WAT IS DIE WARE GODSDIENS?

WAT IS DIE WARE GODSDIENS?

Sakkie Parsons

Onthou by alles wat jy nou gaan lees ook dit:

Enige sogenaamde Christelike geloof wat ‘n priester, oudste, apostel, leraar of wat ook al in hulle opset het, wat haar/homself dit toeëien, dat sy/hy
as gevolg van haar/sy posisie in die gemeente by ons Here voorkeur wat toeganklikheid aanbetref bó jou kry, is na my mening, onchristelik.

Nou eendag vra ‘n persoon vir my of ek nie ook glo dat alle gelowe tog maar dieselfde is nie.  In ander woorde as ek gelowig is en in God glo of in ‘n god, is ek dan nie klaar gered nie?

Ek sê toe vir haar, ek het net die Bybel waarmee ek kan antwoord .  Toe kwoteer ek vir haar die volgende verse en sê, dat as hiérdie waarhede deel van ’n godsdiens is, dan is dit waarheid.

JOHANNES 1:1-5

1    Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan.  Die Woord was by God, en die Woord was self God.

2   Hy was reeds in die begin by God

3   Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.

4.  In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.

5.  Die lig verlig die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie.

JOHANNES 3:16-18

16  God het die mensewêreld só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

17  God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom gered kan word.

18  Die persoon wat aanhou om in Hom te glo, word nie veroordeel nie.  Die een wat egter nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie tot geloof gekom het in die enigste Seun van God nie.

JOHANNES 10:9  Jesus sê:
9   Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word…

JOHANNES 14:6-11

6    Daarop het Jesus gereageer: "Ek is die pad en die waarheid en die lewe.  Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.

7    As julle My ken, sou julle my Vader ook geken het.  Van nou af ken julle Hom en het julle Hom reeds gesien."

8    Toe sê Filippus:  "Here, wys ons net die Vader en dit is vir ons genoeg."

9   Jesus antwoord hom so: "Ek is al vir só 'n lang tyd by julle, Filippus, en jy          ken My werklikwaar nog nie?  Wie My reeds gesien het, het ook reeds my
     Vader gesien.  Hoe sê jy dan:  'Wys aan ons die Vader?'

10  Glo jy dan nie dat Ek in 'n hegte verhouding met die Vader leef en Hy met  My nie?  Die gedagtes wat Ek met julle deel, kom nie uit Myself nie, maar dit kom van die Vader wat in My bly en deur My sy werke uitvoer.

11  Glo in My omdat Ek in 'n hegte verhouding leef met die Vader en Hy met My;  so nie, glo dan net op grond van hierdie werke self.

HANDELINGE 2:36-39

36  Die hele Israel moet dus vir seker weet:  God het hierdie Jesus wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!

Die eerste Pinksteroes word ingebring

37  Petrus se woorde het hulle diep geraak.  Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra:  'Broers, wat moet ons doen?

38  Petrus antwoord hulle:  "Kom tot inkeer en maak reg met God.  Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word,en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.

39  Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal nader roep.

1 KORINTHIËRS 12:3

Oor die regte gebruik van die geestesgawes

      Daarom wil ek nou hê julle moet weet dat iemand wat sê:  "Vervloek is Jesus," definitief nie onder die invloed van die Gees van God praat nie.  Aan die ander kant is dit net die Heilige Gees wat dit vir iemand moontlik maak om (met opregte geloof) te verklaar:  "Jesus is die Here."

1 JOHANNES 5:19-20

19  Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld om ons in   die mag van die bose vasgevang lê.

20  Ons leef ook met die wete dat die Seun van God gekom het en aan ons die vermoë gegee het om die ware Een te herken.  En ons leef in 'n hegte verhouding met Hom, die Ware Een, naamlik God se Seun, Jesus Christus.  Hy is die ware God, en Hy is die ewige lewe.


Ons sien dus baie duidelik uit hierdie Skrifte dat alleenlik deur Jesus Christus as ons persoonlike Redder aan te neem, ons by ons HERE sal intree in die ewigheid.  Sonder Jesus is ons vir altyd verlore en verdoem tot die ewige hel.

Mag jy Hom vandag met jou hele hart aanneem en jou lewe vir Hom leef.

Groete,
Sakkie