WANT WIE NIE TEEN ONS IS NIE, IS VIR ONS

WANT WIE NIE TEEN ONS IS NIE, IS VIR ONS.

Sakkie Parsons

Iemand skryf en vra my die volgende:

“Ek wonder nogal baie lank hieroor,ek wil weet of is dit reg dat ons tonele speel bv oor die geboorte van Jesus en sy kruisiging veral oor die kruisiging.“

Hier is dan hoe ek na hierdie soort ding kyk:
Persoonlik, nie omdat ek dink dat dit sonde is nie maar omdat, om dit so te stel, dit net nie my “scene” is nie, sal ek nou nie sommer self by so iets betrokke raak nie.
Nou goed.
Oom Boy Louw het altyd gesê, as hulle byvoorbeeld sê, dat die Bulle nie goeie rugby speel nie:
“Look at the scorebord.”
Omdat hy geweet het, dat die Bulle in sy tyd, omtrent al hulle wedstryde gewen het.

So, as ek na byvoorbeeld die geskiedenis kyk, dink ek, dat ek ook van hierdie saak kan sê, dat daar normaalweg niks daarmee verkeerd is nie.  Want: “Look at the scorebord” en ek gee my voorbeeld:

In die sewentiende eeu het daar ‘n verskriklike plaag in Europa uitgebreek.
Hele dorpe het spookdorpe geword, soos wat mense gesterf het.
In Engels, word dit “The bubonic plague” genoem.
In Afrikaans praat ons, as ek dit nou reg het, van “Builepes.”

Die inwoners van ‘n dorp met die naam Oberammergau het toe die siekte hulle dorp bereik het en die mense begin sterf het, vir ons Here gesê, dat as Hy die plaag van hulle sal wegneem, hulle, die inwoners, elke 10 jaar Sy kruisiging met ‘n opvoering sal herdenk.
Anders as in omtrent elke ander stad en dorp, het daar toe uiteindelik in Oberammergau, minder as 100 mense gesterf en terwyl die plaag om Oberammergau voortgeduur het, het die plaag van hulle gewyk en hou hulle elke 10 jaar wat in Engels bekend staan as “The Passion Play.”
In Afrikaans praat ons van die”Passie Spel.”

Die eerste opvoering het plaasgevind in 1634.
Dit word gewoonlik gedoen op ‘n jaar wat met ‘n ‘0’ eindig en die enigste jaar wat dit nie plaasgevind het nie, was in 1940, asgevolg van die tweede wêreldoorlog.

Ek deel met jou twee gedeeltes uit die woord wat my persoonlik ook rustigheid in my hart oor hierdie soort van ding gee.

MRK 9:38  Johannes sê toe vir Hom:  “Leermeester, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om bose geeste uit te dryf, maar ons het hom probeer keer, want hy is nie een van ons groep nie.”
MRK 9:39  “Moenie hom keer nie,” het Jesus gesê, “want niemand wat wonders doen in my Naam sal van My kan kwaadpraat nie.
MRK 9:40  Wie nie teen ons is nie, is vir ons.”

Asook:

FIL 1:15  Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak.
FIL 1:16  Hulle doen dit uit liefde omdat hulle weet dat ek hier is om die Goeie Nuus te verdedig.
FIL 1:17  Maar hulle wat in eiebelang Christus bekendmaak, doen dit met onsuiwer motiewe.  Hulle bedoeling is om die swaarkry van my gevangenskap nog swaarder te maak.
FIL 1:18  Maar wat maak dit saak?  Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is – die feit is dat Christus op allerhande maniere bekandgemaak word, en daaroor is ek baie bly!

Volgens wat ek hoor, het hierdie Passiespele ook al in ‘n sekere mate ontaard in ‘n geldmaak storie en as dit so is, is dit natuurlik baie jammer.  Solank jy en ek net onthou, as ons iets in die lyn doen –

2KOR 2:16 …Wie is wel tot hierdie taak in staat?
2KOR 2:17  Ons is wel, want ons is nie soos baie mense wat smous met die woord van God nie.  Vanuit ons eenheidsband met Christus preek ons die woord met suiwer bedoelings – ‘n woord wat van God self af kom, en waaroor ons aan Hom rekenskap moet gee.

Wat die ander aanbetref.  Dit is nou die wat so iets sal doen vir die verkeerde redes.
Dit is jammer dat hulle doen wat hulle doen, soos wat hulle dit doen maar gelukkig en hoe heerlik om dit te weet:  Ons dien ‘n Almagtige en Alwetende God, vir wie niemand ‘n rat voor die oë kan draai nie.
Vir nou is dit vir my genoeg om te weet, dat ons Here gesê het:

MRK 9:40  “Wie nie teen ons is nie, is vir ons.”

Groete,
Sakkie
maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.