONDER OM RAAKGESIEN TE WORD

Sakkie Parsons

Onlangs het iemand my gehelp om my UPS reg te kry vir wanneer dit beurtkrag is, waarvoor ek baie baie dankbaar is.  Net om te verduidelik:  In my bediening gebruik ek my rekenaar, (waarop daar ‘n spesiale program naamlik ‘Jaws’ gelaai is en wat alles vir my lees) om deur middel van my Eposbediening wat ons Here my gegee het, mense te antwoord wat my nader met vrae en probleme in hul lewens.   So het ons HERE vir my verskeie mense gegee in my lewe om my te ondersteun in Sy werk en die bediening waarvoor ek so lief is asook die Webtuiste wat Hy moontlik gemaak het waarop ek dan die antwoorde en leringe met lesers deel asook wat in my lewe gebeur.

Soos ek gisteraand vir iemand sê en ek daaraan gedink het, toe ek ‘n persoon gisteraand kon antwoord en help met ‘n paar groot probleme in sy lewe:
Mense wat graag andere help, soos Estelle wat gehelp het dat my rekenaar kan werk, al is die krag af – en nou ook jy wat hier lees wat ongesiens andere help en nie in die openbaar vergoed of genoem word nie:

Eendag – en dit is maar hoe ek dit in my hart sien, gaan julle ook wonder waar en wanneer dit gebeur het as ons Here vir julle sê:

Mat 25:33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
Mat 25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
Mat 25:35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Mat 25:36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

Ja, dan sal jy, wie in jou hart, deur jou liefde vir ons Here en jou naaste gedwing iemand met die een of ander bygestaan het, dalk in verwondering vir ons Here vra:

MAT 25:37-40 
37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U (geestelik) honger gesien en gevoed; of dors, (na die Woord) en te drinke gegee?
38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; (iemand vertel dat daar plek vir hulle in die Christen geledere is) of naak, (weerloos, sonder hoop) en geklee?
39  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, (vasgevang in die een of ander probleem)
40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, (toe julle deel daar in gehad het, dat Sakkie sy opdrag van My af kon uitvoer) het julle dit aan My gedoen.

Wat julle wie my so onbaatsugtig bystaan en saam met my ‘n medewerker vir ons Here is, is PSM 112:6-8 in my gedagtes:

6 Die regverdige sal nie struikel nie, en sal altyd onthou word.
7 Vir slegte tyding is hy nie bang nie:
hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8 Hy voel veilig en is sonder vrees
en sien die neerlaag van sy vyand.

Natuurlik is daar ook diegene wat ook in die verkondiging van die Evangelie werk maar hulle doen dit om gesien te word, of op die een of ander wyse beloon te word en dit is hulle goeie reg om dit so te doen as hulle wil want hulle het ‘n wil van hul eie- maar hulle moet net al die tyd dan onthou:

MAT 6:1-4

1 “Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.
2 Wanneer jy iemand in nood help, moenie ’n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen
om deur die mense opgehemel te word. Ek verseker julle, dis al beloning wat hulle ooit sal kry.
3 Maar as jy mense in nood help, doen dit sonder groot vertoon.
4 So sal jou hulpbetoon geheim bly, en jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon.”

 

Groete,

Sakkie